NG moderator onskuldig op klag van leerdwaling

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

NG moderator onskuldig op klag van leerdwaling | Rapport

Johan Eybers

Sondag, 25 Mei 2025

Ds. Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, is vrygespreek op ’n klag van leerdwaling ná ’n afgetrede professor se bewerings dat hy die gesag van die Bybel in ’n radio-onderhoud ondermyn het.

Volgens emeritus professor Johan Janse van Rensburg het Lubbe gesuggereer dat alle gelowe ewe geldig is toe hy in Julie verlede jaar op RSG gepraat het.

’n Onafhanklike ondersoekliggaam wat in Maart vanjaar deur die Ring van Bloemfontein-Noord aangestel is, het egter pas bevind dat Lubbe hom aan geen oortreding van die Kerkorde skuldig gemaak het nie.

Die NG Kerk sê in ’n verklaring hy hanteer gewoonlik tugondersoeke as vertroulik, maar maak in hierdie geval ’n uitsondering weens die aandag wat die kwessie op sosiale media en elders gekry het.

“Deursigtigheid in hierdie saak help om verdere gerugte en volgehoue gissings te voorkom.”

Lubbe het by navraag die uitspraak verwelkom.

“Ek is dankbaar dat die saak afgehandel is en dat die waarheid van wat ek in die onderhoud gesê en nie gesê het nie, teologies en kerklik uitgeklaar is.”

Janse van Rensburg het gesê hy oorweeg nog of hy teen die besluit gaan appelleer.

Die kerkraad van die NG gemeente Berg-en-Dal, waar Lubbe werk, het ’n beroep op lidmate en leraars gedoen om onnodige verdagmakery en verdeling binne die kerk te vermy.

Luidens Janse van Rensburg se klag het Lubbe in die RSG-onderhoud te kenne gegee dat mense wat nie in Jesus Christus glo nie, steeds gered kan word.

Lubbe het Abraham as voorbeeld genoem van iemand wat Jesus nie geken het nie en tog by God is nadat hy gesterf het.

Die NG moderator het ook gesê: “Ons moet eerstens baie versigtig wees om mý kerk, mý tradisie, mý lees van die Bybel te verhef tot die enigste weg na saligheid.

“Ek het nie die waarheid beet nie, trouens, ek waarsku dikwels die katkisante: As jy in ’n kerk gaan sit en daai kerk sê vir jou ‘as jy nié hier by óns is nie, is jy verlore’, dan moet jy jou beursie en jou selfoon vat en uitstap, want dan het jy met ’n kultus te doen, ’n sekte.”

Volgens Janse van Rensburg het Lubbe met sy uitlatings te kenne gegee dat dit nie moontlik is om tussen ’n ware en valse kerk te onderskei nie.

Die NG Kerk sê die ondersoek is streng volgens die voorskrifte van die Kerkorde gehanteer.

“Sowel prof. Janse van Rensburg as ds. Lubbe is tydens gesprekke vir ’n vooraf ondersoek aangehoor. Die gesprekke het in Bloemfontein plaasgevind. Hierna het die geslote formele ondersoek in Pretoria plaasgevind. By hierdie geleentheid is die klaer en die aangeklaagde en hul getuies aangehoor. Die tugliggaam het die getuienis oorweeg en bykomend ook deskundige getuienis ingewin.”

– johan.eybers@media24.com

Kommentaar

Daniel Louw

Volgens Jan Lubbe: “Ek is dankbaar dat die saak afgehandel is en dat die waarheid van wat ek in die onderhoud gesê en nie gesê het nie, teologies en kerklik uitgeklaar is.”

Daar is nie enige kwessies oor wat hy gesê het nie. Dit is duidelik dat hy met wat hy gesê het ruimte wou maak vir universalisme.

Kyk ook my kommentaar onder Uitslag van ondersoek teen moderator bekend: Lubbe onskuldig.

8 thoughts on “NG moderator onskuldig op klag van leerdwaling”

  1. Jy skop teen die prikkels, dominee…

    Abraham het Christus Jesus, die Here, op ‘n intieme wyse geken. As jy nie die Seun in die Ou Testament ontdek het nie sal jy dwaallering verkondig.

    Johannes 1:18
    Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

    Kolossense 1:15-17
    Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

    Markus 2:27-28
    En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

    Genesis 1:26
    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    Genesis 2:2-3
    En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

    Genesis 18:1
    DAARNA het die Here aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

    Genesis 22:1
    NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
    Genesis 22:11
    Maar die Engel van die Here het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

    Maleagi 3:1
    KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

  2. Johannes 14:6
    Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie

  3. Die wyn van die groot hoer van Babilon het jou kerk dronk gemaak. En nou skop jy teen die prikkels en leë wynbottels, dominee. Saulus het ook so gedoen voor hy Paulus geword het.

    Abraham het Christus Jesus, die Here, op ‘n intieme wyse geken. As jy nie die Seun in die Ou Testament ontdek het nie, sal jy dwaallering verkondig.

    Johannes 14:6
    Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie

    I Johannes 2:22-23
    Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.

    Kolossense 1:15-17
    Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

    Genesis 1:1
    IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.

    Genesis 1:26
    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    Markus 2:27-28
    En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

    Genesis 2:2-3
    En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

    Johannes 1:18
    Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

    Genesis 18:1
    DAARNA het die Here aan hom (Abraham) verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.
    .
    Genesis 22:1
    NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

    Genesis 22:11
    Maar die Engel van die Here het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

    Maleagi 3:1
    KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

    1. Ek hoor wat jy sê maar daar is baie dinge wat ek nie verstaan nie. Ons bely dat God die skepper is van die Hemel en die Aarde en alles wat daarin is. Ons weet dat Adam en Eva nie die begin was nie, daar het duisende jare voor hulle ook mense op die aarde gewoon wat deel is van God se skepping. Wat ek nie verstaan nie, hoekom het God dan hierdie mense geskape wat hy geweet het nooit vir Jesus sal ken nie. Hoekom sal hy mense maak wat dan onmiddelik in sonde gebore en ontvang is en dan net so vir die duiwel gegee is, vir miljoene jare. God het nie verander nie, ek glo sy vereistes ook nie, ons as mense se denkwyse oor sy skepping het net vernader. Dit is dus logies dat daar ander vorme van redding is behalwe net om Jesus te ken. As dit nie so is nie, dan het God ‘n fout gemaak met die skepping, wat ek nie glo nie. Dis ons as christene wat die skepping en ook die redding verkeerd verstaan. Daar is verseker nog paaie na God behalwe om te se Jesus alleen.

      1. “Ons weet dat Adam en Eva nie die begin was nie, daar het duisende jare voor hulle ook mense op die aarde gewoon wat deel is van God se skepping.”

        Hoe weet jy dit? Die Skepper sê anders, maar jy weet glo beter. Jou hoogmoed lei jou tot verkeerde gevolgtrekkings en afleidings, almal verkeerd en verwerpbaar.

        1. Jy beweer dus dat die mense wat voor Adam en Eva daar was , is nie deel van God se skepping nie? Baie interessant ek wonder watter afleidings maak jy dan.

      2. “Ons weet dat Adam en Eva nie die begin was nie, daar het duisende jare voor hulle ook mense op die aarde gewoon”

        Miskien kan jy ons help met ‘n bron? Verwysings?

  4. Die onskuldig bevinding van Jan Lubbe is absoluut wat verwag kon word, gegewe die ondesoeke oor die agfgelope eeu.
    1900’s: Johannes du Plessis – Moses se outeurskap van die eerste vyf boeke van die Ou Testament en Jesus se kennis van die Ou Testament
    Hy is uiteindelik uit sy hoogleraarsamp ontslaan.

    1990s: Louis Jonker
    Die hele Skrifgedeelte van Genesis 1-11 is mitiese stof.
    Geen gevolge vir Louis Jonker nie.

    2000: Ben du Toit
    Dit wat gesê word in sy boek.
    Geen gevolge vir Ben du Toit nie. In Oktober 2020 publiseer Ben du Toit die boek, God: Is daar ’n ander antwoord? waarin hy erken dat hy ’n postteïs (ateïs) is.

    2006: Jurie le Roux
    Dit wat gesê word in sy boek, Om eietyds te glo: credo van ‘n onseker gelowige
    Hy is onskuldig bevind

    2006: Julian Müller
    Bevraagteken Jesus se liggaamlike opstanding
    Onskuldig bevind

    2006: Dirk Human
    Bevraagteken Jesus se liggaamlike opstanding Onskuldig
    Hy is onskuldig bevind

    2006: Louis Jonker
    As dit sou blyk dat Jesus nie fisies uit die dood opgestaan het nie Hy is onskuldig bevind

    2008: Izak du Plessis
    Godsbeskouiing uiters vaag. Klag van leerdwaling.
    Hy het die klag egter suksesvol afgeweer, bedank na sy egskeiding.

    2013: Ben du Toit
    Ben du Toit verbreek sy legitimasie-eed omdat hy die bestaan van die duiwel ontken. Omdat die NG Kerk amptelik in 2011 ruimte gemaak het vir mense wat nie aan die duiwel glo nie, is hy onskuldig bevind.

    2019: Riaan de Villiers
    Universalisme
    Hy is in 2023 of 2024 onskuldig bevind

    2022: Peter Nagel
    Bevraagteken Godheid van Jesus in sy artikel “Problematising the Divinity of Jesus” Why Jesus is Not θεός
    Legitimasie aanvanklik opgeskort, maar word weer herstel nadat hy homself weer tot sy legitimasie-eed verbind het.

    2024: Frikkie van Niekerk
    Lees artikel van Hoffie Hofmeyer oor dwalinge in die NG Kerk. Skuldig – Skriftelike waarskuwing

    2024: Jan Lubbe
    Universalisme in ‘n RSG onderhoud
    Hy word onskuldig bevind

    Dit is uiters vreemd dat Jan Lubbe onskuldig bevind word met geen oortreding begaan het nie en hom nie aan die Kerkorde skuldig gemaak het nie, terwyl die aanklag skrif en geloofs belydenis gefundeer is. Die onskuldig bevinding van Jan Lubbe bevestig die volgende wat in die RSG onderhoud gese word as skrif getrou en reg is.:

    1. Elkeen kies sy eie smalweg. Dit is dwaalleer en strydig met die eksegetiese verstaan van Matt 7:13-14. Eerder, dit is die leer van Naomi Molken wat sê elke mens het sy eie smalweg, jy moet jou smalweg vind, dit is die doel van die lewe. en langs die pad ontdek ‘n mens jou eie smalweg.

    2. Dat Christus nie die eneigste weg tot saligheid is nie – ons moet eerstens baie versigtig wees om my kerk, my tradisie, my lees van die Bybel te verhef tot die enigste weg na saligheid. Dit staan loodreg teenoor normale eksegetiese en gereformeerde belydenis verstaan van Johannes 14:6. Dit is ook strydig met die NGB artikels 20 & 21.

    Die smal weg na die Vader is deur Christus alleen.
    Johannes 14: 6 Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.

    ‘n Ekstreme velede kan nou verruil word vir vrede, verdraagsaamheid en eenheid verkondig in die boek van Desmond Tutu. Tutu se idealistiese ideologie van ‘n wereld orde godsdiens stel ‘n nuwe god van vrede en sosiale geregtigheid voor. Al die gelowe, muslims, hindu’s lei tot dieselfde god.

    3. Dit is net nie moontlik is om tussen ‘n ware en valse kerk te onderskei nie.
    Dit is strydig met die NGB Artikel 28 & 29.

    4. Die Christen Kerk het nie die waarheid beet nie
    Dit is strydig met die NGB Artikel 2. Johannes 14: 6-7 Christus sê: Ek is die weg (die smalweg), die waarheid en die lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui