Pontius Pilatus

Kyk ook:

Toe Jesus voor Pontius Pilatus gebring is het Pilatus besef dat hy hier met ‘n onskuldige man te doen gehad het. Verder het sy vrou hom ook gevra: “Moet tog niks met daardie onskuldige man te doen hê nie, want ek het vannag ‘n vreeslike droom oor hom gehad.” (Mat 27:19)

Hy moes egter iets aan die situasie doen, omdat dit gedreig het om uit te loop op ‘n opstand. Hy het drie dinge probeer om Jesus los te kry:

1. Stuur Jesus na Herodes

Omdat Pilatus nie geweet het wat om te doen nie, stuur hy Jesus na Herodes toe, waarskynlik met die hoop dat Herodes ‘n besluit sou neem oor Jesus. Herodes stuur Jesus egter net terug (Lukas 23:6-12).

2. ‘n Keuse tussen Jesus en Barabbas

Pilatus het elke paasfees vir die mense een gevangene van hulle keuse losgelaat (Mat 27:15; Mrk 15:6). In ‘n poging om Jesus los te kry, laat Pilatus nie die Jode toe om iemand van hulle eie keuse vry te laat nie, maar gee hy die Jode ‘n keuse tussen Jesus en Barabbas. Barabbas was ‘n rower en het ‘n moord gepleeg tydens ‘n opstand. Hy was dus ‘n slegte man. Hierdie plan werk ook nie en die Jode kies dat Barabbas vrygelaat word.

3. Laat Jesus gésel

In ‘n laaste poging om Jesus los te kry laat Pilatus vir Jesus gésel met die hoop dat die Jode dit as genoegsame straf sou sien (Luk 23:16; Joh 19:1).

Nadat al hierdie pogings onsuksesvol was, was Pilatus sy hande in onskuld en laat Jesus kruisig (Mat 27:24).

Ander verwysings na Pontius Pilatus

Kyk ook

1 thought on “Pontius Pilatus”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui