Kuratorium: ‘Swygverbod’ ’n laaste loopgraaf

*******

Kuratorium: ‘Swygverbod’ ’n laaste loopgraaf | Netwerk24

Pieter De Jager, Reddersburg

13 Junie 2022

In ’n kommerwekkende resolusie uit ’n werkdokument van die algemene kuratorium van die NG Kerk (goedgekeur deur die algemene sinode in 2019), is ’n “afdwingbare beleid” gestuur na predikante en ampsdraers wat hulle “verbied om veralgemeende, nadelige en verdagmakende berigte oor teologiese opleiding te publiseer”.

Twee vrae roep om verheldering: Het ons nie hier te doen met die stem van die profete wat ’n sondepad van die kerk moet uitwys, maar stilgemaak word deur die hoogste vergadering van die kerk nie? Impliseer die resolusie nie ’n tughandeling waar verdere stappe dreig indien daarvan afgewyk word nie?

Die algemene sinode het geen reg om ’n soort swygverbod te bepaal terwyl hyself sy eie onsekerheid aan gemeentes openbaar oor duidelike afwysings van die Bybel oor selfdegeslagverbintenisse nie. Die kuratorium het dit verder eens dat gay studente ná legitimasie as predikante van die NG Kerk georden mag word.

Daar is reeds sodaniges.

Hoe ernstig is die kerk met tug? Dit mag lyk of die swygverbod ’n laaste loopgraaf is om ’n geblokkeerde kerk in haar profetiese gang te stop.

1 thought on “Kuratorium: ‘Swygverbod’ ’n laaste loopgraaf”

  1. Benoude katte maak benoude spronge. Die NGK se hoogdawerende Afrikaanse verduideliking van al die Bybel-afwykings (wat hulle probeer goedpraat) maak vir die gewone mens geen sin nie…ek by fundamentele BYBEL (SKRIF) met ’n Bereaanse benadering….wat sê die BYBEL

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui