Diskriminasie teen Christen beraders

Omskakelingsterapie of bekeringsterapie (Engels=conversion therapy) is die behandeling van homoseksuele of transgender persone om heteroseksueel te word.

Die feit dat daar soveel homoseksuele mense is wat wel omgekeer is, word geïgnoreer en selfs stil gemaak. Kyk byvoorbeeld:

Dit is omdat daar wêreldwyd ’n gay agenda is wat gedryf word (kyk The Overhauling of Straight America). Hier is ’n paar voorbeelde:

Julea Ward

Julea Ward was ’n sielkundestudent by Eastern Michigan University. Tydens haar meestersgraad moes sy ’n homoseksuele paartjie behandel wat behels het dat sy hulle homoseksualiteit moes bevestig. Omdat dit teen haar geloof was het sy die paartjie na iemand anders verwys. Sy het gedink die probleem is opgelos, maar sy is daaroor uit die meestersprogram geskop. Kyk:

Lesley Pilkington

Lesley Pilkington, ’n berader, is in 2010 in die geheim deur ’n joernalis wat onder die dekmantel was, tydens ’n beradingsessie opgeneem. Die joernalis was ’n homoseksuele man wat haar mislei het om te glo dat hy berading wou hê vir ongewenste aangetrokkenheid tot dieselfde geslag. Pilkington het bevestig dat sy graag met hom sou wou ontmoet, maar slegs binne ’n Christelike beradingsverband, en hy het ingestem. Die joernalis het haar later by haar professionele liggaam, die British Association for Counselling and Psychotherapy, aangekla en in 2012 het hulle haar lidmaatskap geskrap. Sy is die eerste terapeut wat geskrap is omdat sy omkeringsterapie op ’n gay toegepas het. Kyk:

********

Hierdie gevalle is die rede vir die stigting van organisasies soos Voice of the Voiceless Advocacy (deur André Bekker).

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui