Australopithecus sediba – nie vermiste skakel nie

Aan die begin van April 2010 is berig dat ’n vermiste skakel gevind is by Maropeng. Lee Berger was die paleoantropoloog. Dit is egter nie net so maklik om te sê waar hierdie skelet geklassifiseer moet word in evolusieterme nie en nie alle evolusioniste stem saam met Berger nie. Dus is dit geen bewys van ’n vermiste skakel nie.

Hier volg ’n paar aanhalings uit die Afrikaanse INFObytes:

So, waaroor gaan die hele bohaai en opgewondenheid? Die fossielvonds (in Augustus 2008 ontdek) bestaan uit goed-gepreserveerde, gedeeltelike (40%) skelet-oorblyfsels van ’n jong manlike kind met ’n byna volledige skedel, asook van’n jong vrou. Breingrootte was bereken om naastenby ’n ¼ van die van die mens te wees, maar die vorm van die brein is glo meer ontwikkel as in die ‘australopithecine’ groep. Geen voetbeentjies is gevind. Sommige beskou dit as die volledigste oorblyfsels van enige vroeë hominied, wat om en by twee miljoen jaar gelede geleef het.

Dit word verder beweer dat A. sediba eienskappe van beide ape en mense het. Die kleinerige tande, vooruitstekende neus, en gevorderde bekken, tesame met die lang bene word as die meer moderne kenmerke beskou, terwyl die lang arms en klein breinkas meer argaïese (d.i. primitiewe) kenmerke vertoon. Daar word verder aangevoer dat die betrokke kenmerke dit ’n goeie kandidaat maak vir die lang gesogte oorgangspesie tussen A. africanus (Taung-kind & mev. Ples) en die eerste Homo spesie (d.i. regstreekse voorouer van H. habilis of selfs H. erectus, d.i. Turkana seun, Java Mens, Peking mens).

Dr. Tim White, paleoantropoloog, Universiteit van Kalifornië, Berkeley (NY Daily News, April 8th 2010), sê: “Australopithecus sediba is die verkeerde spesie, op die verkeerde plek, en op die verkeerde tyd. Dit is heeltemal té primitief om die voorouer te wees van die menslike genus Homo, een van ons regstreekse voorsate.”—Dr. Darren Curnoe, spesialis in menslike evolusie, Universiteit van New South Wales (www.telegraph.co.uk).

So, wat kan waarskynlik in die toekoms verwag word? Wanneer al die opwinding verby is en die stof gaan lê op nóg ’n ‘sensasiewekkende ontdekking’ met ikoonstatus, voorspel CMI dat die vonds eintlik maar net nog ’n ‘australopithecine-habiline’ tipe is, met ’n unieke anatomie, oor die geheel hoegenaamd nie ’n tussentoestand nie, ook nie verplig-regoplopend nie, maar ’n kreatuur wat heel moontlik rollend-tweevoetig voortbeweeg het.

Hier volg ’n paar aanhalings uit A. sediba no human ancestor:

In an article in The Weekend Australian national chief correspondent Hedley Thomas commented: “Renowned University of California paleoanthropologist Tim White savaged Berger on the release of his subsequent book, The Official Field Guide to the Cradle of Humankind, calling it ‘in many ways worse than useless, given the astonishing density of errors and misleading statements’. He added that it showed a disturbing ‘pattern of fabrication’. White wrote in the South African Journal of Science. ‘Berger’s rise to prominence signals a new era: one of smoke and mirrors, in which style triumphs over substance. In his short career, Berger has not in fact found very much but shows a remarkable ability to inject himself, via funding and publicity, into discoveries made by others.’ In case anyone missed the point, White branded Berger an enthusiastically ambitious but inexperienced American ‘more fascinated with fame and fortune than with serious science’”
In the world of paleoanthropology, Tim White is definitely no lightweight.

Verdere teenargumente:

Op 5 Oktober 2013 verskyn die artikel Fossil find rocks the Cradle, waar Australopithecus sediba verder as ’n oorgangskakel bevraagteken word: “Given the evidence that is available now, we have come to this specific conclusion [that A. sediba is not a human ancestor],” he says.

Vir meer detail hieroor, kyk ook:

Onthou altyd om www.creation.com te raadpleeg oor die nuutste sogenaamde bewys vir evolusie. Gaan na die webblad en tik ’n paar sleutelwoorde in by “Search”. As jy bv “Lee Berger” sou intik, sal jy by die artikel Australopithecus sediba—no human ancestor uitkom.

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Daar is baie Christene wat wonder hoekom hierdie kwessie belangrik is, veral as hulle nie glo dat God noodwendig in 6 dae geskep het nie. In die artikel Why do we need to look outside the Bible? word hierdie vraag baie goed geantwoord. Dan Brown het bv gesê: “I was raised Episcopalian, and I was very religious as a kid. Then, in eighth or ninth grade, I studied astronomy, cosmology, and the origins of the universe. I remember saying to a minister, ‘I don’t get it. I read a book that said there was an explosion known as the Big Bang, but here it says God created heaven and earth in seven days. Which is right?’ Unfortunately, the response I got was, ‘Nice boys don’t ask that question.’ A light went off, and I said, ‘The Bible doesn’t make sense. Science makes much more sense to me.’ And I just gravitated away from religion.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui