Godslasterlikhede op Jean Oosthuizen se Kletskerk

Kyk ook:

Die volgende hieronder is ’n uittreksel van ’n gesprek op Jean Oosthuizen se webblad Kletskerk, op die draad Gekke en dwase …….. in 2006. Op daardie stadium was Jean die nuusredakteur van die NG Kerk se koerantjie, Kerkbode. Dit is ’n skande dat Jean hierdie tipe godslasterlike gesprekke toelaat op sy webblad en nog meer skandelik dat hy nie daaroor standpunt inneem nie.

“Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam …”

(Markus 8:38)

************

Stefan:

Jean vra:

Alles maar net ’n poep in ’n bottel of wat.

Nuwe voorgestelde naam vir die Heilige Gees: die Poep in die Bottel. (Hoofletters om my respekte te betoon. Danksy my uiterste godvresendgeit.)

By nadenke: dalk is Poep innie Wind beter. Pas by Kinners vannie Wind. In teenstelling met Philip en Emeth se Kinnertjies vannie Éwigheid. (:? Ruik mens dit dan vir altyd en altyd?)

Naomi:

Stefan se opmerking:

“Nuwe voorgestelde naam vir die Heilige Gees: die Poep in die Bottel. (Hoofletters om my respekte te betoon. Danksy my uiterste godvresendgeit.)”

Ek vind dit persoonlik as die laagste, gemeenste, mees laakbare, mees krenkende opmerking wat ek NOG op hierdie webblad gelees het.

Mag God jou vergewe daarvoor– ek vind dit baie moeilik.

Stefan:

Naomi skrywe, baie verbolge:

“Ek vind dit persoonlik as die laagste, gemeenste, mees laakbare, mees krenkende opmerking wat ek NOG op hierdie webblad gelees het. Mag God jou vergewe daarvoor– ek vind dit baie moeilik.”

Toemaar, Naomi. Van dit wat ek van die Heilige Poep kon wysword uit die dik swart kommiek sal hy dit goed ge-handle kry. Moenie te veel worrie nie. Smaak my die HP se selfbeeld is uitstekend.

Jean:

Stefan skryf:

Naomi skrywe, baie verbolge:

Ek vind dit persoonlik as die laagste, gemeenste, mees laakbare, mees krenkende opmerking wat ek NOG op hierdie webblad gelees het. Mag God jou vergewe daarvoor– ek vind dit baie moeilik.

Toemaar, Naomi. Van dit wat ek van die Heilige Poep kon wysword uit die dik swart kommiek sal hy dit goed ge-handle kry. Moenie te veel worrie nie. Smaak my die HP se selfbeeld is uitstekend.”

Ek wil nou nie te betrokke raak by die debat nie. Ek het geweet wat Stefan gesê het sal vir baie mense hier aanstoot gee en reaksie uitlok.

Ek wonder net of ons nie soms oorreageer oor goed wat gesê word nie. Sal God hom regtig kwel oor sulke nietighede. Ek weet daar is genoeg Bybelversies om my mee te looi vir die wat wil.

Ek vra bloot die vraag. Ook na aanleding van ’n artikel van Theo Geyser op Litnet wat ek baie geniet het.

Hy skryf onder meer:

Die wetenskap van suksesvolle uitsaai is vrees. Ons word in kennis gestel van linksgevreesde sameswerings wat die gesin (soos die Dobson-alliansie goed doen) gaan vernietig. Dan moet ons weer veg teen die gevare van homoseksuele of sekulariteit of godslastering (so asof God regtig minder word deurdat iemand laster) en kry dan belasting-aftrekbare donasies (of “geloofsmosterdsaad” wat oornag ontkiem in ’n kar of groter bediening in Viagra-lingo omdat die regering van Bush die regse spreekbuis nodig het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui