Aanhalings – Sending

David Livingstone

If a commission by an earthly king is considered an honour, how can a commission by a heavenly king be considered a sacrifice?

As ’n opdrag van ’n aardse koning as ’n eer beskou word, hoe kan ’n opdrag deur ’n hemelse koning dan as ’n offer beskou word?

Reinhard Bonnke

A church that does not save the lost, that church is lost itself.

‘n Kerk wat nie die verlorenes red nie, is self verlore.

Carl FH Henry

The gospel is only good news if it gets there on time.

Die evangelie is net goeie nuus as dit betyds is.

Henry Martyn

The spirit of Christ is the spirit of missions, the nearer we get to him, the more intensely missionary we become.

Die gees van Christus is die gees van sending, hoe nader ons aan Hom kom, hoe intenser sendeling word ons.

Robert C Shannon

Never pity missionaries; envy them. They are where the real action is – where life and death, sin and grace, heaven and hell, converge.

Moet nooit sendelinge jammer kry nie; beny hulle. Hulle is waar die werklike aksie is – waar lewe en dood, sonde en genade, hemel en hel, bymekaar kom.

John Wesley

Untold millions are still untold. You have one business on earth – to save souls.

Onbereikte miljoene is nog steeds onbereik. Jy het een doel op aarde – om siele te red.

CS Lewis

The church exist for one reason – to draw men unto Christ, to make them little Christ.

Die kerk bestaan om een rede: om mense na Christus te trek, om hulle klein Christus te maak.

Oswald J Smith

We talk of the second coming of Christ, half the world has never heard of the first.

Ons praat van die wederkoms van Christus, die helfte van die wêreld het nog nooit van die eerste koms gehoor nie.

George Whitefield

There is only one thing we can do here on earth that we can’t do in heaven – EVANGELISM!

Daar is net een ding wat ons hier op aarde kan doen wat ons nie in die hemel kan doen nie – EVANGELISASIE!

Onbekend

We will remain debtors as long as there are still unfinished and remaining unreached people groups, nations and tribe.

Ons sal skuldenaars bly solank daar nog onvoltooide en onbereikte volksgroepe, nasies en stam is.

John Gresham Machen

Certainly if you preach this gospel of the cross, you will have to bear reproach. If you preach this gospel faithfully, you will see men whom you have called your friends, men whom you have served in the hour of need, turn against you and join the general hue and cry; you will be subjected to misrepresentation and slander of all kinds; you will bear both ridicule and abuse; you will be attacked behind and before. But there are some compensations in the prophet’s life. Many will speak of you; but there is One who will say: ‘Well done, good and faithful servant.’

As jy die Evangelie van die Kruis verkondig, sal jy beslis vervoling moet dra. As jy die Evangelie getrou verkondig, sal dié mense wat jy jou vriende genoem het, dié mense wat jy in die uur van nood bygestaan het, teen jou draai en by die res aansluit. Jy sal onderwerp word aan alle soorte wanvoorstelling en laster; jy sal bespotting en mishandeling verdra; jy sal van agter en van voor aangeval word. Maar daar is vergoeding in die lewe van die profeet. Baie sal van jou praat; maar daar is Een wat sal sê: ‘Mooi so, goeie en getroue dienskneg.’

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui