Waar staan behoudende Christene oor Woord?

Kyk ook:

Die volgende brief het in Volksblad verskyn.

**************

Waar staan behoudende Christene oor Woord?

Woensdag 24 Junie 2015 04:40

Daan Nortier se brief (19/06) het betrekking. Belangrike vrae, nee uiters belangrike vrae, word in dié brief gevra waarop die kerk moet antwoord. Die geldigheid en geloofwaardigheid van die Bybel (sola scriptura) in vandag se postmoderne wêreld is kernbelangrik om uit te klaar.

’n Relativering van waarheid is die gees van ons tyd, wat regstreeks in botsing is met die Bybel wat deurgaans die waarheid as sentraal beklemtoon.

Die kerk móét sê of die Bybel ons amptelike (en hoogste) standaard is of nie.

Dit klink miskien soos ’n onnodige vraag vir die kerk, maar daar is ’n wêreld daarbuite wat vra hoe pas die waarheid van God se Woord in vandag se plurale wêreld in.

Ook begin ontwakende Christene die onversoenbaarheid tussen humanistiese standaarde en God se standaarde al hoe meer bespeur, wat vrae laat oor hoe ons sout en lig moet wees, en nie die wette oortree nie(?).

Een belangrike voorbeeld hiervan is waar die hoogste hof in Amerika nou gaan besluit oor die wettiging van homoseksuele huwelike en waar die Southern Baptists op hul kongres besluit het om by hul Bybelse oortuiging te hou, al beteken dit hulle staan in siviele ongehoorsaamheid (as die hooggeregshof dit goedkeur). In hul president, dr. Ronnie Floyd, se eie woorde: “We do not need to redefine what God Himself has defined already.” Weer die vraag aan die kerk: Waar staan ons as behoudende Christene oor die Woord?

Dr. Arno van Niekerk

Bloemfontein

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui