Spangenberg dit eens met Danzfuss

*******

Spangenberg dit eens met Danzfuss | Beeld

Beeld, 26 Maart 2004

Ek verwys na die berig Ring verkeerd oor Sakkie, sê leraar (25 Maart). Ek stem volmondig saam met ds. Theo Danzfuss dat hy as klaer – sowel as ek as verdediger — nie billik behandel is nie.

Ek het tydens die Ringskommissie se vergadering op 5 Maart die voorsitter herhaaldelik daarop gewys dat die klag saamhang met my standpunt oor die erfsondeleer en dat dit die saak is wat bespreek moet word.

My gevoel was dat daar ‘n ander agenda gedryf is, naamlik om my oor Jesus se opstanding in ’n hoek te dryf sodat ek as ’n ketter gebrandmerk kan word.

Ek het ‘n geskrewe stuk oor die erfsondeleer ingedien en aangetoon dat die erfsondeleer van Augustinus kom.

Sy sienings is gegrond op die Griekse en Latynse vertalings van die Ou Testament.

Wetenskaplike uitleg van Genesis 2-3 en Psalm 51 in Hebreeus steun nie daardie leerstelling nie.

Prof. Gijs Dingemans skryf in sy onlangse boek De stem van de Roepende. “Er is in de bijbel geen sprake van erfzonde!” Ek sal ook bly wees as ds. Danzfuss na die Sinode van Oos-Transvaal appelleer sodat die saak reg gehanteer kan word.

Prof. I.J.J. Spangenberg, Pretoria

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui