Kommunikasie-protokol moet geag word

Hierdie is ’n klassieke voorbeeld van Ad hominem – om die man te speel in plaas van die bal. Hoekom het die feit dat Bernhard Ficker nie in die NG Kerk is nie, enigiets te doen met die argumente wat hy maak en vrae wat hy stel?

*******

Kommunikasie-protokol moet geag word | Netwerk24

Albin Bowler, Bellville

09 Junie 2022

Dr. Bernhard Ficker se brief “Kuratorium hét beleid vir so­siale media” (08.06) het betrekking.

Aangesien hy nie ’n lidmaat van die NG Kerk is nie, hoef ds. Jan Lubbe hom nie te antwoord nie.

Aangesien dr. Ficker op hoogte is van sekere NG Kerk-prosesse, behoort hy te weet wat die kanale is wat die algemene sinode en kuratoria ingestel het vir predikante en lidmate om vrae oor belangrike kwessies te stel.

In ’n vorige brief het hy die aspek gesystap aan watter kerkverband hy behoort.

Indien hy dit oorweeg om sy kerk te verlaat en wil oorkom na die NG Kerk, is daar ook kanale om te volg.

Dit is normale werkpraktyk by sakeondernemings, staatsdiensinstellings en nieregeringsorganisasies om kommunikasie-protokol te volg. Daarmee is niks verdag nie.

Inteendeel, in Suid-Afrika, maar ook in ander lande, het werknemers al hofsake verloor omdat hulle die kommunikasie-protokol verontagsaam het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui