Broederlike gesprek met prof. Sakkie

*******

Broederlike gesprek met prof. Sakkie | Beeld

Beeld, 12 Sep 2000

Neels Jackson

‘n Broederlike gesprek gaan op 2 Oktober gehou word tussen prof. Sakkie Spangenberg, teoloog van Unisa, verteenwoordigers van die NG gemeente Meyerton-Park wat hom aangekla het van leerdwaling, en ‘n kommissie van die kerkraad van Pierre van Ryneveld, waar Spangenberg lidmaat is.

Dit volg op uitsprake van Spangenberg oor die meriete van sendingwerk en die verhouding tussen die Christendom en ander godsdienste, waaroor baie lidmate ontsteld was.

Ds. Peter van Maarleveld, predikant van Pierre van Ryneveld, het gister gesê dié gesprek is nié ‘n tugverhoor nie. Dis ‘n gesprek waartydens hulle wil kyk of hulle nie misverstande uit die weg kan ruim nie.

“Kom ons kyk of ons die saak nie kan oplos nie,” is volgens Van Maarleveld die benadering. As daar by dié geleentheid nie versoening tussen Spangenberg en die klaers bereik kan word nie, moet daar voortgegaan word om die meriete van die klag te ondersoek. Die kerkraad van Pierre van Ryneveld het ‘n kommissie aangewys om die saak te hanteer. Benewens twee predikante en twee ouderlinge, is prof. Andrie du Toit, afgetrede Nuwe Testamentikus, ook daarop benoem.

Spangenberg wou nie kommentaar lewer nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui