Antropologie

Antropologie is die studie van die mens, menslike gedrag en gemeenskappe van die verlede en hede. Sosiale antropologie is ’n studie van gedragspatrone en kultuurantropologie van kulturele betekenis, insluitende norme en waardes. Linguistiese antropologie bestudeer hoe tale die sosiale lewe beïnvloed en biologiese of fisieke antropologie die biologiese ontwikkeling van die mens.

Argeologie, waarin menslike bedrywighede bestudeer word deur ’n ondersoek na fisieke bewyse, word in die VSA en Kanada as ’n tak van antropologie beskou, terwyl dit in Europa beskou word as ’n dissipline uit eie reg of gegroepeer saam met ander, verwante dissiplines soos geskiedenis.

Kyk ook

2 thoughts on “Antropologie”

  1. Bybelse antropologie is baie belangrik want elke gelowige behoort deurlopend toegerus te word oor wat dit beteken om werklik mens te wees, hoe Jesus ons help om te verstaan wie ons is en wat dit in die praktyk beteken om na die beeld van God geskape te wees. Calvyn het beklemtoon dat ’n mens nie tot kennis van menswees kan kom. alvorens ’n mens nie God leer ken het nie. Daarom loop die Bybel se teologie aangaande God sowel as die mens hand aan hand.

    Temas wat o.a. in ’n Bybelse antropologie bestudeer moet word is byvoorbeeld die noodsaaklikheid van die inkarnasie, seksualiteit, die menslike liggaam, God se visie vir die mens in die Ou Testament sowel as die Nuwe Testament, skepping, die biologie van menslike sonde, menslike versoekings, ensovoorts. Die vraag in ons tyd is of die huidige teologiese fakelteite besig is om studente regtig op te lei in ’n Bybelse antropologie of werk hulle met ’n humanistiese en selfs post-humanistiese antropologie wat ver van die Bybel verwyder is?

  2. Christelike Antropologie en die berading van individue vanuit hierdie dissipline is meer nodig as ooit tevore, veral na die virus-epidemie. Hoeveel mense in ons land Suid-Afrika is opgelei om hierdie funksie te verrig. Baie min geestelike leiers ken die woord “Ekometrie” wat die beradingsmodel is wat uit hierdie dissipline gegroei het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui