Die NG Kerk het al lankal geskeur

*******

Die NG Kerk het al lankal geskeur | Netwerk24

Dr. Henrietta Klaasing, Randfontein

26 November 2021

Dr. Gert Kotzé meld onder meer in sy brief “Erken tog dat die Bybel nie onfeilbaar is nie” (23.11) dat dolerende gemeentes se optrede kerkleiers lam in die knieë het uit vrees vir kerkskeuring en nie sal erken dat die Bybel mensewoorde oor God is nie.

Dit blyk dat hy nie heeltemal die situasie oor die huidige do­leansie verstaan nie. Die NG Kerk het klaar geskeur en die skeuring kom van die kant van die algemene sinode.

Hulle hoef ook nie openlik te erken die Bybel is mensewoorde oor God nie. Onbybelse besluite wat die laaste paar jaar op sinodevergaderings geneem is, toon duidelik dat hulle dit lankal glo.

Van hierdie besluite is onder meer in 2011 en 2013 dat geloof in die persoonlike aard van die duiwel en demone opsioneel is.

Leraars en teoloë wat die uniekheid van Christus as enigste weg tot redding ontken, is steeds deel van die NG Kerk se “ruim huis”.

Die algemene sinode het skokkende besluite in 2015 en 2019 oor selfdegeslagverhoudings sonder enige grondige Skrifuitleg geneem en in 2019 selfs opdrag gegee dat ’n spesiale “formulier” opgestel moet word vir gebruik ten tyde van die kerklike bevestiging en seëning van sulke onbybelse verhoudings.

1 thought on “Die NG Kerk het al lankal geskeur”

  1. NGK is eenvoudig een groot spaar bank vir al sy dominees
    vet salarisse
    vet pensioen
    motor toelae
    huisverbande
    mediese versekering
    ai !!! die armsalige gemeentes wat suffer onder al die gemors van die sinode !!!!!!!!!!!!!!!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui