In gesprek met die kerk (Johan Janse van Rensburg)

Kyk ook:

Dit word beweer dat die kerk tans ’n perfekte storm beleef. Die storm word deur ’n verskeidenheid van faktore veroorsaak, waarvan die invloed van die postmodernisme waarskynlik die grootste is. Dit wil voorkom of die kerk nie die perfekte storm goed hanteer nie. Enersyds staan die kerk in die tradisie van vaste geloofs- en kerklike tradisies. Andersyds is die suigkrag van die postmodernisme besig om die geloof, Skrifverstaan en kerklike praktyk soms geleidelik en soms drasties tot verandering te dryf. Verandering en vernuwing is natuurlik nie sleg nie. Sommige kerkleiers regverdig die koers wat die kerk ingeslaan het, as sou dit deel van die kerk se roeping tot reformasie wees. Maar is verandering noodwendig goed? En kan dit altyd met reformasie in verband gebring word? In die boek In gesprek met die kerk, tree Prof Johan Janse van Rensburg met ’n reeks bondige opstelle met die kerk in gesprek. Dit is ’n eerlike en opregte poging om deel van die gesprek te wees. Met ’n lang bediening as predikant en teoloog het Johan sy lojaliteit en liefde vir Here en vir die Kerk bewys. ’n Gereformeerde kerk moet gedurig reformeer, terug na die Skrif.

Die pas-afgelope Algemene Sinode (Oktober 2015) het weer ’n nuwe krisis vir die N.G. Kerk veroorsaak. Baie van die sake wat vir hierdie sinode geld, word in die boek behandel.

Die inhoudsgawe is soos volg: Voorwoord; Skrifgebruik in die gedrang; Skrifgebruik in die gedrang (ii); ’n Teologie van verwondering; Die eeu van relatiwisme; Fundamentalisme en godsdienstige verdraagssamheid; Gereformeerde identiteit; Hoe geheg is ons aan die Heidelbergse Kategismus; Integriteit; Pastorale integriteit; Leerdwaling in die kerk; God aan die kant van die armes?; Tree God teenstrydig op?; Kerklike vergaderings en debatte; Sielkundige indoktrinasie; Jy en jou perfeksionisme; Aanpas of uitsterf; In gesprek met die teologie; Is die huis van die Here uitgedien?; Eers ervaar, dan glo?; Om te protesteer; Hervormingsdag 2012; Homoseksualisme en die Skrif.

Bestellings kan geplaas word by Exclusive Books of by die skrywer:

Johan Janse van Rensburg

jjvanr@yebo.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui