Sinode lyk nie hervormingsgesind

*******

Sinode lyk nie hervormingsgesind | Beeld

Beeld, 3 September 2003

Nyistroom. – Die kloof tussen die NG Kerk en die Nuwe Hervorming het gister duidelik geblyk toe twee van die nuwe hervormers die sinode van Noord-Transvaal toegespreek het.

Proff. Pieter Craffert en Pieter Botha, albei Nuwe Testamentici aan Unisa, het aan die sinode probeer verduidelik hoekom hulle as nuwe hervormers dink soos hulle dink.

Toe sinodegangers later kans gekry het om te reageer, was dit duidelik dat die bree gevoel direk teenoor die Nuwe Hervorming staan.

Ds. Dawie van Vuuren van Londen het die twee hervormers byvoorbeeid op ironiese wyse bedank dat hulle dit so duidelik gemaak het waartoe hul manier van dink lei.

Hy het gesê daar is twee maniere om Die Bybel te sien: As gewoon menslike boek soos die nuwe hervormers, of as die woord van God.

In Europa het hy gesien hoe die kerke leegloop met ‘n benadering van Die Bybei soos die nuwe hervormers s’n.

Hy self glo Die Bybel is die Woord van God. Elke woord daarin is bedoel en dit is regtig God wat praat.

Kerke wat Die Bybel só aanvaar, is die ene lewe, het hy gesê.

– Neels Jackson

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui