GKSA stel ultimatum aan gemeentes met vroue in die amp

Tydens die onlangse algemene kerkvergadering van die GKSA (Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika) op 5 tot 10 Januarie 2026 is besluit dat gemeentes wat tans vroue in die amp het, een jaar gegee sal word om dit reg te stel. Indien dit nie reggestel word nie, dan moet daardie gemeentes hulleself losmaak van die kerkband.

Verder is ook besluit om die verhouding met die NG Kerk af te skaal weens hierdie twee denominasies se verskille rondom homoseksualiteit en VIDA (vrou in die amp).

2 thoughts on “GKSA stel ultimatum aan gemeentes met vroue in die amp”

  1. Gemeentes wat steeds ná ‘n jaar volhou om vroue in die amp te hou of hulle te bevestig, moet hulleself losmaak van die kerkverband. En as hulle eenvoudig verkies om voort te gaan? Daarop moet ‘n klaarblyklike besluitelose sinode nog besin. Die NG Kerk ken darem ‘n formulier van afsnyding in lyn met die Matt. 18-tugweg.

  2. Sjoe, maar Pieter de Jager is verward! Die GKSA sinode was juis baie duidelik oor wat met sulke gemeentes of sinodes gaan gebeur. “…klaarblyklike besluitelose sinode…”? Die een keer as die sinode doen, dan is hulle besluitloos? Die NG Kerk ken Mat 18 en die sleutels van die koninkryk?? Wow! Dit maak dit juis erger, want hulle gebruik dit om Skrifgetroue broeders mee weg te jaag (bv. sage rondom Ferdie Mulder).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui