Wie is André Olivier?

André Olivier was die moderator van die sinode van Namibië tydens die 2019 sinode waar ruimte gemaak is vir selfdegeslagverhoudings (SGVs) (kyk 2019 NGK homoseksuele besluit). Hy het self ’n spreekbeurt geneem en die volgende gesê:

… wat ek probeer sê is: wat wil ons bereik met die proses? Ek dink, ons wil dit nie bereik dat ons alle mense by een punt kry nie. Ons wil dit eerder bereik dat die verdraagsaamheid vir diversiteit sal toeneem, Fanie (Cronjé)[1] se konsensuspad, ons het konsensus daaroor dat ons verskil, maar aan mekaar vashou en bly groei en dat die Here ons op weg neem en nie mekaar boelie tot ons almal in een hoek het nie. … Ek is op die punt onrustig dat ons nie sonder meer dit [die SGV voorstel] net so kan aanvaar nie. Ons moet dit nog verfyn en dink oor strategie met groter respek aan mense wat anders as ons dink, maar wat oneindig lief is vir die Here en lief is vir sy Woord. My standpunt is nie op die tafel nie. Ek staan hier met my hoed op as ’n voorsitter van ’n sinode en ek wonder hoe hanteer ek dit as ek in ’n sinode kom wat heeltemal anders dink as die Wes-Kaap …

Uit NGK Algemene Sinode 2019 LiveStream Live Stream (1:27:00). Kyk ook NAMIBIË OP WEG MET DIE ALGEMENE SINODE?, Youtube, 14:37, Ferdie Mulder, 16 Jan 2021

Tydens hierdie selfde geleentheid het Leon Fourie van Outjo in Namibië, die volgende gesê (1:24:27):

Soos wat die ding [die SGV voorstel] nou op die tafel lê is dit ongelooflik mooi, regtig, ek kan nie fout vind met een van die bewoording nie…
So, in kort opsomming: hierdie verslag is ongelooflik mooi en die Wes-Kaap het ongelooflike mooi werk gedoen…

(Intussen het Leon Fourie van standpunt verander.)

‘n Dag ná die 2019-besluit het Thijs van der Merwe ’n onderhoud met André Olivier gehad wat ten doel gehad het om gemeentes in Namibië gerus te stel dat dit goed is dat die NG Kerk ruimte maak daarvoor (kyk Thijs van der Merwe).

Voetnotas

[1] Kyk wat Fanie Cronjé gesê het by 1:04:26.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui