Verskil tussen mense en ape

Volgens evolusie het die mens ge-evolueer van een of ander aap, wat nie bekend aan ons is nie. Daar is baie probleme met hierdie hipotese. Een van die groot probleme hiermee is dat daar ‘n groot verskil is tussen mense en ape en dat daar geen tussenskakels is nie.

Die volgende is ‘n lys van verskille tussen mense en ape.

  1. Praat: daar is ’n verskil in die tongbeentjie van ’n fossiel van ’n aap en ’n mens (Papegaaie kan praat en voëls bou neste (huise), maar volgens evolusie het mense nie uit voëls geëvoleer nie en verder is dit baie duidelik dat ’n voël en ’n mens baie verder van mekaar is as ’n aap en ’n mens.)
  2. Skryf
  3. Begrawe dooies
  4. Beheer vuur
  5. Dra klere
  6. Ontwerp en bou dinge soos: gereedskap, wapens, huise, juwele, ens. (Sjimpansees gebruik grashalms om miere uit miershope te kry om te eet en bobbejane gebruik soms stukke hout as wapen, maar dit is baie anders as wapens en gereedskap wat self ontwerp en vervaardig is.)
  7. Maak musiek
  8. Waardeer en beoefen kuns
  9. Dryf handel
  10. Het trane
  11. Het ’n ruggraat meesterlik ontwerp om regop te loop
  12. Kan nie inisiatief neem nie: ’n dier doen dinge uit instink of omdat hy iets aangeleer het.
  13. Beoefen godsdiens

Indien mense van ape ge-evolueer het, sou mens sekerlik vandag ape gekry het wat ook van hierdie eienskappe besit het, maar tog kry ons nie.

Ons is baie duidelik die kroon van die skepping, gemaak om oor die skepping te heers (Genesis 1:26,28).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui