Kyk ook:
- EFF ontvang NG Kerk ‘hartlik’ en praat oor landsake (19 Jan 2018)
- Kerkleiers praat met presidensie oor nasionale dialoog, korrupsie (14 Apr 2025)
- RSG: NG Kerk deel van afvaardiging wat met Cyril gesels (16 Apr 2025)
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Gaan sulke gesprekke enigsins verskil maak? | Netwerk24
Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes
22 April 2025
Die berig oor kerkleiers wat met die presidensie vergader het (14.04), het betrekking. Gaan dit enige verskil maak? Dit lyk nie of enige vorige gesprekke en beroepe op die regering enige positiewe gevolge gehad het nie.
’n Mens wonder of hulle die krisis in Israel bespreek het. Voorheen het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) mos die regering ondersteun toe hy Israel na die Wêreldhof gesleep het oor beweerde misdade teen die mensdom. Is die verminking en moord van Hamas se aanval op Israel en die hantering van gyselaars nie ook ’n sonde teen die mensdom en teen internasionale reg wat ook deur ons regering uitgelig moet word nie?
Kan enigiets positiefs verwag word van kerkleiers wat die staat aanspreek en probeer reghelp?
Kommentaar
xxx