The Return of the Gods (Jonathan Cahn)

Jonathan Cahn, beweer in sy boek The Return of the Gods, dat die gode van die Ou Testament weer terug is.

Die Bybel sê dat daar agter die gode iets staan wat die Shedim genoem word. Shedim is geeste. In die Nuwe Testament sê Paulus: agter die gode is wesens wat die daemonia genoem word. Dit is waar die woord “demoon” vandaan kom.

Met die koms van Jesus is die gode op aarde verdryf, maar Jesus sê (Matteus 12:43-45 en Lukas 11:24-26) dat indien jy nie die huis vul met God nie, sal die gees weer terugkom met nog sewe ander geeste, slegter as hyself en die huis beset.

Amerika het die afgelope jare stelselmatig weggedryf van God. In die sestiger jare is gebed byvoorbeeld uit skole verwyder. Dit het die deur oopgemaak vir hierdie geeste om weer in te trek en die land te beset.

Baäl beteken besetter. In die Ou Testament het hy keer op keer veroorsaak dat Israel God verlaat sodat hy God met afgode kon vervang.

Oor die god, Enchantress: In die Bybel word sy Asjera genoem. In Mesopotamië word sy Isjtar genoem. Toe sy Griekeland binnegegaan het, is sy Afrodite genoem en toe Venus. In die Kanaänitiese mitologie is sy die vrou van Baäl. Wanneer Baäl kom, is sy die volgende een wat volg. Sy die godin van seksuele onsedelikheid. Haar tempels was gevul met seksualiteit. In antieke tye in Israel, in die Midde-Ooste, het sy haar beelde van naakte mense oral in die kultuur geplaas. Dit is die rede hoekom Amerika tans ’n seksuele revolusie ondergaan.

Sy word ook ‘n prostituut genoem. Die woord vir prostituut, is die woord “porni”. Dit is waar die woord “pornografie” vandaan kom. Daarom is daar ‘n ontploffing van pornografie oor die hele kultuur. ’n Prostituut vernietig die huwelik. Dit is die rede hoekom daar vandag soveel aanslae op die huwelik is. In haar Griekse vorm het sy geboorte geskenk aan ‘n kind met die naam Eros. Dit is waar die woord “erotika” vandaan kom.

In antieke beskrywings sy sê: “Ek is ‘n vrou. Ek is ‘n man.” In haar gesange staan daar, sy het die mag om ‘n man in ‘n vrou en ‘n vrou in ‘n man te omskep. Die priesters in haar tempels was mans wat soos vroue aangetrek het en hulle het opgetree as vroue. Baie van haar priesters is selfs chirurgies verander. Hulle was ook betrokke by homoseksualiteit.

Sy was die godin van parades. Tydens hierdie parades het die mans aantrek soos vroue en die vroue soos mans. Dit is presies wat ons vandag sien gebeur.

Die maand waarin Isjtar haar parades gehou het, is vernoem na haar geliefde, Tammuz. Saint Jerome noem die maand, in Latyn, Juneom. Dit is duidelik die maand Junie.

Daar was drie landmerkgevalle wat met geslag te doen gehad het. Al drie het in Junie (die maand Tammuz) gebeur:

  1. Op 10 Junie 2003 het die VSA se departement van justisie ‘n vroeëre besluit om die jaarlikse werknemer gay pride-geleentheid te verbied, om te draai.
  2. Op 27 Junie 2013 het die Hooggeregshof van die VSA beslis dat die federale regering nie teen getroude lesbiese en gay paartjies kan diskrimineer nie.
  3. Op 26 Junie 2015 is homoseksuele huwelike in die VSA gewettig. Die Amerikaanse president, Barack Obama het dit gevier deur die reënboogkleure op die Withuis te vertoon.

Vandag word LGBTQIA+ tans elke jaar in Juniemaand gevier om die 1969 Stonewall-opstand in Manhattan te vereer. Dit het op 28 Junie 1969 plaasgevind.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui