Liberaliste kla oor sogenaamde verdagmakery

Onderstaande debat het vroeg in Maart 2012 op Kerkbode se facebookblad plaasgevind. Dit het gebeur kort nadat Wynand Louw aan Nelus Niemandt ’n ope brief geskryf het waarin hy gevra is wat sy geloofsootuiging is. Kyk Wynand Louw vs Nelus Niemandt 2012.

**********

Albert Cruywagen -> Kerkbode

Berig in vanoggend se Beeld: Ned Herv Kerk is al raadop oor al die leuens. Proff Ernest van Eck en Andries van Aarde en hulle kollegas het al herhaaldelik hulle verbintenisse tot die kerk se leer bevestig, maar die Steedshervormers gebruik ’n ou video oor vermeende dwaalleer by dosente wat deur dr Daan van Wyk as die “mees agterbakse en oneerlike” stuk werk bestempel word.

Kommentare

Nelus Niemandt

Is daar ’n skakel na artikel – ek is in buiteland. Klink maar na dieselfde soort verdagmakery as wat ook in NG Kerk aan die gang is…

Rudolph Scharneck

Ek het dit ook gelees. Lyk my dis nie net die NG ouens wat so voel nie. Op n keer drink ons koffie saam met prof Jurie le Roux en toe deel hy met ons iets van die moedeloosheid wat hy al ervaar het elke keer as daar weer n berig in die koerant verskyn of die een of ander persoon begin weer met n verdagmakery. Ek het hom regtig jammer gekry. Hoeveel mense se lewens word nie deur hierdie leuens versuur nie. Om nie eers te praat van die persone se vroue en kinders nie.

Kerkbode

Nelus Niemandt, die link vir die storie is: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Kerk-is-raadop-oor-al-die-leuens-20120229

Nelus Niemandt

Dankie – ek dink Ernst en Andries slaan die spyker op die kop. Ek ervaar presies dieselfde…

Ralph Barnard

Ek dink die aangehaalde student se standpunt behoort darem as onderskraging te dien, nl. dat hy nog méér in die Here glo as toe hy daar begin studeer het.

Attie Koekemoer

Ralph, hierdie student het eenvoudig minder geglo. Ek het baie respek vir hierdie persone. Mens moet tog net waak daarteen om mens se eie retoriek te beginne glo. Mens het darem baie woorde nodig om te verduidelik hoe mens steeds verbind is aan die belydenisse as mens in hulle skoene staan. ’n 10 000 woord artikel sal hulle posisie kwalik suksesvol verdedig. Dis darem ’n moerse las wat god op sy kenners gelaai het. Soos hulle sê, jy moet jou kruis dra.

Stefaan de Jager

Ook in die NG Kerk is daar baie leraars en dosente wat hulle verbintenis met die belydenisskrifte bely en dit nie doen nie.

Hennie Mouton

Hoe onderskei julle verdagmakery van kritieke dwaalleeruitwysing? Herhaaldelike verbintenisse tot enige leer beteken tog niks as die leer se betekenis eenvoudig verdraai word nie.

Albert Cruywagen

Stefaan & Hennie: As iemand net eenvoudig gladnie glo wat die dosente (of leraars) oor hulle eie geloofsverbintenisse sê nie, en dan nog boonop sê dat sulke teoloë lieg, is dit verdagmakery. Dit gebeur in die NGK ook.

Ralph Barnard

Verdagmakery is erger as “kritieke dwaalleeruitwysing”, Hennie. Kerklike leerstellings is mensgemaak, mense is Godgemaak. Om God se skepsels se integriteit te ondergrawe, is sonde.

Henrietta Klaasing

Is hierdie dalk die ” video” waarna verwys word? Kyk end-uit, want sommige mense word meer as een maal genoem: Nuwe Hervorming 1/4.

Henrietta Klaasing

Daar is ook ander DVDs, wanneer hierdie een op die skerm verskyn, is daar ander op die regterkant van die skerm wat net so insiggewend is.

Jean Oosthuizen

Daardie verdagmakery vind op baie plekke in die kerk plaas. Ons het mos nou die dag hier ook ’n voorbeel gehad toe Stefaans de Jager weer vir Julian Müller met teer besmeer het. Gesels met egter met ander persone wat ook daardie ringsvergadering bygewoon het hoor jy ’n gans ander storie as die een wat Stefaan hier vertel. Mens wonder wat het geword van die gebod dat jy geen valse getuienis teen jou naaste mag spreek nie.

Hennie Mouton

Dankie Ralph. Ons doen dan net kritieke dwaalleeruitwysing; nie verdagmakery nie.

Albert Cruywagen

Ek stel dit aan julle dat julle (Hennie Mouton, Stefaan de Jager, e.a.) besig is met verdagmakery. Sulke liefdelose, eiegeregtige optrede is besig om tot satwordens toe te gebeur. Hierdie verdagmakers sal nie die gety stuit nie.

Attie Koekemoer

Jean, behalwe vir Henrietta se reklame, moet ek tot ’n mate saamstem met Stefaan en Hennie. Moenie worrie nie, ek vra nie dat jy moet saamstem nie 😉 Diep in ons almal se onderbewussyn draai die ganse wêreld van oorlewing rondom “resource”. Resource soos in geld, arbeid, mag, status. Almal veg vir dieselfde gehoor, finansiële ondersteuning en beleggings. My vraag: Daar diep, waar ons reflekse lê, is beide kante van hierdie debat eerlik oor presies hoekom hulle veg? Gaan dit regtig oor geloof en waarheid en die soort van goed? Glo hierdie fundies werklik die sprokies wat hulle verkondig? Glo die liberales werklik die retoriese gegorrel waarmee hul hul belydenis verdedig?

Jean Oosthuizen

Attie jy hoef nie bekommerd te wees dat ek sal saamstem nie. Roep tog maar dat ek kan kom help as dit vir jou te benoud raak in daardie kampie van die beswaardes met die teerkwassies. Eers was dit mos daardie video van Sarel van der Merwe en later die Trojaanse perdeboekie wat die lig gesien het. Toe dit blyk dat die verdagmakers nie veel uitrig nie besluit hulle toe skynbaar om openabre forums soos die te probeer kaap. Hulle eie forums word nie juis gelees nie. Ek kan goed verstaan waarom nie. Jis, ek het al byna vergeet van dardie groot magsvertoon tydens die Algememen Sinode toe daar een enkele siel opgedaag het vir hulle betoging. Dit was regtig baie snaaks. Van Hennie Mouton, Henrietta Klaasing en Gideon Aggenbag of Wynand Louw was geen teken nie. Hulle was te besig om agter hulle rekenaars te sit en skinder.

Attie Koekemoer

Jean, ek moet erken. Daai webblaaie! – het jy al die goed gelees op die Hervormers se weergawe Steedshervormers? “Teerkwassies” – het ek darem nou gelag.

Stefaan de Jager

Lyk my hier is nou `n nuwe woord in omloop nml “verdagmakery”. Sodra die manne in `n hoek is en nie daarvan hou dat ander die waarheid praat nie, skree hulle “verdagmakery, verdagmakery…..” Waarmee is jy dan besig Jean as jy net hierbo skryf dat `n paar agter hulle rekenaars sit en skinder? Ek het nie vir Julian Muller met teer gesmeer nie, net vertel wat op die ring gebeur het. Nou glo jy sommer die ander wat op die ring was.Hoe oortuig is jy nie dat hulle nie dalk met vals getuienis besig was nie? Ons is, soos Hennie tereg opmerk, besig met kritiese dwaalleruitwysing.

Stefaan de Jager

Ralph, jy skrywe: “Om God se skepsels se integriteit te ondergrawe, is sonde.” Eerstens, klink of jy tog in sonde glo wat bely moet word.Tweedens, as God se kinders nie met integriteit teenoor Hom en sy Woord optree nie moet hulle mos daaroor aangespreek word en moet hulle hul sonde bely.

Jean Oosthuizen

Nee die verdagmakery, leuens, kwaadstokery, valse vorostellings en liefdeloosheid is geensins nuut nie. Dit is algemene kennis. Wynand Louw en jy is fluks besig daarmee.

Anton Van Staden

Arme Stefaan de Jager en diesulkes wat redeneer soos hy doen. Hulle het duidelik nie die oorspronklike Geskrifte in Hebreeus en Grieks bestudeer nie. Hulle aanhalings kom uit verdraaide vertalings van die Skrif. Ek is geen teoloog. Ek het nie dit gaan swot nie, maar het wel deeglike navorsing aangaande die Skrif gedoen. Ek het gevind dat daar hordes verkeerde vertalings en interpretasies in die vertaalde Skrifte opgeneem is deur die eeue. Van die Vulgaat tot en met die huidge Nuwe Afrikaanse vertaling.

Albert Cruywagen

Hennie, Henrietta, Stefaan en kie: Die enorme grootsheid, diepte, ens van die Bybel en selfs van die belydenisskrifte is veels te waardevol om links te laat lê vir die verwoording van ’n persoonlike geloofsbelydenis en om in plek daarvan een van julle se woorde te neem om geloof te verwoord. Daarom bly ons by die Bybel en die belydenisskrifte.

Ralph Barnard

Anton, die probleem is dat sommige van hulle wél die voorreg gehad het om die Bybel in die oorspronklike tale te bestudeer. Maar nou reken hulle dat hulle met twee of 3 grade slimmer is as die huidige leermeesters en dié se leer kan kontroleer.

Anton Van Staden

Fariseers! LOL! I rest my case. Geen salf te smeer aan diesulkes.

Pierre Grigor

Integriteit sê jy Stefaan de Jager, INTEGRITEIT?!!! Al wat jy jaag mnr die Jager, is om ander te diskrediteer. Jy jaag nie waarheid om jou god te verdedig nie, want dit het nog nooit gegaan oor enigiets behalwe as oor jouself nie

Stefaan de Jager

Jean, dit waarvan jy Wynand beskryf is wat ons nog heeltyd van jou ervaar. Gaan vee eers voor jou eie deur. Noudat die “emergents” bietjie meer teenkanting kry as wat hulle kan hanteer, raak hulle byterig lyk dit my.

Alwyn Van Schoor

Oosthuizen wil jy te kenne gee dat jy nog nooit agter jou rekenaar gesit en skinder het nie? Wat probeer jy en jou meelopers bereik met daardie poging van ’n boekie wat julle nou onlangs die lig laat sien het – ek sou se presies dieselfde as waarvan jy die fundamentaliste beskuldig nl die ondermyning van die kerk van Christus. Nee wat die pot noem die ketel tevergeefs swart.

Hennie Mouton

Jean Oosthuizen, jou kommentare hierbo spreek boekdele van jou eie pateties (s)kinderagtige ingesteldheid. Die ironie is dat jy die mense wat jy probeer slegsê geblok het sodat hulle dit nie direk kan lees nie, wat juis ’n duidelike voorbeeld van skinder is waarvan jy ander beskuldig!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui