Persombudsman kry Kerkbode voor stok

Onderstaande artikel is deur Jean Oosthuizen, nuusredakteur van Kerkbode, op Kerkbode-aanlyn (http://kerkbode.co.za/?p=1006) geplaas, na aanleiding van ’n klag wat deur prof. Johan Janse van Rensburg teen Kerkbode by die Persombudsman gelê is.

Let daarop dat daar twee internetplekke is waar skrywes verskyn onder die vaandel van Kerkbode:

  • Kerkbode-aanlyn (www.kerkbode.co.za) is redelik naby aan die gedrukte Kerkbode, en kommentare daar word eers geplaas nadat die redaksie (meestal Jean Oosthuizen) dit goedgekeur het. 
  • Facebook/kerkbode (www.facebook.com/kerkbode) is soos ’n blog — nie net Kerkbode-redaksie maar ook ander facebook-gebruikers kan skrywes en kommentare daar plaas.  Dit verskyn onmiddellik, maar Kerkbode-redaksie kan enige skrywe daar verwyder en selfs facebook-gebruikers daar blok om te kan lees of te kan skryf.  Laasgenoemde het hulle al met verskeie mense gedoen. 

 

Kritiese denke is onmisbaar in teologie – Ombudsman

30/05/2012 | Filed under: Nuus,Suid-Afrika | Geskryf deur: Jean

WELLINGTON. – Die beoordeling van die teologie van die ontluikende kerke is ’n kwessie van interpretasie, omdat mense uit verskillende hoeke en met verskillende oortuigings en agtergronde na die saak sal kyk – en noodwendig met mekaar sal verskil. Wat vir die een na waarheid lyk, kan deur die ander se bril ’n ander kleur hê.

Dit is een van die bevindinge van die adjunkpersombudsman, dr Johan Retief, nadat prof Johan Janse van Rensburg ’n klagte ingedien het oor ’n berig wat in Kerkbode verskyn het. Prof Janse van Rensburg het beswaar gemaak omdat sy mening nie in die berig weergegee is nie en dat hy volgens hom hy by implikasie in die berig belaster is.

Dr Retief het in sy uitspraak gesê hy neem in ag dat teologie ’n wetenskap is waarbinne kritiese denke en spraak onmisbaar is.

“Wanneer wetenskaplikes met mekaar verskil, moet hulle die reg hê om hulle menings uit te spreek. Dit sal ’n kwade dag wees as wetenskaplikes mekaar nie meer van eensydigheid en oorvereenvoudiging kan beskuldig nie – al is dit ook hoe kwetsend en maak dit ook hoe seer. Wetenskaplikes moet nie huiwer om krities te wees nie, en hulle moet ook bereid wees om kritiek te hanteer.”

Die ombudsman sê “om ’n mede-wetenskaplike van ‘eensydigheid’ en ‘oorvereenvoudiging’ te beskuldig, is daarom aanvaarbaar (lees: vryheid van spraak en kritiese denke) – en, belangrik ten opsigte van Janse van Rensburg se klag, vir ’n publikasie om daardie beskuldiging te publiseer”.

Uitspraak van die Ombudsman

1 Kerkbode vra prof Johan Janse van Rensburg  om verskoning omdat ons nie sy kommentaar gevra het vir die berig wat op 20 April 2012 onder die opskrif “Ontluikende kerke: klagtes oor RSG se ‘eensydigheid’” gepubliseer is nie.

Prof Janse van Rensburg het ’n klag by die Pers­ombudsman oor bogenoemde berig gelê.

Die berig, geskryf deur Jean Oosthuizen, het oor die sogenaamde ontluikende kerke gegaan wat nou ook in Suid-Afrika al groter nuus in kerkkringe word. Luidens die berig heers daar groot meningsverskil onder gereformeerde teoloë oor dié kerke se teologie “en beswaar is pas aangeteken teen ’n reeks wat deur RSG oor dié kerke uitgesaai is”.

Slegs prof Janse van Rensburg se kant is glo in die program “Sondag Aktueel” gestel.

Oosthuizen het dr Christo de Klerk aangehaal wat prof Janse van Rensburg se stellings as “onwaar, oorvereenvoudig en eensydig” bestempel het.

Die adjunkpersombudsman, dr Johan Retief, het bevind dat prof Janse van Rensburg genoegsaam deel van die storie was, en die stellings oor hom kwetsend genoeg, dat Kerkbode hom om kommentaar moes gevra het. Ons versuim om dit te doen was ’n oortreding van die Perskode, en hy het ons daarom versoek om dié verskoning aan te bied.

2 Retief het die tweede deel van die klag, naamlik dat Janse van Rensburg valslik in die berig van leuens beskuldig sou word (wat op laster sou neerkom), van die hand gewys. Hy het daarop gewys dat die berig nie die woord “leuen” gebruik het nie en dat wetenskaplikes krities moet wees en kritiek moet kan hanteer.

Hy het ook klem gelê op die onderskeid tussen “onware” stellings en “leuens” – anders as eersgenoemde, propageer leuens doelbewus ’n valsheid om mense te mislei. Hy het gesê dat dr De Klerk na alle waarskynlikheid nie bedoel het dat prof Janse van Rensburg die publiek doelbewus probeer mislei het nie, maar slegs dat sy sienings op ’n ander interpretasie as De Klerk s’n gedui het.

Retief het bevind dat die woorde “eensydig” en “oorvereenvoudig” aanvaarbaar is, gegee die (akademiese) vryheid van spraak wat in Art. 16 van die Grondwet gewaarborg word.

Besoek www.presscouncil.org.za (rulings, 2012) vir die volledige bevinding.

 

[Die volledige bevinding is ook op hierdie webblad geplaas — kyk na die skakel hier heelonder.]

 

Kommentare:

 

[Bogenoemde Kerkbode-aanlynartikel het aanvanklik kommentare toegelaat, waarop onderstaande 2 kommentare ingestuur is.  Dit het egter nooit verskyn nie, en die moontlikheid om kommentaar te lewer op dié spesifieke artikel, is toe verwyder.

Die aanvanklike outomatiese respons op die kommentare was:

0 Responses to Kritiese denke is onmisbaar in teologie – Ombudsman

Your comment is awaiting moderation.]

 

Hennie Mouton se kommentaar: 

Op bogenoemde http://www.presscouncil.org.za is onderstaande deel van die bevinding deur die Adjunk-Persombudsman:

(Begin van aanhaling)

Terloops, die feit dat die Kerkbode dit nie as ’n feit stel dat Janse van Rensburg onwaarhede verkoop het nie, maar dit aangebied het as [dr. Christo] De Klerk se mening, beteken nie dat die tydskrif om daardie rede nie aan laster skuldig kan wees nie – die herhaling van laster is steeds laster.

Dit is insiggewend dat De Klerk vir Janse van Rensburg “nederig” om verskoning gevra het dat hy hom aanstoot gegee het met sy opmerking oor “leuens” (en nie oor eensydigheid of oorvereenvoudiging nie).

Die Kerkbode moes Janse van Rensburg daarom om bogenoemde redes om kommentaar gevra het, soos deur die Perskode vereis.

Wat die Kerkbode betref: Die woorde “onwaar” en “leuen” is so naby aan mekaar dat ’n mens kwalik van alle lesers kan verwag om die twee van mekaar te onderskei. Die tydskrif was hier op dun ys. As die blad die woord “leuen” gebruik het, sou ek dit as lasterlik beskou het.

Valslik van leuens beskuldig

Hierdie deel van die klag word van die hand gewys, hoewel Kerkbode op dun ys was met die gebruik van die woord “onware” stellings.

(Einde van aanhaling) 

Henrietta Klaasing se kommentaar:

Vanaf die “Press Council” se webblad, waar die genoemde uitspraak verskyn:

(Begin van aanhaling) 

Die Grondwet waarborg vryheid van spraak (Art. 16) en sonder slegs oorlogspropaganda, die aanhitsing van dreigende geweld en haatspraak uit.

Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is:
• die vryheid van die pers en ander media;
• die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;
• die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en
• akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing. 

(Einde van aanhaling)

In die lig van bogenoemde en ook die verloop van die saak wat in hierdie berig genoem is, is die Administrateurs van Kerkbode en die NG Kerk se Facebook Dr. Wynand Louw ’n verskoning verskuldig, aangesien sy vryheid van spraak ingeperk is deurdat hy daar geblok is.

———————————————————–

Ek het onderstaande toe op facebook/kerkbode gaan plaas –
http://www.facebook.com/kerkbode/posts/246856428756601, en ’n paar kommentare het gevolg. 


Hennie Mouton -> Kerkbode

Kerkbode-aanlyn het nou skynbaar die opsie verwyder om te kan kommentaar lewer op hul betigtiging deur die Persombudsman. Gaan kyk na die storie op https://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/78-kerkbode-kat/632-persombudsman-kry-kerkbode-voor-stok.html.

Persombudsman kry Kerkbode voor stok
www.glodiebybel.co.za
Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!

 

Kommentare:

 

Henrietta Klaasing

Seker net by dié spesifieke plasing, want ek sien prof. Nelus het op die nuwe werklose proponent- berig iets geplaas gekry nádát ek iets geplaas het

 

Coert Welman

Hulle hou nie daarvan dat mens hulle daarop wys dat die verskoning aan prof Johan nog uitstaande is nie.

 

Kobus van der Walt

Tipies!

 

Hennie Mouton

Coert, Kerkbode vra wel vir prof. Johan om verskoning, maar op so ’n manier dat dit meer lyk na ’n opskrif as ’n verskoning — kyk punt 1 in die berig. Ek dink mens kan dit ’n onwillige verskoning noem wat hulle so goed moontlik probeer wegsteek.

 

Coert Welman

Dis presies hoekom ek my kommentaar op daardie artikel probeer plaas het. Dit was nie ’n verskoning nie. Dit was beriggewing oor die ombudsman se bevinding.

 

Stefaan de Jager

Hennie, diie ou wat die artikel geskryf het sou in elk geval pak gekry het. Ons weet mos wat ons weet. Of hulle streng genoeg met hom is is `n ander saak. Die knaap kom in elk geval deesdae agter dat sy vry sê vir hom moeilikheid bring.

 

Düring Cornelius

ag ouens, kyk of julle weer iewers lekker ou strokiesprente kan opdiep – iets soos Adoons-hulle, Madam and Eve, Die Skim, ens. Dit lees lekkerder as die Kerkbode, is interessanter, meer opbouend, en jy voel ook beter wanneer jy dit neersit….

 

Stefaan de Jager

Doring, was die Skim `n historiese figuur of is dit net `n metafoor? Vir baie is Jesus lyk my soos die Skim (met respek gesê). Madam en Eve klink of dit iets met kerkeenheid te doen het. Adoons–hulle is ek nie seker van nie. Kan jy help?

 

Düring Cornelius

‎..jy wil nie hê ek moet hier antwoord nie!!

 

Stefaan de Jager

Ons kan nie wag nie!!

 

Jan Tik

Stefaan, jy’s heeltemal te ernstig man. Waar is Uri wanneer ons hom nodig het?

 

Hennie Mouton

Uri is deur Kerkbode geblok — ernstig … hulle het blykbaar nie sy hulp waardeer nie.

 

Catherina Hayden ‎

🙁

 

Alwyn van der Merwe

Gepraat van Kerkbode wat mense blok. Dit blyk dat Kerkbode nou mense blok wat openlik standpunt inneem teen Die Antwoord se skaamtelose anti-Christelike “kuns”. En ons weet die NG Kerk gaan nie ’n vinger verroer om hierdie verwronge stand van sake reg te stel nie, siende hulle dit ook goedkeur.

Dit is voorwaar laat in die dag…

 

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui