NG gemeente Vaalrivier se standpunt oor SGV

Kyk ook:

Vaalrivier Gemeente en die huwelik

Vriende, ek groet julle graag in die Naam van God ons Vader wat Sy Eie Seun, Jesus Christus aarde toe gestuur het, en in die Naam van ons Here Jesus Christus wat aan die kruis van Golgotha ons verlos het, en in die Naam van die Heilige Gees wat ons heilig maak en van ons nuwe skeppinge maak tot eer van God .

Ons is terdee bewus daarvan dat die onlangse besluit van die Aigemene Sinode van die NG Kerk vir ons almal en groot teleurstelling, en onaangename verrassing en en moeilik verwerkbare skok was.

Daarom het die Kerkraad van Vaalrivier gemeente, dit goed gedink om ons eie besluit hieroor te neem en duidelik deur te gee. Ons as Kerkraad het as volg besluit:

  • Ons glo dat die Bybel, God se Woord, sê – die huwelik is en heilige eenheid tussen een man en een vrou vir ’n leeftyd.
  • Ons glo binne ons verstaan van die Skrif, die Bybel, dat die seksuele slegs bedoel is, en veilig is, in die ruimte van die huwelik.
  • Ons glo dat Jesus ons in die liefdesgebod aanmoedig om teenoor alle mense met liefde en respek op te tree.

Daarom besluit die Kerkraad ook:

  • Dat ons gemeente geen selfde-geslag verbintenisse of huwelike sal voltrek nie.
  • Dat ons as gemeente nie ons kerkgebou of terrein beskikbaar sal stel vir sodanige verbintenisse of huwelike nie.
  • Ons as Kerkraad sal nie van ons predikante verwag om In selfde-geslag verbintenis of huwelik te voltrek nie.

Begeleidende brief:

Ons weet dat ons leef in ’n gebroke, stukkende wereld. Daarom is die kerk ook nie vol volmaakte, perfekte mense nie. Almal van ons worstel met ons eie sondigheid en ons wil mekaar help om heel te word en heilig te leef.

Alle mense is baie welkom in ons gemeente. Dit sluit mense wat gay is in.

Ons streef daarna om vanuit God se Woord, die Bybel te soek na die pad en die rigting vir ons lewens (Psalm 119: 105). Ons sal altyd probeer om die Bybel so akkuraat as moontlik uit te Iê sodat ons almal kan weet hoe om God lief te hê en tevrede te stel.
In die Bybel lees ons dat die huwelik In eenheid tussen een man en een vrou is.

Genesis 2: 24 sê “Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.” In Maleagi 2: 15 lees ons dat God man en vrou een gemaak het in liggaam en in gees. Jesus herbevestig die boodskap van die Ou Testament. In Matteus 19: 1 – 6 en Markus 10: 1 – 9 lees ons weer die skeppingsverhaal, naamlik dat God man en vrou vir mekaar gemaak het. Jesus verwag van ons om die eenheid van die huwelik, een man en een vrou vir enleeftyd te eerbiedig.

Die Bybel is onses insiens redelik duidelik daaroor dat selfdegeslag verbintenisse of huwelike nie God se plan is nie. Daar is verskeie tekste in die 8ybel wat direk of indirek hierna verwys byvoorbeeld (Levitikus 18: 22, Levitikus 20:13, Romeine 1: 25 – 28, 1 Timoteus 1: 8 – 10, 1 Korintiers 6: 9 – 11).

Ek is van mening dat sekere tekste en verhale in die Bybel, tydens die gay-debat, nie met die nodige respek en deursigtigheid hanteer is nie. Een so ’n verhaal is die verhaal van die vrou wat op owerspel betrap is, Johannes 8: 1 – 11. Hierdie arme vrou word in haar verleentheid in die middel van ’n kring mense gesleep. Die Skrifgeleerdes en Fariseers dring by Jesus daarop aan dat sy met klippe doodgegooi moet word. Ons weet uit Genesis 2: 17 en Romeihe 6: 23 dat die straf vir die sonde doodstraf is. Maar in Johannes 8 doen Jesus ’n interessante ding. Hy se vir die aanklaers effektief, as jy sonder sonde is – begin am die doodstraf te voltrek. Niemand voltrek die daodstraf nie omdat almal sonde het.

Maar Jesus voltrek ook nie die doodstraf nie, alhoewel Hy geen sonde het nie. Jesus het geweet dat Hy vir ons sondes aan die kruis gaan sterf en daarom voltrek Hy nie die oordeel van doodstraf nie. Hy gaan sterf sodat ons kan bly lewe, al het ons sonde gedoen. Maar dan eindig Jesus Sy gesprek met die ovverspelige vrou met die woorde “Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Johannes 8: 11.

Ons as gemeente wil ook nie klippe optel en mense stenig nie. Maar ons wil ook nie sonde in enige formaat goedpraat nie. Vir alle mans wil ons se, oppas waar en waarna jy kyk, want Jesus het gese dat ons beheer oor ons oë moet uitoefen (Mattheus 5: 27 – 30) Vir alle getroude mans en vrouens wil ons sê – leef heilig en moenie jou man of vrou verneuk nie. Owerspel kan jou lewe vernietig (Spreuke 6: 26). Vir die ongetroudes wil ons sê – spaar die seksuele vir jou huwelik, daar is dit heilig en veilig. (Deuteronomium 22 en Hooglied 3: 5).

Neels de Jager

Leier Leraar

Namens die Kerkraad, Vaalrivier Gemeente.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui