LGBTIH-mense mag nou preek in VGK

*******

LGBTIH-mense mag nou preek in VGK | Netwerk24

Cheréne Pienaar

1 November 2018

Die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) se suidelike sinode verwelkom nou LGBTIH-mense (lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseksuele en homoseksuele mense) om op die preekstoel te staan, en om in die kerk te trou.

Ds. Vuyisile Makhaya, aktuarius van die sinode, sê die besluit is verlede Donderdag ná ’n emosionele en intellektuele debat op grond van ’n verwysing van die algemene sinode van die VGK geneem.

Die sinode, wat die suidelike streek van Mpumalanga, Johannesburg en Noordwes verteenwoordig, het lank die geskiedenis van homoseksualiteit bespreek, sonder om oor trou en ordinansie te besluit.

In 2005 het die kerk besluit dat die enigste voorwaarde vir lidmaatskap is dat mense in Christus moet glo, en dat dit LGBTIH-mense insluit.

“As hulle as lede gesien word, moet hulle die volle regte van lidmaatskap geniet,” lui die verklaring.

“Aangesien lede met die Bybel moes wroeg, was dit nie ’n maklike besluit nie.”

Die sinode het volgens Makhaya tot die gevolgtrekking gekom dat die Bybel en geloof ’n geheimenis van God is, want God is “kenbaar maar onverstaanbaar”.

Die tema van die sinode, “Verenig in liefde, medelye en nederigheid” het lede laat besef dat “uitsluiting ’n sonde is”.

Die sinode het voorts ook kapsie gemaak teen die klassifikasie van poligamie as “heidens”.

Poligamiste wat van die heidendom bekeer is, kan nie in ’n amptelike kapasiteit in die kerk dien nie, maar hulle word daar toegelaat.

“Ons keer nie poligamie goed nie, maar poligamiste word in die kerk toegelaat al kan hulle steeds nie in die raad dien nie,” het Makhaya gesê.

Makhaya sê die VGK se suidelike sinode glo nie in etikettering nie.

“Ons hanteer mense met die liefde van God.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui