Kerke het in sosiale klubs verander

Kyk ook:

Van Beeld gekopieer.

**************

Kerke het in sosiale klubs verander

deur Morné Diedericks, teologiese student van Pretoria, skryf:

2011-12-22 20:50

Morné Diedericks, teologiese student van Pretoria, skryf:

Ds. Slabbert le Cornu se brief “Vals evangelie aanvaar gays nou” (Beeld, 13 Desember) het betrekking.

Die kerk het soos ’n sosiale klub geword, waar jy Sondae net gou jou geestelike kos vir die week kan kom kry.

In die klub is die predikante ook bang hulle verloor lede as hulle dinge sê wat die lede dalk gaan afskrik.

Predikante is dus bang om te preek teen die sonde van homoseksualiteit – ’n sonde wat gruwelik is in die oë van die Here (Romeine 1:26-27). Die akkommodering van homoseksualiteit is ’n teken van verval in die kerk.

Daarom die dank aan ds. Le Cornu, wat nie die gehoor van die lidmate wil streel nie, maar spreek “so sê die Here”. Predikante wat as gesante van die Here optree, moet ophou met hul “stories” en net die Woord begin preek. Dit is tog die Woord-bedienaar se plig.

Daarom dié oproep aan kerke: Hou op om predikante se “stories” te akkommodeer!

Predikante wat Sondag ná Sondag “stories” vertel van wat in hul lewe gebeur, maar nie eens die Woord van God oopmaak as hulle preek nie.

Kerke, hou op om dié lekepredikers te akkommodeer.

Hulle wil net ons gehoor streel, maar wys ons nie die regte weg van die Woord aan nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui