Kerkbode knoop homself met sy doelbewuste manipulasie en leuens

Onderstaande skrywe en die verdere kommentare het op www.facebook.com/kerkbode verskyn

(http://www.facebook.com/kerkbode/posts/301683059860326).  

Let ook daarop dat Kerkbode nie verder probeer antwoord het toe hulle in ’n hoek vasgedruk is nie. 

——————————————————-

Hennie Mouton

Kerkbode-aanlyn is sekerlik een van die bes gemanipuleerde webwerwe, maar wat ewe voorgee dat hulle alle opinies verwelkom. Kritiese kommentare op hul sieninge en agendas word selde gepubliseer, of dan net baie selektief. Onderstaande artikels [op www.facebook.com/kerkbode] is ook daar [op www.kerkbode.co.za] te siene, en met behoorlike ruimte vir kommentaar, maar as iemand nie ’n “ons stem saam, wonderlik”-kommentaar skryf nie, is die kans dat dit ooit gaan verskyn, maar skraal. Die laaste maand het dit maar net weer bevestig. Bygesê, selfs “ag, wonderlik”-skrywes vat soms tot 2 weke om te verskyn. Moet Kerkbode-aanlyn nie maar toemaak met sulke treurige diens nie? Ek sien die stempeilings daar vat maande om maar omtrent 200 stemme bymekaar te skraap. Die NG Kerk het sekerlik darem nog meer as 10x soveel predikante oor. Of is ek verkeerd?

2011 November 04

 

Somerset Morkel

Hennie: jy is een van die BAIE MIN senior leiersfigure in die Afrikaanse gereformeerde Christendom wat bereid is om kritiek te lewer. Maar jy is verseker gemerk: hulle gaan jou slag, en hulle is nie eerlik nie. Die leuen leef al sterk in hulle harte. Die tyd is komende om uit te gaan!

 

Barend Nel

Somerset ek dink niemand sal ooit vir Hennie kan verwyt dat hy nie bereid is om kritiek te lewer nie! Maar ek wonder nogal wat jou kriteria is vir iemand om te kwalifiseer as een van die “senior leiersfigure in die Afrikaanse gereformeerde Christendom”… Baie kritiek?? (Terloops Hennie, jy oorskat die aantal NG predikante so effens. Volgens verlede jaar se jaarboek was daar so om en by 1600 dienende predikante… en die meeste het duidelik iets beter om te doen as om op Kerkbode se webwerf te stem)

 

Hennie Mouton

Redelike poging tot ’n verskoning Barend — “iets beter om te doen”. Dankie vir die 1600-syfer. Saam met die afgetredenes sal dit dalk 2000 maak.

 

Henrietta Klaasing

Dit maak die meningspeiling van so ’n jaar of twee gelede waar ver meer as ’n duisend hul menings gelug het, dan voorwaar ’n wonderwerk!

 

Henrietta Klaasing

Ek het (krities) kommentaar gelewer op een van Gerrit Brand se artikels, en dis nooit geplaas nie, om maar net een te noem

 

Kerkbode

Kritiese kommentaar op Kerkbode aanlyn is en was nog altyd welkom. Die kritiese kommentaar wat gereeld verskyn spreek vanself. Geen kritiek teen enige skrywe van Gerrit Brand se skrywe is ontvang en nie geplaas nie. Soos enige koerant kan Kerkbode aanlyn egter nie toelaat dat ’n klein groepie gegriefdes dit as ’n platform misbruik om slegs hulle eie agenda te dryf nie. Daarvoor is daar reeds genoeg sulke blogs. Billike kritiek en kommentaar sal altyd welkom wees.

 

Hennie Mouton

Redelik onlangs het my kritiese kommentaar op “Nou volstoom vorentoe” ook nooit verskyn nie. Dat dit nie ontvang is nie raak net te moeilik om te glo gegewe die frekwensie van nie-plasings. En hoe sal enigeen nou kan weet dis net ’n “klein groepie gegriefdes” as skrywes onderdruk word. Deur nie-plasings word die statistiek in elk geval verongeluk in Kerkbode se eie duidelike agenda se guns. Kerkbode besluit in elk geval self wat is sogenaamde billike kritiek – dus nog ’n stuk subjektiwiteit. Dr Wynand Louw het vroeër vandag ’n baie deeglike antwoord ingestuur op die skeefgetrekte artikel “Christene tree nie só op nie – Gerber” wat op Kerkbode-aanlyn se voorblad pryk, en sy aanklag teen die Algemene Sinode kritiseer. Gaan Kerkbode-aanlyn dit ook nie plaas nie met die verskoning van “nooit ontvang nie” of “onbillike kritiek”? Ons sal maar moet sien.

 

Kerkbode

Die rede waarom daar nie kommentaar oor “Nou volstoom vorentoe” verskyn het nie is waarskynlik omdat daar nooit ’n berig onder daardie opskrif in Kerkbode verskyn het nie. Dit was waarskynlik ’n ander publikasie.

 

Hennie Mouton

Aarde, weet Kerkbode-aanlyn nie wat op hul eie webwerf aangaan nie?

Probeer http://www.kerkbode.co.za/VoorbladArtikelArgiefLees.asp?id=57

 

Kerkbode

Doktor Mouton verwys blykbaar na die berig “Nou IS DIT volstoom vorentoe!” [Hoe kinderagtig kan Kerkbode wees — die “is dit”, en seker die “!”, het gemaak dat hulle nie weet waarvan gepraat word nie!?] Doktor Mouton kan gerus weer sy kommentaar stuur en dit sal soos enige kritiese kommentaat wat daar verskyn oorweeg word. Uit die aard van die saak kan dieselfde kommentaar wat dieselfde persoon onder verskillende skuilname stuur nie elke keergeplaas word nie.

 

Thys Brits

Dit is vir my nogal sleg dat ’n publikasie wat veronderstel is om leiding te gee aan Christene in ons land enigsins onder sulke aantygings moet deurloop, wat vir my se daar skort iets. Solank die kommentaar op artikels nie persone persoonlik aanval nie, maar wel besprekingspunte oopvlek vir verdere bespreking, hoekom sal dit teruggehou word – tensy dit ‘teenstrydig’ is met mense wat daar werk se eie persoonlike opininies. Hopelik kan daar ’n meer gebalanseerde uitkyk wees op wie die Ja of Nee gee vir artikels…

 

Albert Cruywagen

Hierdie Somerste hierbo is ’n wonderwerk! Hy kan tot binne-in ’n siel kyk….en dan kan hy boonop leuens sien. Maar hy lieg as hy dit so beweer.

 

Kerkbode ‎

@Thys geen kommentaar word teruggehou omdat dit strydig is met enige persoonlike opinies nie en die uiteenlopende menings wat daar gelees kan word bevestig dit.

 

Ferdie Mulder

Beste Kerkbode, ook ek het ’n tyd gelede ’n briefie geskryf op julle Inernet briewe oom eerstens dankie te se vir die resensie van my boek, met ook bietjie kommentaar by. Dit lyk my nie julle het dit al geplaas nie :

 

Hennie Mouton

Uit Kerkbode se antwoord hierbo aan doktor Mouton moet mens aflei hulle het die kommentaar 2x gekry en nie 1 keer geplaas nie, en nou verwag hulle dit moet ’n 3de maal gestuur word. Thys, mens kan nie uit die geplaasde teenstrydige opinies aflei dat alle opinies geplaas word soos Kerkbode jou van wil oortuig nie — daarom het ek boontoe geskryf dat die opinies wat nie in Kerkbode se agenda val nie, wel SELEKTIEF geplaas word, oftewel sommige daarvan word wel geplaas. Onthou die skyn van ’n KLEIN groepie gegriefdes moet behou word.

 

Kerkbode [ons beklemtoning]

Beste Ferdie, Ek kan jou verseker jou briefie het nie by ons uitgekom nie. Wanneer briewe op Kerkbode aanlyn geplaas word is daar ’n kode wat ingetik moet word voordat die brief versend word om spam te verhoed. Is jy seker jy het die regte kode ingetik en het jy bevestiging gekry dat jou brief versend is? Dit sou net reg en billik wees om jou brief te plaas aangesien die resensie oor jou boek gehandel het. Daar is geen rede waarom dit nie geplaas sou of kan word nie. Stuur dit gerus weer.

 

Ferdie Mulder

Jip ek het alles reg gedoen 🙁 enbevestiging gekry die brief is versend…

 

Henrietta Klaasing

Ek het ’n brief geskryf oor Dr Wynand Louw wat die AS aanspreek en dit is ook nie geplaas nie, terwwyl briewe wat later gedateer is, wel geplaas is – dis nie so moeilik om tred te hou as mens mooi weet op watter datums mens iets gestuur het nie.

 

Henrietta Klaasing

Gelukkig het ek vroeg al die truuks agtergekom en geleer om te copy & paste . . .

 

Henrietta Klaasing

Somerset, ek sien op ’n paar plekke jy praat van ” tyd om uit te gaan”. Waarom moet Hennie en ek en ander behoudendes, wat hou by die geloftes wat ons ’n hele paar keer al afgele het (met aanneming, doop, ens. aangaande die leer van die kerk , en Sondae die belydenis in sy ware sin met my hele hart opse, uitgaan en die anderwat glo ook voel soos die vyf anonieme dominees in daai boek , bly? Dit maak mos net nie sin nie!

 

Barend Nel

Nou kan ek darem tog ’n slag met jou saamstem Henrietta! Ek dink ook dit is nonsies dat jy en die ander wat glo soos jy moet gaan. Julle moet bly en die vyf dominees en dies wat voel soos hulle moet ook bly… En die van ons hier tussen in wat nie so erg beswaard is soos hulle en julle nie, wil ook graag bly. Een groot (sy dit dan ietwat disfunksionele) familie… kompleet net soos Jesus se dissipels en die eerste apostels en die eerste gemeentes se lidmate.

 

Hennie Mouton [ons beklemtoning]

Ek sien Ferdie se repliek op die Kerkbode-resensie op sy boek het nou (5 Nov) op die Kerkbode-aanlynbriewe verskyn. Maar ek is bevrees Kerkbode (Jean Oosthuizen?) verdraai die waarheid blatant met sy verontskuldiging dat hulle nie sy vorige repliek ontvang het nie. Onderstaande wys wat op hul rekenaar onder internetbriewe lê, waarvan dies gemerk met ’n * nie geplaas is nie. Kerkbode het dus op 3 Nov. ’n (wel korter) weergawe van Ferdie ontvang en op hul rekenaar gehad, maar net hierbo ontken hulle dit!

Opgestaan resensie – 2011/11/05            
Uitleef van Belhar vra nuwe denke – 2011/11/04              
Belhar: Herhaal NGK sy foute? – 2011/11/04       
Halleluja vir vernuwing! – 2011/11/04     
*Hopelik probeer Louis Trichardt weer – 2011/11/04       
*Opgestaan resensie – 2011/11/03          
*Vrou as moderator? – 2011/11/01         
Wanneer gaan die NG Kerk ’n vroue predikant as Moderator kry? – 2011/10/28 
@Anoniem, Sinode & bevryding – 2011/10/27    
Gespreksdokument Ring van Louis Trighardt – 2011/10/27           
*ons sendinguitreike Mosambiek – 2011/10/27 
Hier staan ek … – 2011/10/22
 

Henrietta Klaasing ‎

(Hier is een van my ongeplaasde briewe – ek het dit op 20 Oktober 2011 as ’n aanlynbrief ingestuur)

WYNAND LOUW VAT SINODE AAN

In vandag, 20 Oktober, se VOLKSBLAD is ’n lesenswaardige berig oor Wynand Louw wat ontsteld is oor die rigting wat die NG kerk inslaan na die AS. (Lees hier: http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Lidmaat-duiwel-in-oor-gesprekke-op-sinode-20111019 )

Vir my as evangelies-gesinde lidmaat van die kerk, is dit verblydend dat al hoe meer mense, ook uit ander gereformeerde kerke, hul stemme laat hoor soos tans op Diversiteitsforum van die NGK (lees hier: http://www.ngkerk.org.za/index.asp?bodyType=diversiteitsforum )

Die berig meld dat Louw ook ’n webtuiste, www.hierstaanek.com begin het – ek het gaan lees, en WAT ’n getuienis!

Kerkbode

Soos dikwels slaan doktoir Mouton die bal mis met sy beswaardheid noor die briewe.

Hennie Mouton

Kerkbode, verduidelik asb. hoe die bal mis geslaan word oor Kerkbode se selektiewe plasing van briewe en die leuen betreffende Ferdie se skrywes, gegewe al die inligting hierbo, ook van verskillende mense af.

1 thought on “Kerkbode knoop homself met sy doelbewuste manipulasie en leuens”

  1. On the 14/6/2021 there was an article publish “Die geskenk van Swakheid” by Dr Nadia Maria’s! We were forwarded this article by our minister in the Dutch Reformed Church. What an article of foolishness to make the Gospel fit to man’s understanding. I don’t think any normal person could understand the article. Thankfully the Gospel is not that complicated and the Messiah used 12 simple and ordinary men to spread the Good News of His coming, His death and His resurrection by the infilling of the Holy Spirit. We need the simple truth again based on the Word of God and not on the Word of philosophers ! Our understanding of the Message of Salvation should and must be based on the Word of God and not based on worldly literature or philosophers ! If this is the way the Church is going, we need a revival such as in the days of Dr Andrew Murray and Rev Georg Willem Stegmann. Go back to God’s Word is my advice, Dr Marias. I hope you , the Editor, have the courage to post this reply …not for me but for the sake of truth. Our D R Church Theology needs to come back to the truth of the BIBLE!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui