NG moderator onskuldig op klag van leerdwaling

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

NG moderator onskuldig op klag van leerdwaling | Rapport

Johan Eybers

Sondag, 25 Mei 2025

Ds. Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, is vrygespreek op ’n klag van leerdwaling ná ’n afgetrede professor se bewerings dat hy die gesag van die Bybel in ’n radio-onderhoud ondermyn het.

Volgens emeritus professor Johan Janse van Rensburg het Lubbe gesuggereer dat alle gelowe ewe geldig is toe hy in Julie verlede jaar op RSG gepraat het.

’n Onafhanklike ondersoekliggaam wat in Maart vanjaar deur die Ring van Bloemfontein-Noord aangestel is, het egter pas bevind dat Lubbe hom aan geen oortreding van die Kerkorde skuldig gemaak het nie.

Die NG Kerk sê in ’n verklaring hy hanteer gewoonlik tugondersoeke as vertroulik, maar maak in hierdie geval ’n uitsondering weens die aandag wat die kwessie op sosiale media en elders gekry het.

“Deursigtigheid in hierdie saak help om verdere gerugte en volgehoue gissings te voorkom.”

Lubbe het by navraag die uitspraak verwelkom.

“Ek is dankbaar dat die saak afgehandel is en dat die waarheid van wat ek in die onderhoud gesê en nie gesê het nie, teologies en kerklik uitgeklaar is.”

Janse van Rensburg het gesê hy oorweeg nog of hy teen die besluit gaan appelleer.

Die kerkraad van die NG gemeente Berg-en-Dal, waar Lubbe werk, het ’n beroep op lidmate en leraars gedoen om onnodige verdagmakery en verdeling binne die kerk te vermy.

Luidens Janse van Rensburg se klag het Lubbe in die RSG-onderhoud te kenne gegee dat mense wat nie in Jesus Christus glo nie, steeds gered kan word.

Lubbe het Abraham as voorbeeld genoem van iemand wat Jesus nie geken het nie en tog by God is nadat hy gesterf het.

Die NG moderator het ook gesê: “Ons moet eerstens baie versigtig wees om mý kerk, mý tradisie, mý lees van die Bybel te verhef tot die enigste weg na saligheid.

“Ek het nie die waarheid beet nie, trouens, ek waarsku dikwels die katkisante: As jy in ’n kerk gaan sit en daai kerk sê vir jou ‘as jy nié hier by óns is nie, is jy verlore’, dan moet jy jou beursie en jou selfoon vat en uitstap, want dan het jy met ’n kultus te doen, ’n sekte.”

Volgens Janse van Rensburg het Lubbe met sy uitlatings te kenne gegee dat dit nie moontlik is om tussen ’n ware en valse kerk te onderskei nie.

Die NG Kerk sê die ondersoek is streng volgens die voorskrifte van die Kerkorde gehanteer.

“Sowel prof. Janse van Rensburg as ds. Lubbe is tydens gesprekke vir ’n vooraf ondersoek aangehoor. Die gesprekke het in Bloemfontein plaasgevind. Hierna het die geslote formele ondersoek in Pretoria plaasgevind. By hierdie geleentheid is die klaer en die aangeklaagde en hul getuies aangehoor. Die tugliggaam het die getuienis oorweeg en bykomend ook deskundige getuienis ingewin.”

– johan.eybers@media24.com

Kommentaar

Daniel Louw

Volgens Jan Lubbe: “Ek is dankbaar dat die saak afgehandel is en dat die waarheid van wat ek in die onderhoud gesê en nie gesê het nie, teologies en kerklik uitgeklaar is.”

Daar is nie enige kwessies oor wat hy gesê het nie. Dit is duidelik dat hy met wat hy gesê het ruimte wou maak vir universalisme.

Kyk ook my kommentaar onder Uitslag van ondersoek teen moderator bekend: Lubbe onskuldig.

4 thoughts on “NG moderator onskuldig op klag van leerdwaling”

  1. Jy skop teen die prikkels, dominee…

    Abraham het Christus Jesus, die Here, op ‘n intieme wyse geken. As jy nie die Seun in die Ou Testament ontdek het nie sal jy dwaallering verkondig.

    Johannes 1:18
    Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

    Kolossense 1:15-17
    Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

    Markus 2:27-28
    En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

    Genesis 1:26
    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    Genesis 2:2-3
    En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

    Genesis 18:1
    DAARNA het die Here aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

    Genesis 22:1
    NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
    Genesis 22:11
    Maar die Engel van die Here het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

    Maleagi 3:1
    KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

  2. Johannes 14:6
    Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie

  3. Die wyn van die groot hoer van Babilon het jou kerk dronk gemaak. En nou skop jy teen die prikkels en leë wynbottels, dominee. Saulus het ook so gedoen voor hy Paulus geword het.

    Abraham het Christus Jesus, die Here, op ‘n intieme wyse geken. As jy nie die Seun in die Ou Testament ontdek het nie, sal jy dwaallering verkondig.

    Johannes 14:6
    Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie

    I Johannes 2:22-23
    Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.

    Kolossense 1:15-17
    Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

    Genesis 1:1
    IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.

    Genesis 1:26
    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    Markus 2:27-28
    En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie. Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

    Genesis 2:2-3
    En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

    Johannes 1:18
    Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

    Genesis 18:1
    DAARNA het die Here aan hom (Abraham) verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.
    .
    Genesis 22:1
    NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

    Genesis 22:11
    Maar die Engel van die Here het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

    Maleagi 3:1
    KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.

    1. Ek hoor was jy sê maar daar is baie dinge wat ek nie verstaan nie. Ons bely dat God die skepper is van die Hemel en die Aarde en alles wat daar in is. Ons weet dat Adam en Eva nie die begin was nie, daar het duisende jare voor hulle ook mense op die aarde gewoon wat deel is van God se skepping. Wat nie nie verstaan nie, hoekom het God dan hierdie mense geskape wat hy geweet het nooit vir Jesus sal ken nie. Hoekom sal hy mense maak wat dan onmiddelik in sonder gebore en ontvang is en dan net so vir die duiwel gegee is, vir miljoene jare. God het nie verander nie, ek glo sy vereistes ook nie, ons as mense se denkwyse oor sy skepping het net vernader. Dit is dus logies dat daar ander vorme van reddig is behalwe net om Jesus te ken. As dit nie so is nie, dan het God ‘n fout gemaak met die skepping , wat ek nie glo nie. Dis ons as christene wat die skepping en ook die redding verkeerd verstaan. Daar is verseker nog paaie na God behalwe om te se Jesus alleen.

Laat 'n boodskap na Ponkie Schietekat Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui