Herman Lategan: Gay mense moet ophou witvoetjie soek by NGK se hardvogtiges

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Herman Lategan: Gay mense moet ophou witvoetjie soek by NGK se hardvogtiges | Netwerk24

Herman Lategan

Sondag, 2 Oktober 2022

Stockholmsindroom s.nw. Verskynsel dat iemand wat as gyselaar aangehou word mettertyd tydens sodanige verbod positiewe gevoelens begin koester teenoor die persone wat dit gedoen het. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hoofredakteur: W.F. Botha.

Net soos ’n mens dink die lewe is goed en mooi kom die NG Kerk weer met hul eentonige getjommel oor gay mense. Onlangs is dit iets oor die huweliksformulier.

Hul beheptheid met queers grens nou aan ’n chroniese seksuele fetisj wat grillerig is. Die land is honger vir geestelike berading omdat ons in ’n plek vol trauma uit die verlede woon.

Hierdie onopgeloste pyn manifesteer vandag in allerlei krisisse wat ons vooruitgang en versoening kniehalter. Tog ploeter hulle voort en gorrel oor onbenullighede wat hulle cherry pick uit die Bybel om hul eie kleinhartige diskriminasie te regverdig.

Hulle ignoreer die reëls in hul boek soos: Moenie rente vir ’n lening vra nie, ’n lap dra wat van twee verskillende vesels gemaak is nie, bome met klatergoud versier nie, ná ’n egskeiding weer trou nie (lol) en vroue moet óf hul hare bedek óf dit kort sny. As J.K. Rowling gekanselleer kan word, moet ’n boek wat slawerny promulgeer seker ook asblik toe.

Ek hoor ’n geween van angsbevange gemeentes wat doleer, soos honde wat vir hul eie skaduwee tjank. Die vraag is egter, wat maak gay mense daar.

Hoekom witvoetjie soek by hardvogtiges wat julle nie wil hê nie? Skoert! Die huis van die NG Kerk se Here het nie vele wonings nie, veral nie vir dié buite die soet, selfvoldane binnekring nie. Dit is ’n muwwe, bedompige mausoleum.

Los uit, beweeg aan, styg uit bo die vernedering van liefde soek waar dit nie is nie. Dit is pure Stockholmsindroom om jou geestelike gyselaars en emosionele tronkbewaarders te respekteer in só ’n mate dat jy wil hê hulle moet jou trou.

Jy gaan nie opregte toegeneentheid kry nie. Terloops, wat is dit met die behoefte om in ’n kerk te trou, of enigsins te trou? Diegene wat dan nou so danig oor die saak is, kan mos ’n burgerlike verbintenis sluit.

Is die trouery sodat sekere heteroseksuele mense julle meer aanvaarbaar sal vind en julle daarom van jul innerlike selfhaat en skaamte ontslae kan raak? Hoekom moet julle heteroseksuele mense na-aap?

Ek weier volstrek om na ’n gay troue te gaan, wat nog te sê in ’n kerk. Dit is pateties om derduisende rande aan ’n troukoek, duur kos en ’n orkes te bestee. Skenk liewer die geld aan ’n kinderhuis. Verder is daar die lagwekkende rituele soos trouringe, soentjies en die gepaardgaande traantjies.

Het gay mense nou heeltemal hul edge verloor en die titsel agency as buitestaanders wat hulle gehad het vir ’n bord lensiesop gaan verkoop? Daar is selfs queens wat nogal die orrel in daardie kerk gaan speel en dan lekker saamsing asof alles sommer fynpikkewyn is.

Is julle gek? Bly weg. Julle het meer eiewaarde as om bakhand voor die NG Kerk se poorte van die hel vir liefde te gaan bedel.

Kommentaar

Daniel Louw

Herman wil ’n klomp van die Ou Testamentiese wette vergelyk met die verbod op homoseks in die Bybel. Die vraag is: waar trek ’n mens die streep? As mens so ver wil gaan om homoseksualiteit as ’n “kulturele sonde” te sien, wat van seks voor die huwelik, egbreek, kwaadpraat, steel, moor?

As Herman glo dat die Bybel asblik toe moet gaan, dan wys dit in elkgeval wat sy geloofsoortuiging is en dan sit Herman met die probleem dat moraliteit nie absoluut is nie. Dan beteken dit dat moord vir een persoon verkeerd kan wees, maar vir ’n ander persoon nie.

‘n Mens kan wel met Herman saamstem oor een ding: hoekom is dit vir die homoseksueles belangrik om aanvaarding te kry in die NG Kerk? Hoekom nie net die kerk verlaat nie?

1 thought on “Herman Lategan: Gay mense moet ophou witvoetjie soek by NGK se hardvogtiges”

  1. LAAT ONS CAPS OP SIT !!!!!! WAAR IS DIE FLIPPEN SLAPGAT NGK DS. EN PASTORE !!!! HULLE LIEG BIG TIME EN COMPROMISE ERG ERG ERG !!!!! HIER is die waarheid …. lees dit , ek het dit in Engels geskryf , hoop dit deurboor jou (ngk) VROT
    brein selle ::
    There are no such things like same sex marriage
    The ceremony defiles the true meaning of a real marriage
    They celebrate an demonic lifestyle prepared by satan
    It is an offence to heaven and the Throne of God
    Its not an wedding , its their own false will
    This wedding is an deceitful and abomination pit
    It carries the weight of destructive sin
    They themselves withdrew from God’s principals and commandments
    They have accepted to be under the bondage of satan’s lust demons.
    ===========================

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui