Kerkgemeenskappe moet na eenheid streef

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Kerkgemeenskappe moet na eenheid streef | Netwerk24

Amie van Wyk

Rapport, 26 Maart 2023

Die kerk moet sy boodskap van vrede en geregtigheid uitdra, skryf Amie van Wyk.

Ek verwys na Tim du Plessis se onlangse rubriek oor die Gereformeerde Kerk “Klein kerk waarop ek eens trots was”.

Dit is duidelik dat hy die GK met alles wat konserwatief is verbind. En tog was die Gereformeerde gemeente Stellenbosch waarskynlik die eerste Afrikaanse kerk in SA wat teen 1975 aan vroue die vryheid verleen het om sonder ’n hoed ’n erediens by te woon.

Twee weke vantevore het Koos Kombuis ook in die Beeld se By ’n artikel geskryf waarin hy noem dat hy verbysterd is om te hoor dat ’n sinode van ’n kerk ’n taakspan kan aanwys om oor drie jaar met ’n voorstel te kom of deelname aan ’n video-opname van ’n erediens ’n ware deelname aan daardie diens kan wees.

“Die land is aan die brand en die kerk worstel met twak”, is sy woorde. Trouens, die irrelevante dinge waarmee kerke hulle dikwels besig hou, het Koos – soos Tim – laat afskeid neem van die kerk.

Dit alles herinner my aan ’n ervaring wat ek 60 jaar gelede in Suid-Rhodesië (vandag se Zimbabwe) gehad het. Ek het huisbesoek gedoen in die noorde van die land en ek en my vrou, Ria, eet ’n Saterdagaand saam met twee huisgesinne. Ná ete neem die gasheer die Bybel, die vroue staan almal op en elkeen gaan sit ’n hoed op. My vrou sit sonder hoed en die voorganger vra: “Mevrou, waar is jou hoed?”, waarop sy antwoord dat dit op die buurplaas is vir gebruik op Sondag.

“Gaan haal gou vir mevrou ’n hoed,” sê die voorganger, waarna een van die vroue opspring en met ’n hoed verskyn wat eintlik vir twee koppe bedoel is. Ek moet letterlik skuins sit om langs Ria in te pas! En dan nog probeer luister ook . . .

Hier is ’n tweede interessante verhaal wat in die 1970’s in die Boland plaasgevind het. Toe ek in 1973 in Stellenbosch as eerste Gereformeerde predikant (van die Gereformeerde gemeente!) bevestig word, doen ’n storie die ronde van twee NG Kerk-tannies wat met mekaar gesels en die een vir die ander sê: “Weet jy, Sannie, van al die sektes hier in die Boland, hou ek nog die meeste van die Doppers!”

Dit is natuurlik waar dat die GK hom gedurende die vorige eeu dikwels besig gehou het met sake van kleiner omvang soos die volgende: teen onbetaamlike kleredrag; teen dans; teen gemengde baaiery van mans en vroue; teen gesinsbeplanning; teen die advertering van vroue-onderklere in winkelvensters; teen vrouestemreg in die politiek; teen kaartspel; teen lotery en dobbelary; teen bonusobligasies; teen Sabbatsontheiliging; teen lykverbranding. Ander sake wat aandag ontvang het, was die volgende: teen kleurgemengde huwelike; teen die bewapening van enigeen wat nie wit is nie in die weermag en die saamwoon van ongetroudes.

Dit is belangrik dat kerke die belangrike onderskeiding wat Calvyn gemaak het in gedagte sal hou. Hy het onderskei tussen fundamentele en middelmatige sake en geoordeel dat ten opsigte van fundamentele sake, kerke eenheid moet handhaaf en in middelmatige sake vryheid van optrede aan die plaaslike gemeentes moet toelaat.

As kerke oor minder belangrike sake ’n stryd voer asof dit ’n fundamentele saak is, dan dreig daar onmiddellik ’n skeuring. En ’n kerkskeuring is een van die hartverskeurendste gebeurtenisse denkbaar. Waarom? Omdat die kerk die boodskap van versoening met Christus en met mekaar verkondig, en watter buitestander of ongelowige kan die evangelie van Christus glo as sy navolgers versoening verkondig, maar mekaar opponeer en verkleineer? Daarom moet kerkgemeenskappe veel meer na groter eenheid strewe, daardie eenheid waarvoor Christus so hartstogtelik gebid het (Joh. 17:21).

Ek dink Tim het in sy artikel ’n wesensbelangrike aspek vergeet. Hy verwys natuurlik na wat individuele “Doppers” teen apartheid gedoen het, maar laat na om te noem wat die bydrae van die kérk was – iets waarop ds. Cassie Aucamp tereg die aandag gevestig het.

Wat, sou mens kon vra, was die grootste probleem wat SA in die vorige eeu ervaar het? Was dit nie die bruin-swart-en-wit-verhoudinge nie? Was dit nie wit mense wat bruin en swart mense benadeel en ontmenslik het nie? Was dit nie nodig dat daar in die politiek ’n demokrasie in SA ontstaan en – veral – dat bruin, swart en wit kerke verenig nie, dít waarvoor Christus so vurig gebid het?

In hierdie verband het die GK ’n groot bydrae gelewer. Die wit en swart teologiese skole van die GK was die eerste van die Afrikaanse kerke wat in 1995 verenig het. Die wit, bruin en swart nasionale sinodes van die GK was verder ook die eerste van die Afrikaanse kerke wat in 1965 tydens die hoogbloei van apartheid in ’n algemene sinode vergader het en in watter verband prof. W.J. Snyman ’n deurslaggewende bydrae gelewer het – en waarby prof. Willie Jonker van die NGK, volgens sy outobiografie, dankbaar aansluiting gevind het. Die Algemene Sinode het bestaan uit tien wit, tien bruin en 2 x 10 swart afgevaardigdes. Die tien wit afgevaardigdes het dus ’n kwart van die Sinode uitgemaak. Veral Sinode Soutpansberg (Vendas) was egter nie heeltemal tevrede met hierdie vorm van eenheid nie en hierdie poging het in 1992 doodgeloop. Die eenheidspoging is egter hervat en vanaf 2009 vergader die Algemene Sinode van die GK gereeld, bestaande uit bruin, swart en wit afgevaardigdes – hoewel die bruin sinode reeds eerder ingeskakel het en een swart sinode (Vendas) en een swart klassis nie volledig ingeskakel het nie. Ek is nie bewus daarvan dat die ander twee klassieke Afrikaanse kerke al hierdie vorm van gemengde sinodale eenheid bereik het nie.

Laaste, maar nie die minste nie, verwys Tim darem na die Gereformeerde lidmaat FW de Klerk, wat “die land se politiek op sy kop gekeer het” op 2 Februarie 1990. In hierdie verband, so skryf De Klerk in sy outobiografie, het die beginsel van geregtigheid die deurslag gegee. Apartheid was ’n politiek van onreg, hoewel De Klerk ook die nuwe stelsel skerp gekritiseer het. ’n Tweede, dikwels vergete, bydrae van De Klerk was sy leiding om Suid-Afrika ’n kernwapenvrye land te maak met die ondertekening van die “kernvrye” verdrag in 1991. Dis ’n vreugde om in ’n kernbomvrye land te mag woon!

Die kerk van die Here leef in ’n onvoorstelbaar wanordelike wêreld waarin hy sy boodskap van vrede, versoening en geregtigheid moet uitdra. Daarby is geen kerk volmaak nie. Juis daarom moet kerke na groter eenheid streef en sover moontlik saamwerk en probeer om saam besluite te neem om sodoende die koninkryk van God te dien (Matt. 12:25). Nasionale en internasionale ekumene is onontbeerlik.

Kommentaar

xxx

2 thoughts on “Kerkgemeenskappe moet na eenheid streef”

  1. Met verwysing na “Kerkgemeenskappe moet na eenheid streef”. Mens vra die vraagl: na watter “eenheid” word hier na verwys?

    Vir ‘n mens wat die Bybel glo, het die woord “eenheid” ‘n betekenis in ‘n bepaalde konteks: die eenheid van ‘n wedergebore mens wie in onafskeidbare verbondenheid met Christus staan, voortvloeiend uit die werk van Christus Jesus se gestorte Smetlose Bloed aan die Kruis, Sy Opstanding uit die Graf, Sy Wedervaart na die Hemel en die werk van Sy Lewendmakende Gees vir ‘n dooie gees vanuit ‘n moeras van sonde, tot ‘n lewende gees (Openbaring 22:1-5) . En dan ook die letterlike verstaan daarvan, en nie die metaforiese en esotiese fabels wat menige valse teoloog en leraar kwytraak, en lidmate dan glo nie.

    Enkele jare gelede, het ‘n kosbare AGS-Tante haar aardse blyplek verruil vir haar hemelse woning. Sy het nou wel nie ‘n hoed gedra kerk toe nie – soos verwys na bogenoemde voorbeeld deur Amie Van Wyk – maar bedees en fatsoenlik geklee ten alle tye, en haar woorde het gevloei soos ‘n Rivierstroom uit die Hemel. Vanuit haar lewe kon mens 1 Kolossense 1:10-12 as ‘n waaragtige werklikheid beleef: “…sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig…”. By haar was die Teenwoordigheid van die Here soos wat mens selde beleef, en self kon ek net bely: ek is eintlik baie vér van die Here af, menslikerwys gemeet teenoor haar kennis en belewenis van Hom. Haar voorbeeld en woorde was soos balsem wat Christus se Krag en Lig en die Hart van Sy Vader gedra het.

    Die Bybel was haar mees belangrikste boek en haar kennis daaruit het merkwaardige diepte openbaar. Sy het baie, baie tyd in gebed spandeer; as’t ware in gesprek met die Here deurentyd, tot diep in die nag en in die vroeë oggenduur.

    Met verwysing na Amie Van Wyk se skrywe, het ek begin wonder die afgelope paar jaar: was die “geen hoede meer” nie maar ook ‘n “hek van ongeloof” – en ‘n groot “hek” daarby – as deel van baie “hekke van ongeloof in die Bybel” wat oopgemaak is, en bygedra het tot die LGBTQ-sfere en verskeie ander vreemde praktyke/dogmas/her-interpretasies wat kerke na binne genooi het nie?

    Verder het mens ook begin vra:
    1. Het die Reformasie ooit werklik ALLE “ongeloofshekke” toegemaak in die 16-17de eeu?
    2. Was daar nie dalk ‘n hekkie of twee, soos klein jakkalsies, wat nooit waarlik toegemaak was nie, en gesluimer het diep ondergronds, en die dryfkrag geword het vir kompromie op kompromie op kompromie mettertyd met soveel strominge van menslike denke, eerder as se God opdragte te gehoorsaam?
    3. Is moderne kerke leiers en ons as lidmate of “gelowiges”, nie maar net soos die “kaptein met Titanic-denke”, bedwelmd gelaat deur “moderne skeepseienaarsdenke” se koorsige vaart na roem en mag en selfbehoud, en God se woorde van waarskuwing word wegredeneer of ignoreer?

    Vir bykans 2000 jaar, het die kerk as “Bruid van Christus”, haar voorgehou dat Korintiërs 11:10 interpreteer moet word presies wat dit sê: “Daarom moet die vrou ‘n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.”

    Het die moderne kerk ‘n nuwe openbaring ontvang in die 1970’s? Is die moderne teoloë met meer insigte beklee as Paulus? Dit is interessant wat Ger de Koning spreek in sy kommentaar hieroor. En dit is tekenend van die moderne tyd: baie sê hul glo die woorde en bedoelinge van die boeke in die Bybel is deur die Gees van God inspireer, en só stroom dit dan ook uit die monde van menige streng fundamentalisties tot liberaal charismatiese persoon regoor die wêreld. Maar waarom is die kerke dan so kragteloos en hul woorde so min bedeeld met Krag en Lig van Christus uit die Hemel? Of is die Gees nie meer in hul teenwoordig nie?

    Ek moet ook byvoeg, sélf het mens baie dinge geglo, en dinge interpreteer en aan ánder voorgehou as die “korrekte interpretasie”, en ook baie liberale opinies gehuldig, maar oor tyd tot die oortuiging gekom, dat die Bybel nie ‘n boek is om ligtelik op te neem nie, ongeag die geweldige aanslag daarteen. Die probleem was (en is) ONS….en nie die Bybel nie…en die ironie is, die Bybel getuig juis daaroor.

    Ger de Koning Middelburg, Netherlands, Mei 2022 [ E-Sword (c) Copyright 2022 Author G. de Koning] skryf:
    “ 1Corinthians_11:10 – That “the woman ought to have [a symbol of] authority on her head”, is more often experienced as a burden than a privilege. The head covering is here called “[a symbol of] authority” because it is a sign of the authority to which she is submitted. Man is after all her head. Surely, God always looks at the heart first and what the thoughts of the heart are. For there it makes a difference whether a person does something only because ‘people’ say so, or he does it from a conscious obedience and love for Him. But God has also given us visible signs. By these signs angels are able to see whether a person does or does not consider the order that God has put in creation.
    The head covering at praying and prophesying is the visible proof that a woman by no means wants to take the place of man towards God or men. Here it is also written that it is “because of the angels”. That appears to be a strange reason for the head covering. Nevertheless it is rather significant that they are mentioned here.
    Angels are spectators. They were there when God made the foundations of the earth (Job_38:4). They observe the world and are very interested in how God deals with it. They saw man’s failings in the time which was written in the Old Testament. After that they saw the perfect life of the Lord Jesus: they were there when He was born, when He was tempted in the desert, when He was in agony in Gethsemane, when He rose from the grave and when He went back to heaven. You can read all this in the Gospels.
    The redemption work that the Lord Jesus fulfilled, He did not fulfill for angels, but for guilty people. Now the angels are observing if the believing woman above all, through whom sin came into the world, is considering the order God has ordained. Therefore it is not about something that is culture-bound. That is not what the angels are interested in. Their concern is the order of God’s creation, which remains to exist as long as this earth remains to exist. Believers have the privilege and the responsibility to put back the order of God, while the world takes, led by the devil, a course that is right against it.
    Angels are also called spectators with regard to the church (Eph_3:10). Now the question is asked if the woman ought to cover her head when the church gathers. After all she is not allowed to pray or prophesy out loud there, as we shall see in chapter 14. Nevertheless the woman is to cover her head when the church gathers, because she is a picture of the church (Eph_5:22-24).
    When the church gathers there are men and women. During the gathering they do things out loud together, such as singing and saying amen. By covering their head they send out the message to the angels that they are aware of their position as woman. It is an impressive testimony to the invisible and intelligent world when they see that believers act according to God’s order in a world that totally rejects this order”.

    Moslems en Hindoes en LGBTQ-sfere sukkel om christene te glo en met rede: christene volg nie eens die woorde wat hul geloofsvoorbeelde oor eeue heen geglo en gehoorsaam het nie. 1Korintiërs 11:10 byvoorbeeld, het soveel uiteenlopende interpretasies, soos een kommentator dan ook skrywe, “The passage has sorely perplexed the commentators”.

    Die gelowige antieke mens het die Ou Testament waarlik geglo, en die geslagte van ons voorouers het 1Korintiërs 11:10 waarlik geglo, en nie bedek met ‘n kulturele hoofbedekking nie. “Because of the angels….”, spreek duidelik dat mens hier te doene het met ‘n geestelike konteks wat direk verbind is met wesens wat in God se direkte teenwoordigheid staan en funksioneer vanuit Sy Soewereine Wil, Sy Onbeperkte Kennis en Insig en volgens Sy Ewige Raad en Voornemens. Hoe wérklik en akkuut beleef ons as mens God se Gees as waarlik teenwoordig op aarde en in die skepping en dat Hy absoluut ALLES sien en hoor en kennis dra van elke mens se doen en late en gedagte en voorneme en weet van elke nanopartikel in elke atoomstruktuur in die Skepping en reeds die einde van alle dinge ken? Hierdie woorde in 1Korintiërs 11:10 in die Skrif kan mos nie sommer net “wegverklaar” word nie, of watter “engel” het met ‘n teoloog in die 20ste kom praat hieroor?

    Ek vermoed die “Hollywood”/”TV-Engel Lig” het ‘n fatale gedagtestroom-aanslag begin loods en menige filosoof/denker wat die Bybel bevraagteken het oor eeue heen, soos amateurs laat vertoon. Die misleidende ideologie van die Rooms Katolieke Kerk kan ook nie ignoreer word nie: Christus word gereduseer tot die letterlike substansie van brood en wyn, en net soos die satan in Lukas 4 in gesprek met Christus in die woestyn, as vleeslike bedieninge aan Hom voorgehou. Hierdie praktyk dui op vleeslike insigte oor die betekenis van die elemente in die Ou Tabernakel.

    Netso, beheer die sintuiglike die hedendaagse mens, Die moderne mense se “oog” en “oor” drink en eet 5-gang maaltye van vleeslike beelde en klanke soos voorberei deur Top-TV-Rolprent-Sosiale Media Chefs, en die honger en dors daarna, is en bly onversadigbaar. Met watter “Beeld van Christus” voed hul hulle eie siele mee, in teenstelling daarteenoor? Christus het ernstig gewaarsku dat Sy dissipels hulle is wat Sy woorde glo en bewaar, en nie hulle wat woorde bewaar wat getuig teen Hom nie.

    Hebreërs 8:1-2 spreek duidelik waaroor die ware Brood (Liggaam van Christus) en Drank (Christus se Bloed) gaan, en dat dit God die Vader se Hartsbedoeling was om die mens met Hom te versoen deur Sy Heilige Gees aan die mens te bedien deur Sy Seun: “Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie…”. 

    Paulus se argument is gevoer vanuit ‘n omvattende kennis van die Ou Testament en Nuwe Testamentiese skrywes en getuienisse tot sy beskikking, en bekragtig met die geweldige Lig van Insig en Openbaring van Christus Jesus. Het hy dan nie self met soveel getuies en dissipels en apostels gepraat wat Christus se opstanding sélf beleef het, en Hom gesien en vreesloos oor Hom getuig het nie? En as ‘n mens deur Christus se geweldig Lig oorweldig was, en meer as een maal deur Hom aangevuur en gestuur was tot ‘n getuie vir Hom, is só ‘n mens se woorde tog geklee met Sy Gees se Lig en Krag tot Lewe.

    Die mens in die moderne tyd, ken nie die misleiding en uiteindelike verdriet van sy of haar eie trots en hoogmoed nie: menige een dínk hul behaag God, maar Sy Woord se Lig getuig teen alle woorde en bedoelinge wat téén Christus staan. Hyself word tog ook ook genoem: DIE WOORD VAN GOD (Openbaring 19:6-21; Johannes 1:1-3).

    Die gewigtigheid van die boek van Openbaring word geweldig onderskat en veral deur die hedendaagse kerk, en juis in die toepassing daarvan. God Self het die woorde gegee – Openbaring 1:1 “…wat God Hom gegee het…”. Die boek se bedoeling lê nie in “glo in woorde” nie, maar glo in die waaragtige bestaan en werklikheid van JESUS CHRISTUS se OPGESTANE VERHEERLIKTE LIGGAAM en Sy GEES en die Mag en Krag wat God die Vader Hom gegee het. Dit is allesbehalwe ‘n interessante apokriewe verhaal of ‘n ou koffietafel-verhaaltjie of ‘n so-nou-en-dan-net-weer-lees-om-gewete-te-salf-boek:
    1. Die hele Skepping is aan Hom onderworpe – Kol 1:19-20 “Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.”
    2. Elke materiële elektron en atoom en proton en nanopartikel in die ganse Skepping, sienlik en onsienlik, en elke geestelike toestand, van watter aard ookal al,en vanwaar ookal, buig voor Hom. Sy Mag en Krag is Onmeetbaar Groot.
    3. Die “woorde” in Openbaring funksioneer as voertuig waarmee God se Gees praat met die mens vanuit God die Vader se Hart, en is ‘n boek wat saamloop van Genesis tot Openbaring. Is die Openbaring dan nie oor Jesus Christus Self nie, soos na verwys in Openbaring 19:10 “…die getuienis van Jesus is die gees van die profesie…”?. En die duiwel het geen blyplek in God se Hart nie, want Openbaring 22:15 getuig: “ Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.”

    Die duiwel is ‘n leuenaar en dief en moordenaar. En die wat hulself nie bekeer nie, gaan saam hom en al sy trawante hel toe. Die “hel” bestaan werklik, en is geen tydelike vagevuur om die mens te “reinig” nie, of is nie beperk tot ‘n metaforiese betekenis nie, of is nie tekenend van ‘n sielkundige toestand nie. Christus Self het gespreek oor die bestaan en geweldige verskrikking van die hel, en het mense telkemale baie ernstig gewaarsku, tog maak menige leraar en mens Christus en die Heilige Gees nog steeds tot leuenaar.

    God is nie net LIEFDE nie. Hy is ook REGTER. Want Hy is HEILIG.

    1. Dis duidelik dat dit oor mag gaan. Die eenheidspraters wil hulle organisasies groter maak, want dit gee vir hulle sekuriteit en ‘n magsgevoel plus meer kanse vir loopbane.
      ‘n groot eengesinde organisasie lyk ook meer oortuigend (ook praat hulle leuens).

      Indien hulle na ‘meer waarheid’ sou streef, sou die ‘eenheidsvraag’ nie eers opkom nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui