Kerksondermure se standpunt oor selfdegeslagverhoudings

Kyk ook:

Wat is die Kerksondermure Gemeenteraad se besluit i.v.m. selfdegeslagverbintenisse?

  • Alle mense, ongeag hulle seksuele oriëntasie, is ingesluit in God se liefde en hulle word op grond van hulle geloof in Jesus as Here en Verlosser en hulle doop, as deel van Christus se Geloofsfamilie verwelkom.
  • Ons is oortuig dat die Skrif leer dat ’n Christelike huwelik die lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is.
  • Ons is verder oortuig dat God se wil vir seksualiteit is, dat dit slegs binne die raam/grense van die huwelik tot uitdrukking sal kom.
  • Om God se wil ten opsigte van enige aspek van jou lewe nie uit te leef nie, beskou ons as sonde. In navolging van Galasiërs 6:1-2 erken ons dat almal van ons dikwels sondig. Wanneer dit gebeur het ons die verantwoordelikheid om mekaar in sagmoedigheid reg te help en mekaar se laste (seer) te dra. So gee ons uitvoering aan Jesus se liefdesgebod.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui