Gaum soek blykbaar skoor met NG Kerk

Kyk ook:

Die volgende artikel is deur Henriëtta Klaasing geskryf en is oorspronklik in Rapport gepubliseer. Dit is deel van ’n debat tussen Johan Janse van Rensburg en Frits Gaum. Dit vervolg vanaf Fundamentalisme? Nee, vrysinnigheid!

***************

Gaum soek blykbaar skoor met NG Kerk

deur Dr. Henrietta Klaasing, Groblersdal

2011-03-19 15:46

“Fluit-fluit, is die NG Kerk dalk uit?” oor Frits Gaum in Rapport van 13 Maart het betrekking. Het Gaum ’n appeltjie te skil met die NG Kerk?

Dit wil amper so lyk as mens dié berig reg verstaan.

Dit blyk ook dat hy ingekoop het in die heersende, postmodernistiese tydsgees, want luidens die berig sê hy: “Die kerk sal moet leer om dinge met minder sekerheid te sê.”

En: “Teoloë moet ophou om voor te gee dat hulle vaste antwoorde op sulke kwessies het en meer erns met twyfel en onsekerheid maak.”

As voorbeeld verwys hy na die boek Die eerste vyf minute ná die dood deur dr. Isak Burger, president van die AGS, waarin die hiernamaals beskryf word.

Gaum se boek het ’n veelseggende titel (wat in die berig “alarmisties” genoem word): Fluit-fluit, die kerk is uit? In die boek, wat na bewering in Mei gaan verskyn, neem hy glo “veel meer progressiewe standpunte in” as in vorige skrywes.

Volgens Johannes de Villiers, die skrywer van die berig, gaan die boek ’n “knuppel in die teologiese hoenderhok gooi”.

Die emotiewe aard van die uitdrukkings in die berig laat mens wonder: Soek Frits Gaum skoor met die NG Kerk? En as dit so is, wat is sy oogmerk daarmee?

***************

Vervolg by Repliek: Let asseblief op daai kleinletter ‘k’ in titel.

LEWER KOMMENTAAR

Ralph – Maart 19, 2011 om 19:10

Dit is nou werklik verdagmakery! Almal wat Frits Gaum se pad gevolg het sedert hy in die openbare oog gekom het, sal weet dat hy nie ’n skoorsoeker is nie. Om watter bedenklike rede sou Gaum dan nou skielik “skoor soek” met die NGK? Dit is nie ’n Gaum-styl nie.

Andre – Maart 19, 2011 om 20:00

Tog maak Gaum homself skuldig aan presies dit wat hy die ander (met reg), beskuldig. Verdraaing van die Woord. Die Christelike geloof as al amper 2000 jaar nie meer wat die Messias om vestig het, want mense pas die Woord aan sodat dit hulle pas, en verwag die Vader moet dit eerbiedig

Eksêmysê – Maart 19, 2011 om 20:51

Ek wil vir Frits Gaum sterk aanbeveel om, indien hy dan nie gelukkig is met die NGK nie, die regte ding te doen, naamlik om te bedank. Niemand dwing hom tog om teen sy wil in die NGK (of enige ander kerk!) te bly nie. (Of kry hy dalk saam met sy NGK-pensioen ook subsidie op sy medies en sien nie kans om dit prys te gee nie?!)

Aaptwak – Maart 19, 2011 om 22:08

Gaum het waarskynlik ’n appel met die NG Kerk te skil. Dit is immers in die NG Kerk waar hy destyds beskuldig is van ongemagtigde verryking en waar sy seun se gay-status opslae gemaak het. Verder het Gaum nie meer die vleispotte van die NG Kerk nodig na hy by aftrede verby is nie. Ek kan nie glo dat teoloe die kerkleer verbruikersvriendelik wil maak net omrede die wereld verander nie. Het julle ons voorgangers dan almal in die hel ingepreek. Moet ons ons nou weer bekeer? Waar is die mense se siele wat julle apartheid laat aankleef het en oorlede is voor julle aan die bieg geraak het en apartheid verdoem het? Is julle uitgeworpe broer wyle Beyers Naude wie julle later met ’n nie so vetgemaakte kalfie terugverwelkom het die enigste NG siel in die hemel.

Nee wat Gaum, geniet nou jou aftrede, los die snertpratery of spel vir ons duidelik uit wat die NG Kerk se standpunt is of behoort te wees.Los nou die erns maak met onsekerheid en twyfel. Kommunikeer sommer die waarheid.

southerntraveller – Maart 20, 2011 om 04:49

stem saam! hy state die bleeding obvious wat derduisende lidmate al dekades lank mompel terwyl hulle by die ng kerk se deure uitstap na ander, minder benouende, kerke toe. die land is vol van kunstenaars, skrywers, sangers, politieke kommentators en politici wat erken dat die grootste deel van hul professionele lewe in ’n totale klug spandeer is – die meeste daarvan as gevolg van hulle eie oorlewingsmeganisme om maar net in die ry te marsjeer saam met die res van die apartheidsoldate. is maar hoe dit is. mens hoef nie ’n fight te pick nie, jy gaan net aan. of, nog beter, jy bedank uit watter organisasie jou ookal ’n pyn gee en gaan net aan met jou lewe – no harm done en jy kan weer met jou eie gewete begin saamleef.

John – Maart 20, 2011 om 14:03

en daar is werklik mense wat Gaum ernstig opneem ? Wie is hy so terloops?

Christo – Maart 20, 2011 om 15:47

Gaum is niks anders as ’n dwaalleraar nie. Hy help mense op ’n kort pad hel toe wat klaarblyklik volgens goeie bedoelings is. Net jammer dit steun op die beginsels van dwaalleer.

christo.vdm – Maart 20, 2011 om 22:05

Tipies van ons ou volkie! As iemand nou durf waag om dalk net effens van ons te verskil, word hy persoonlike aangeval en tot die buitenste duisternis verdoem! Geen wonder vandag se jeug, wat vir hulself kan dink, het nie meer erg aan die tradisionele kerke nie!

Eksêmysê – Maart 21, 2011 om 10:24

Mag ons nie vir Gaum persoonlik aanval nie, maar hy veroorloof homself die reg om die liggaam van Christus (waarvan die NGK ’n deel is) aan te val?!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui