Christina Landman: Sal die kerk ons gelukkig kan maak in 2023

Kyk KOMMENTAAR onderaan.

*******

Christina Landman: Sal die kerk ons gelukkig kan maak in 2023? | Netwerk24

Christina Landman

18 Januarie 2023

“Dominee, het Attie toe uit die kerkraad bedank?”

“Ja, antie Dorie.”

“Waaroor dan, Dominee?”

“Daar is dinge waaroor hy ongelukkig is, antie Dorie.”

“ ’n Mens gaan nie kerk toe om geluk te vind nie; ’n mens gaan kerk toe om na die Woord van die Here te luister,” sê antie Dorie.

“Net so, antie Dorie.”

Dié gesprek laat jou dink. Ek vra toe ’n paar hoës in verskillende kerke dié vraag: Is dit die kerk se werk om sy lidmate gelukkig te maak?

Die antwoorde is ’n bietjie dualisties. Aan die een kant . . . aan die ander kant.

Aan die een kant is dit die kerk se werk om die Woord te verkondig. En ook om ’n ruimte te skep waar broers en susters in die Here bymekaar kan wees. Aan die ander kant wil ’n mens tog darem hê dat dit lekker in die kerk sal wees.

Aan die een kant moet die kerk mense sê wat is reg en wat is verkeerd. Aan die ander kant, as jy heeltyd in die kerk hoor hoe sleg jy is of almal in die kerk baklei met mekaar . . . dan loop mense weg na ’n gelukkig-kerk.

Wat is ’n gelukkig-kerk? ’n Kerk waar mense hande klap en troos-versies uit die Bybel sing? Of kan dit aan die ander kant ’n kerk wees wat albei doen: reg leer en regtig gelukkig wees? Dit hoef nie die een of die ander te wees nie.

Ons het onder duisende kerkgangers navorsing gedoen oor wat hulle in die kerk gelukkig maak. “Praise and worship” is wat hulle die gelukkigste maak. Die preek kom vierde of vyfde.

En terwyl sang mense die gelukkigste maak, maak baklei en agteraf geskinder hulle die ongelukkigste.

Dan vra ek ’n volgende vraag aan die hoës. Hoe gaan die kerk mense in 2023 gelukkig maak?

Daar is twee soorte antwoorde. Die een sê: Laat die gemeente meer deelneem met sang, ensovoorts. Die dominee/pastoor moet eenvoudig praat. Hy moenie oor mense se probleme praat nie. Hy moet praat oor dinge waaroor mense kan sing (en dans). Hy moet mense in ’n ander wêreld van geluk inpraat.

Die ander antwoorde sê die dominee/pastoor moenie die mense probeer gelukkig maak met ’n vlak teologie nie. Die kerk moet ’n teologie hê wat sy mense sterk maak teen die onheil daarbuite – teen haat, sluipmoorde, korrupsie, kruipende armoede en ’n gebrek aan elektrisiteit en water. So ’n Teologie van Sterkwees steun op mense in die Bybel wat oorleef het – op grond van hul geloof.

Maar die kerk kan nie net “geluk” na binne indra nie. Die kerk moet ook niekerkmense gelukkig maak. Met konkrete hoop en aktiewe liefde teenoor hulle.

Vir my maak die kerk mense gelukkig wanneer hulle vrede uit ’n Bybelse boodskap ervaar. En wanneer hulle meer helderheid kry oor die doel van hul lewe. En dat hulle die sin van hul lewe beter sal insien. En dat dit hulle gelukkig sal maak.

En hoe kan ’n mens nou die ouderling wat ongelukkig is met die kerk, gelukkig maak? Hou aan om hom as ’n welkome lidmaat te behandel. Meer as dit kan jy nie doen nie.

Die Here se werk is nie my werk nie, sou antie Dorie sê.

* Landman is ’n professor in teologie verbonde aan Unisa. Die mening van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

Kommentaar

Daniel Louw

‘n Mens sou kon redeneer dat ‘n mens aan ‘n kerk/gemeente behoort, nie om gedien te word nie, maar om te dien. Tog is Christina in ‘n groot mate reg. Dit mag wees dat ‘n predikant teologies uitstekend preek, maar as ‘n mens Sondag vir Sondag sukkel om na die preek te luister, dan is dit ook nie geestelik opbouend nie.

Christina sê: “Vir my maak die kerk mense gelukkig wanneer hulle vrede uit ’n Bybelse boodskap ervaar.”

Ook dit is korrek, afhangende watter vrede ‘n mens van praat. Kyk Vrede.

6 thoughts on “Christina Landman: Sal die kerk ons gelukkig kan maak in 2023”

  1. Kommentaar: Gedeelte waarheid en gedeelte fiksie
    Annalize: Lidmaat van NG Kerk Welgemoed
    Annie: Lidmaat AGS Bellville
    Annalize word deur Annie uitgenooi om haar doopplegtigheid by te woon .
    Annie vra haar ouers se toestemming.
    Ouers is eers daarteen….hulle ken nie kerk nie weet net dat hulle
    handeklap (happy clappies) as hulle sing en wieg op maat van die musiek. (steurend)

    Annie se ondervinding: Wou weet hoekom sy nie gedoop is toe sy ‘n baba was nie of het haar ouers vergeet. Babas verstaan nog nie en is dit nie Bybels nie.
    Ons is hier om dissipels van alle nasies te maak en hulle te doop anders gaan die Here ons straf.
    Nietemin
    Tuis na diens…..Pa en Ma wil weet hoe dit gegegaan het en hoekom is daar trane in haar oe
    Ons het lekker lietjies gesing en die Here geloof en prys.
    My hande het in die lug opgegaan, uit my mond het vreemde woorde gekom….Annie het gesê sy sal my later veduidelik.
    PA EN MA EK WIL OOK GEDOOP WORD.

    2de episode volg…..onderhoud met Ds. Nelis Janse van Rensburg.

  2. Opvolg 2
    Annalize – Pa
    Ja my kind ek en jou Ma het nie veel beswaar dat jy gedoop word nie aangesien jy dan nou so sterk daaroor voel.
    Ek sal n afspraak met Ds. Nelis Janse van Rensburg reel.
    Afspraak:
    Ds. Nelis was baie vriendelik met n sterk standpunt….Lidmaat mag nie weer gedoop word nie. (Lidmaatskap kan beeindig Lid maak hom skuldig aan Summiere Ontslag)
    Kan nie lidmaat van die N.G. Kerk word as jy 2x gedoop is nie.( Baba doop?????? )
    Annalize het baie sterk gevoel om gedoop te word en besluit sy nog of sy na AGS Kerk toe sal gaan. Ek Wessel du Toit is vriende met Annalize en het besluit om haar te help om so bietjie navorsing te doen oor die doop in die Bybel .

    Wessel du Toit.
    Ek wil graag 4 gedeeltes in die Bybel aan u voorle.
    Ek isseker dat ek nie die eerste persoon is wat met u wil gesels oor die doop in die Bybel nie….so asb. ek vra dat u geduldig sal wees. Ek worstel nou al 30 jaar met die doop gedagte in my kop….Wil nou vereens en vir altyd uitklaring kry oor die aangeleentheid

    1. Gedeelte 2.

      Die vraag is aan Petrus gestel: “Wat moet ons doen?” Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
      Ek wil graag weet hoekom daar toe in die naam van Jesus Christus gedoop is en nie in die naam van die Vader en in die naam van die Seun en van die Heilige Gees nie. Het dit nou dalk iets met die kruisiging te doen? So Jesus het die opdrag gegee en ook om die nuwe disspels te leer om alles te onderhou wat Jesus hulle beveel het. Op die stadium blyk dit dat die babadoop nog nie ingestel was nie. Sal seker later daarby kom.

  3. Mattheus 28:
    Daar is dan wel mense wat deur die doop na ander kerke gaan behalwe nou die sang (liedjies)
    Die predikers preek gewoonlik net tot voor die doop en dan eindig hulle preek gewoonlik daar.
    Doop opdrag van Jesus en nie versoek nie
    As die versoek nagekom word. te leer en onderhou als wat Jesus beveel het wag daar n beloning.
    Ek sal met julle wees tot aan die voleinding van die wereld.
    Prof. Christina Landman:
    Ek sal graag wil he dat u my leiding sal gee waar u dink my denkwyse is verkeerd.
    Onder geen verpligting nie.

  4. Gedeelte 3……..
    Ek skryf die gedeeltes soos ek dit onthou en nie met die Bybel langs my nie sodat indien ek die heeltyd verkeerd was dit nou aan my uitgewys kan word.
    Prof Stephan Joubert het by geleentheid op ‘n radio program gesê dat Paulus nie ‘n voorstaander van die doop was nie (verwys na 1 Korintiers).
    Ekskuus, maar watter belaglike vergelyking.
    Prof. as jy nog nie Paulus se gesindheid oor die doop raak geloop het nie dan is dit vir my ‘n groot plesier om u te verwys na Handelinge 19. Ek wonder maar net wat Paulus se reaksie sou gewees het as die dissipels se antwoord was dat hulle gedoop is toe hulle babatjies was (LOL). Gaan nou nie verder hierop ingaan nie, want baie kan nog gesê word oor die handoplegging en die Heilige Gees en Nelis Janse van Rensburg kan ook baie leer uit die gedeelte…. Nou hoe sal ons nou sê van die valse lering is dit nou nie n valse leraar nie.
    Wat ek wil weet is hoekom die mense en volgens Petrus na sekere tyd in die naam in die naam van Jesus Christus gedoop is.

  5. Gedeelte 4

    Filippus en Etiopier
    Fillippus het bemerk dat die Etiopier uit Jesaja gelees het maar dat hy niks verstaan het nie omdat niemand dit vir hom verduidelik het nie.Filippus se opdrag was om die Evangelie aan hom te verkondig wat hy dan ook gedoen het en is dit duidelik dat die doop ingesluit was( hoe sou hy daarvan geweet het as Fillippus hom nie vertel het nie.(DOOP IS DEEL VAN DIE EVANGELIE)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui