Hy erken dan gay wees is sonde

Kyk ook:

Die volgende artikel het in Beeld verskyn.

****************

Hy erken dan gay wees is sonde

7 Jun 2007 05:42:03:473PM

’n Brief en ’n berig in Beeld van gister verwys. Eerstens braak Willie van Pretoria in sy brief gal oor die geveinsdes.

Dave Venter, Dalpark

’n Brief en ’n berig in Beeld van gister verwys. Eerstens braak Willie van Pretoria in sy brief gal oor die geveinsdes.

As Jesus se vergifnis vir hom genoeg is, erken hy mos dat om “gay” te wees, sonde is.

Waarvoor wil hy dan vergifnis hê?

Jesus het ook gesê: “Gaan en sondig nie meer” (Joh. 8:11). Dit is die voorwaarde vir vergifnis: draai jou rug op die verkeerde.

Die berig was op bl. 6 met die opskrif Gays: Moderators moet middeweg soek. Is dit die klok in die laaste ronde wat lui vir die NG Kerk as God self sê: Was jy maar warm of koud maar nou is jy lou (middeweg), daarom spuug ek jou uit! (Op. 3:15-16).

Kom ons begin om dít te doen wat van ons verwag word – om diensknegte te wees, want Jesus staan by die deur (Kerkdeur) en klop om in te kom (Op. 3:20) terwyl ons “beraadslaag” of ons teen Sy Woord moet gaan of nie en terwyl ’n taakspan aangestel word om te ondersoek of die duiwel ’n werklikheid is, lag die duiwel hom ’n papie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui