As jy jouself wil uitgee vir ’n toffie …

*******

As jy jouself wil uitgee vir ’n toffie . . . | Netwerk24

Danie Pienaar, Strand

29 September 2022

Volpunte aan dr. Bernhard Ficker­ met sy kommentaar oor die NG Kerk (NGK) se voorgestelde huweliksformulier vir gay mense (26.09).

Hy skets die verspotheid van die algemene sinode om homself bloot te lê vir lagwekkende kommentaar. ’n Mens kan maar net die komedie van die denke agter die NGK se agteroorbuig-karakter as belaglik bestempel.

Die vraag wat ons getroue “ondersteuners” van die NGK het, is wat ons van die debakel moet maak. Waarom lees ons nooit van die Katolieke, Presbiteriane, Metodiste of die charismatiese kerke se menings oor gay of een van die ander soorte huwelike in die media nie? Die gesegde lui mos dat as jy jou uitgee vir ’n toffie, sal jy gekou word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui