Dis Waarheid wat wen, nie liefde

Die volgende is geskryf in reaksie op:

*******

Dis Waarheid wat wen, nie liefde | Netwerk24

Rapport, Sondag, 23 Oktober 2022

Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes, skryf:

Die reaksie (16 Oktober) op prop. Hennie Pienaar se huweliksformulier vir selfdegeslag-huwelike was insiggewend.

Sommige – soos ds. Pieter de Jager, Hannes Swart en die onbekende lidmaat van Hartenbos – is besorg oor die gebrek aan Bybelverse, Christus-gesentreerdheid en Bybels-gefundeerdheid.

Daarenteen skryf Jan Wandrag in die Laaste woord-ruimte dat liefde altyd wen. Oor die formulier sê hy: “Meer skrifgetrou kan dit nie.”

Nou ja, meer strydige sienings oor die trouformulier sal nie maklik gekry word nie. Jan, my “Laaste woord” is dat dit nie “liefde” is wat op die ou end sal seëvier nie, maar wel die Bybelse Waarheid!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui