Bybel vs selfoon

Al ooit gewonder wat sou gebeur het as ons ons Bybel soos ons selfoon hanteer het:

Wat sou gebeur het as ons dit in ons beursies of sakke rondgedra het?

Wat sou gebeur het as ons ’n paar keer per dag daardeur geblaai het?

Wat sou gebeur het as ons omgedraai het om dit te gaan haal as ons dit vergeet het?

Wat sou gebeur het as ons dit sou gebruik om boodskappe uit die teks te ontvang?

Wat sou gebeur het as ons dit hanteer het asof ons nie daarsonder kon leef nie?

Wat sou gebeur het as ons dit vir ons kinders as geskenke gegee het?

Wat sou gebeur het as ons dit gebruik het wanneer ons op reis was?

Wat sou gebeur het as ons dit gebruik het in geval van nood?

Dit is iets om jou te laat dink: Hmmm … waar is my Bybel?

O ja, nog een ding:

In teenstelling met ons selfoon, hoef ons nie bekommerd te wees dat ons Bybel afgesny sal word nie; Jesus het reeds die rekening betaal. Ook geen netwerkonderbrekings nie!

Dit laat ’n mens stop en dink: “Waar lê my prioriteite?”

Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het hy aan jou gedink!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui