Manteldraaiery

‘n Manteldraaier is iemand wat hom op beginsellose wyse na omstandighede skik. So ’n persoon sal verskillende, soms teenstrydige, dinge sê in verskillende omstandighede. Hy doen dit om homself te beskerm teen die mense tussen wie hy homself op ’n bepaalde tydstip bevind. Of hy doen dit om die mense tussen wie hy homself op daardie oomblik bevind te beïndruk.

Hierdie verskynsel kry ’n mens dikwels by liberale teoloë.

Kyk wat sê prof Sybrand Strauss en Ferdie Mulder oor Ferdinand Deist en Rudolf Bultmann:

Sybrand: By Deist is dit so dat hy aan die een kant pietisties is … en dat hy aan die anderkant baie wetenskaplik is. Die twee goed kom nooit [in prof Deist se uitlewe daarvan] bymekaar nie. My student (Brand Doubell) se titel van sy M-studie was “Tussen kansel en kateder”. As Deist agter die kansel staan preek hy vreeslik mooi. As hy egter agter die kateder in die klaskamer staan, dan wil hy niks weet van dat die Bybel die woord van God is nie. Dan word die Bybel maar sommer soos enige ander boek bespreek en behandel.

Ferdie: Dit is presies wat ek ook in Rudolf Bultman gekry het. Hy het met sy historiese kritiek die Bybel vernietig en dan het hy op ‘n eksistensiële, emosionele vlak gesê: “Ek glo in Liewe Jesus”. En dit is wat jy ook by Ferdinand Deist gekry het. Hy het dit toe kom verkoop in Suid-Afrika.

Nog so ’n voorbeeld is Julian Müller. Hy is bekend daarvoor dat hy Jesus se liggaamlike opstanding en die bestaan van die duiwel ontken het. Toe hy egter daarmee gekonfronteer is, het hy homself bloot beroep op sy legitimasie-eed. In ’n predikant se legitimasie-eed verklaar hy egter dat hy die belydenisskrifte onderskryf, wat duidelik is daaroor dat Jesus liggaamlik opgestaan het en dat die duiwel bestaan.

Kyk ook Predikante in die kas.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui