Isak se heenwysing na Christus

Genesis 22:1-19 beskryf hoe God vir Abraham beveel om sy seun, Isak, te offer.

Hierdie gedeelte wys op die volgende maniere heen na Christus:

Enigste seun

  • Isak was Abraham se enigste seun.
  • Jesus is God se enigste seun.

Moria

In vers 2 sê God dat Abraham vir Isak moet gaan offer in die landstreek Moria.

In 2 Kronieke 3 word gesê:

(1)Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriaberg waar die Here aan Dawid, sy pa, verskyn het, op die plek wat Dawid laat regmaak het, waar die dorsvloer van Arauna die Jebusiet was.

Dus moes dit naby gewees het aan die plek waar Jesus gekruisig is.

Isak dra hout

  • Isak moes self die hout vir die offer dra.
  • Jesus het self sy hout kruis gedra.

Drie dae

  • Abraham en Isak het drie dae na Moria gereis (Gen 22:4).
  • Jesus was drie dae in die graf.

Plaasvervanger

  • God voorsien ‘n plaasvervanger (skaapram) vir Isak (Gen 22:13).
  • Jesus (die lam) is ons plaasvervanger.

Opstanding uit die dood

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui