Deuteronomium 6:4 (God is een)

Deuteronomium 6:4

(4)“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here.

Hierdie vers word algemeen gebruik om te argumenteer téén die Drie-eenheid.

Die King James (Strong konkordansie) sê dit soos volg:

(4)Hear[H8085][H8798], O Israel[H3478]: The LORD[H3068] our God[H430] is one[H259] LORD[H3068].

[H259] = echâd, wat “eenheid” of “enkelvoud” beteken.

Let daarop dat echâd ook in Genesis 2:24 gebruik word (kyk ook Strong se konkordansie):

(24)Therefore shall a man leave his father and his mother, and shall cleave unto his wife: and they shall be one[H259] flesh.

Soos hierdie “een” kan verwys na verskillende persone wat in eenheid met mekaar staan, kan ‘n mens ook redeneer dat die “een” in Deuteronomium 6:4 dieselfde betekenis kan hê.

Daar is ‘n Hebreeuse woord, yachid[H3173], wat absolute enkelvoud  beteken, maar dit word nooit in die Hebreeuse Geskrifte gebruik in verwysing na God nie.

Jesus verwys na Deuteronomium 6:4 in Markus 12: (29)Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here.

Let daarop dat dit ‘n antwoord is op ‘n skrifgeleerde se vraag: “Wat is die heel grootste gebod?” Dit is vanselfsprekend dat dit verwys na monoteïsme wat teenoor politeïsme staan.

Kyk ook

1 thought on “Deuteronomium 6:4 (God is een)”

  1. Genesis 1:26 is duidelik meervoud: En God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld….”
    Duidelik dui die hoofletter in Ons na God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui