Verdere reaksies op homoseksualiteit-inligtingseminaar by NG Doornkloof

Kyk ook:

Die homoseksualiteit-inligtingseminaar wat by NG Doornkloof op 21 April 2012 gehou is, het gelei tot ’n Beeld-artikel vooraf, wat op sy beurt gelei het tot ’n plasing deur Kerkbode op facebook/kerkbode:

Bostaande met sy kommentare (buiten vir enkele ontoepaslikes) is gekopieer en hieronder geplaas.

Ongelukkig het die plasing gelei tot ’n aanval van dr. Johann Ernst op my persoonlik, sonder behoorlike gronde na my mening.

Kerkbode shared a link.

“Dr. Johann Ernst sê hoewel die advertensies vir die seminaar sê dis die Doornkloof-familiekerk wat dit aanbied, is dit nie deur hul kerkraad goedgekeur nie.

Hy het beswaar aangeteken teen die verbintenis met hul gemeente.”

Seminaar wat gays ‘genees’: Kerk stem nie in

[My invoeging: Die Beeld-artikel kan ook hier gelees word.]

Seminaar wat gays ‘genees’: Kerk stem nie in

www.beeld.com

Die aktuarius van die NG Kerk se algemene sinode het hom gedistansieer van ’n inligtingseminaar oor homoseksualiteit wat met sy gemeente verbind word.

Kommentare:

Uri Bekker

Me. Mouton is in die kol met die oorsprong van gay nie geneties is nie.

Wat ek nou hier gaan kwydraak kan klomp mense dalk omkrap maar ek doen dit uit respek en ’n nedrige poging om te help.

Meeste mense is bewus vd teenoorgestelde geslags neiging of karakter wat almal besit. Dis ’n gegewe. Waaraan kan mens dit toeskryf ?

Dit het te doen met reinkernasie. Volgens dr. Steiner verander ons geslag van lewe tot lewe, en ons hou iets van die geslag in ons vorige lewe oor in jou nuutste lewe nou. Sommige mense identifiseer dan met die ‘oorblyfsel’ van ’n vorige lewe isv om met hulle huidige fisiese geslag te identifiseer.

Mens hoor hoor gereeld die uitdrukking van “ek’s ’n vrou vasgevang in ’n man se liggaam. ” Dis presies wat gebeur met die manlike homoseksueel. Selfde vir vrouens.

Ek’s oortuig dat die besef waarom dit so is, beslis ’n bydrae kan lewer om genesing te bewerkstellig.

Mag hierdie pos tog nie as meerwaardig of beterweterig gesien word nie ! My uiterste meegevoel vir mense wat hieonder ly.

Emma Huismans

Is nie meerwaardig of beterweterig nie Uri Bekker . Wel uiters dom. (ek het ’n sagter woord oorweeg maar kon nie een vind nie). Dit toon jou totale gebrek aan enige wetenspaklike kennis op hierdie gebied en wanbegrip van wat homoseksualiteit is. Die gen is reeds ontdek en geidentifiseer – wetenskaplik omskryf en gepubliseer. Vra enige biogenetikus.

“Ek’s ’n vrou vasgevang in ’n man se liggaam.” het niks MAAR dan ook NIKS met gay wees te doen nie .. transseksulatiteit is NIE dieselfde as om homosekaueeel te wees nie.

Dit staan jou vry om in reïnkarnasie te glo – soos jy wil, maar ek dink jy moet JOU interpretasie van Steiner se interpretasie maar liewer laat sraan. ook hier sit jy die pot mis. En ook hier het dit Niks maar niks met die seminaar hier bo gemeld in die post te doen nie og met homoseksualtiteit as sulks.

Eintlik gaan hierdie post oor die houding van die Kerk teenoor homoseksualiteit ..en oor hoe hulle moet of kan optreee… en ek stel voor met respek, as jy ’n mening hieroor wil lug die oorsprong van homoseksualiteit en of dit geneesbaar is of nie, jy eers behoorlik oplees. Jy doen verskillende mense en verskillende groepe, en selfs Steiner ’n onreg aan, laatstaan die bedoeling van hierdie post

Uri Bekker

Bio tegnikus ? Die wetenskap wat die rede op ’n molekuul blameer of ’n geen/ gene ? Jy sal dit daar sekerlik ook vind Emma ek betwis dit nie ! Maar die mens is ’n geestelike wese, en wat hy glo manifesteer in die liggaam. Dis al baie bewys. Maar wat weet jy van Steiner as ek mag vra ?

Al van die effek van ‘placebo’ gehoor ? (almal het)

Waarom so bitsig ? Slek af. Die mense op hierdie bladsye is altyd veroordelend.

Emma Huismans

Biogenetikus Uri, lees weer. En ja Uri ek neig om skerp te raak as dit by dom en oningelig kom en die verkondiging van valse idees, en verdraaiing van theorië… lees weer!. En Steiner moet jy misskien self maar lees, sal dalk help. Dis al.

Johan Sloet de Villiers

Uri, ek is gay en GLAD nie vasgevang in my manlike liggaam nie, ek IS ten volle MAN! Ek het niks vroulik in my nie. Kry jou fiete reg, en moenie vir my en my “family” kom vertel wat en wie ons is nie.

Emma Huismans

Sloet los hom. Hy het geen idee waarvan hy praat nie. Is nie die moeite werd om oor kwaad te raak nie. Dit gaan dan ook eintlik oor die gewik en weeg, kies en ontwyk houding van die Kerk. Dis die moeite werd om op los te trek.

Andre Bekker

https://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/56-homoseksualiteit-kat/607-homoseksualiteit-inligtingseminaar-en-ng-doornkloof.html?utm_source=glodiebybel.co.za&utm_medium=facebook

Kommentaar:

Let op die verdraaide titel van die Beeld-artikel– Ellison het op Neels se spesifieke vraag aan haar of daar gebid gaan word vir genesing van gays op die seminaar, vir hom pertinent nee gesê. Dit was ’n inligtingseminaar – nie ’n beradingseminaar nie.

Kyk ook hoe distansieer ons een predikant Johann Ernst hom van die seminaar – red nou ’n gemeente met sulke openbare teenspraak binne eie geledere.

In werklikheid is dit ook ’n verdraaiing dat die kerk nie ingestem het nie, en dat dit net ’n lidmaat se eie aksie was. Die adviesspan van die kerkraad het dit help reël en dit is ter inligting amptelik (staan op die agenda) aan die kerkraad voorgelê op die kerkraadsvergadering van 22 Februarie 2012 waar daar geen teenkanting was nie. Johann se sogenaamde beswaar teen die verbintenis met NG Doornkloof is dus ongeldig – hy het geen beswaar tydens die kerkraadsvergadering geopper nie en hy het toegelaat dat Ellison die eerste bekendstelling van die seminaar in die kerkdiens doen waar hy gepreek het. Haar bekendstelling was geen verrassing vir hom nie want sy het dit vooraf met hom uitgeklaar.

Omtrent 65 mense het die seminaar bygewoon, waarvan heelwat gays en ouers van gays was.

Die hoofspreker en berader André Bekker het baie agterna gesprekke gehad.

Heelwat mense het positief gereageer op die inligting wat hulle baie insiggewend gevind het.

Ons kan vir die Here dankie sê vir die afloop en bid vir die nawerking van die Heilige Gees en dat Hy mense sal oortuig ooreenkomstig Sy wil.

Homoseksualiteit-inligtingseminaar en NG Doornkloof

www.glodiebybel.co.za

Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!

Uri Bekker

Jy seg niks van Steiner of placebo nie hehe !

Klim uit die kas en maak jou ore oop vir goeie raad verniet my vrienndin.

Johan Sloet , lanklaas van jou gehoor, jy hoef nie te skerm nie man. Ek val niemand aan nie. Ek’s hier om te help.

Maar ek los julle oukies nou ma eers lat julle asem skep virri volgende skel. 😉

Uri Bekker

Naandsê Andre, sou graag wou hoor wat dink jy van my punt oor die moonlike rede vir gay status.

Andre Bekker

Uri ek kan ongelukkig nie met jou saamstem nie.

Jaco De Beer

Andre Bekker soos ons nou al ook kerkbode se standpunt ken is die dan nou ook tot groot toejuiging deur hulle verkondig deur dit as hoof artikel vas te pen. Sodoende word die fokus weg gevat vanaf vanaand se gesprek op kruis en dwars waar Nelus duidelik vir almal wys dat hy ’n Emergent is.

Die predikant van daai gemeente verloën God vir iets wat die Woord duidelik se sonde is. Hy is nie bereid om standpunt in te neem nie agv vrees of omdat hy die standpunt steun.

Jammer Andre vir jou, maar Jesus voer ons mee op sy triomftog.

Johann Heinrich Ernst

Jesus het in Lukas 6 v 38c gesê: “Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. Hennie Mouton eien hom die reg toe om in die openbaar sy standpunte te stel. Daardie reg geniet net hy. Dat NG Doornkloof hom die ruimte gee om dit te doen, beteken nie dat hy nou die hele ruimte vir homself het nie. Beeld het my geskakel en gevra of die seminaar onder die naam van die Gemeente staan. Om onder die naam van die Gemeente te wees, moet die Kerkraad dit so goedkeur. Dit het nie gebeur nie. Die Kerkraad het net daarvan kennis geneem. Hennie verdraai die waarheid, maar hy beskuldig ander daarvan. As dit ter inligting aan die Kerkraad voorgelê is, het die Kerkraad dit nog nie goedgekeur nie. Kerkraadsvergaderinge is vertroulik. Mens hoef nie beswaar teen iets te maak as die Kerkraad nie gevra word om iets goed te keur nie. ’n Mens maak nie altyd amptelik beswaar teen dit waarmee jy nie saamstem nie. Soms is dit beter om net te swyg. Ter wille van die waarheid noem ek dat nog die naam van die organisasie “Caring for gays” nog die naam van Andre Bekker as spreker aan die Kerkraad voorgehou is. Inteendeel, ek weet nie wie Andre Bekker is nie. Die konferensiegelde is ook nie in die gemeente se rekening inbetaal nie. Dat die seminaar in die Gemeente bekendgestel is, maak nie dat met die seminaar met die Gemeente geïdentifiseer kan word nie. ’n Seminaar wat die teenoorgestelde standpunt wil stel, sou ook welkom wees om dit te doen. Tussen twee uiteenlopende standpunte kan ons dalk die waarheid vind. Indien ’n progay standpunt nou deur ’n organisasie in ons Gemeente se kerksaal gestel en bevorder word, met inligting daaroor tydens ’n kerkraadsvergadering, moet Hennie hom seker met daardie standpunt vereenselwig. Of het hy anders die reg om sy eie standpunt oor ’n saak voor te hou en hom teen ander se standpuntdwang te verweer? Red nou ’n gemeente waar een persoon hom die reg toeëien om namens almal in die Gemeente te besluit. Terloops, ek het my nie van die seminaar gesistansieer nie. Ek het my gedistansieer van die feit dat dit, sonder die amptelike goedkeuring van die Kerkraad, onder die naam van die Gemeente bekendgestel is. Hennie se vrou, vir wie ek baie agting het, het mooi aan Neels Jackson van Beeld verduidelik onder wie se naam dit geskied het.

Jaco De Beer

Johan Ernst, wat is jou standpunt oor guy en sien jy dit as sonde

Johann Heinrich Ernst

Jaco, ek sal enigetyd met jou in persoonlike gesprek oor die saak gaan. Miskien het ek meet vrae as antwoorde en kan jy my dalk help. Ek is teen mense wat eenvoudige antwoorde vir komplekse sake wil gee. Ek is teen mense op beide punte van die gesprek wat my wil dwing om soos hulle te dink. Ek staan by mense wat eerlik is met hulleself en met liefde teenoor alle mense optree. Ek voel my gemaklik nie gemaklik by liberale én fundamentalistiese teoloë. Ek wil soos Dietrich Bonhoeffer sê: “First of all I will confess quite simply – I believe that the Bible alone is the answer to all our questions, and that we need only to ask repeatedly and a little humbly, in order to receive this answer. One cannot read the Bible, like other books. One must be prepared really to enquire of it. Only thus will it reveal itself. Only if we expect from it the ultimate answer, shall we receive it. That is because in the Bible God speaks to us. And one cannot simply think about God in one’s own strenght, one has to enquire of him. Only if we seek Him, will He answer us. Of course it is also possible to read the Bible like any other book, that is to say from the point of view of textual criticism, etc.; there is nothing to be said against that. Only that that is not the method which will reveal to us the heart of the Bible, but only the surface, just as we do not grasp the words of someone we love by taking them to bits, but by simply receiving them, so that for days they go on lingering in our minds, simply because they are the words of a person we love; and just as these words reveal more and more of the person who said them as we go on, like Mary, “pondering them in our heart,” so it will be with the words of the Bible.” Ek worstel dus, soos baie gelowiges met die saak van homoseksualiteit. Ek wens ek was so seker soos jy.

Jaco De Beer

Johann: Ek is seker hieroor en dis maklik. As die Woord so se dan is dit so. Ek kyk nie na mense vir antwoorde nie. My standpunt kan nou maar arrogant gesien word. Ek glo absoluut in die Woord. Dan kan daar mos nie onduidelikheid wees nie. Dit is wanneer ons met die leuen van die nuwe era begin speel van human rights dat die goed grys raak. Wat vir my baie interessant is, is dat ons nie onduidelikheid het oor goed soos rondslaap nie. Daai seksuele begeertes van voor die huwelik kan net so maklik distort raak as die issue en homoseksualiteit word saam met al daai sondes in een sin genoem. Nou is ons skielik verward oor guy, maar nie oor die ander nie.

Ek wil net vir jou noem dat ek ’n broer het wat guy is. Miskien dra my standpunt gewig.

Jaco De Beer

Johann, die kerk en predikers het geloof verloor in die mag van God om mense te verander en nou begin ons humanisties daaroor dink.

Johann Heinrich Ernst

Jaco, ek glo in die mag van God om mense te verander – God kan ons ook verander sodat ons nie veroordelend teenoor ander mense optree nie. Lees vir Johannes 8.

Jaco De Beer

Johann, ek glo guy is sonde soos al daai sondes in daai bekende vers. EK glo Jesus het die mag van sonde aan die kruis gebreek. Ek glo Jesus se bloed was daai sondes weg. Ek glo deur gebed kan Jesus daai sondige begeertes wat opreg voor Hom bely word breek en die hart en verstand verander. Ek is van soveel goed verlos na my bekering dat ek dit nie kan twyfel nie. Ek dink die kerk het vergeet wat bekering is en die genesing wat dan gebeur deur die kruis van Jesus. Aan die kruis het goed gebeur. Daar is oorwinning. Romeine leer dit baie duidelik.

Hennie Mouton

In die Beeld-berig staan: “Die aktuarius van die NG Kerk se algemene sinode het hom gedistansieer van ’n inligtingseminaar oor homoseksualiteit wat met sy gemeente verbind word.”

Johann Ernst skryf nou: “Terloops, ek het my nie van die seminaar ge[d]istansieer nie.”

Dit sal gaaf wees as Johann dan betreffende hierdie punt sy misnoë uitspreek met Neels Jackson, en dit nie laat lyk of hy my ook hieroor probeer aanvat nie.

Johann beskuldig my dat ek alleen namens die gemeente wil besluit. Dit is eenvoudig onwaar want die gedeelte van die kerkraad (waarvan een predikant die voorsitter en leier is), waardeur hierdie seminaar gereël is, was 100% gelukkig met hierdie seminaar. Bowendien het die kerkraad in geheel geen probleem met die aanbied van die seminaar gehad nie, en waarskynlik meeste daar weet dat ek nog staan by NG Doornkloof se amptelike standpunt oor homoseksualiteit wat nog nooit herroep is nie. Dit het enkele jare gelede ’n taamlike storm op Kerkbode veroorsaak.

Al Doornkloof se predikante, Johann ingesluit, is uitgenooi om die seminaar by te woon, met dieselfde uitnodigingsblaadjie. Johann het nooit enigiets geantwoord nie – ook nie dat hy beswaard is met die woorde “Doornkloof Familiekerk bied aan:” nie. Ons sou nog maklik die e-pos-advertensie kon “reggestel” het voor dit aan meeste ander mense uitgestuur is (en selfs op reeds uitgestuurdes regstellings kon gemaak het met heruitsendings) as hy maar net laat weet het, want ons eie predikante was van die eerstes wat die uitnodiging ontvang het. Om “Doornkloof Familiekerk bied aan” te verander na “By Doornkloof Familiekerk word aangebied:” sou maklik gedoen kon word.

Die naam van die spreker, André Bekker, en die webwerf www.caringforgays.co.za word ook duidelik uitgespel op die e-pos-uitnodiging. Dat hierdie name nie op die kerkraadsvergadering genoem is nie, is moontlik waar (ek kan nie onthou nie), maar al die predikante het dit saam met die uitnodiging ontvang. André se kontakbesonderhede was op die uitnodiging, so Johann kon hom baie maklik ook geskakel het wat hy nooit gedoen het sover ek weet nie.

As Johann maar net die seminaar bygewoon het sou hy besef het dat André Bekker hoegenaamd nie dink dat die berading van homoseksuele mense nie kompleks is nie.  André Bekker, wat self homoseksueel was, se eie getuienis op genoemde webwerf wys byvoorbeeld watter lang pad hy gestap het om uiteindelik deur God se genade vry te kon kom.

Home

www.caringforgays.co.za

New Living Way Ministry is an interdenominational Christian Organisation and a N…See More

Barend Nel

Jaco wie is hierdie “guy” waaroor jy so skryf? Ek het eers gedink dit is eenvoudig ’n tikfout en dat jy bedoel het om “gay” te skryf. Maar ek sien dat jy dit konsekwent so skryf. Hierbo skryf jy o.a.:

Johan Ernst, wat is jou standpunt oor guy en sien jy dit as sonde

Nou is ons skielik verward oor guy, maar nie oor die ander nie

Ek wil net vir jou noem dat ek ’n broer het wat guy is.

Johann, ek glo guy is sonde

Dit klink baie vreemd, veral van iemand wie se broer dan self “guy” sou wees…

Jaco De Beer

Ag ou Barend, Johann het my verstaan. Jy weet ’n ou tik vinnig en dan is die spell ckeckers tussen in…sal jy my vergewe. Ek is seker jy verstaan wat ek bedoel maar is nou lus vir ’n argument. EK is nie lus vir een nie. Laat weet my as dit jou baie pla. Ek is bereid om al my plasings oor te tik net vir jou…wees nou ’n nice guy of gay…ek weet nie wat is jy nie…

Barend Nel

Tikfoute pla my nie, dit was egter vir my vreemd toe ek merk dat dit skynbaar nie tikfoute is nie, want jy skryf dit deurlopend so.

Is iemand, bv jou broer, dan in jou oë nie meer ’n “guy” as hy “gay” is nie? Of hoe sal jy nou nie weet wat ek is nie?

Henrietta Klaasing

Ek sien nie ’n plasing wat ek vroeër gemaak het nie, (niks verbaas my meer hier nie) maar hier is dit weer : Jaco, jy sê: “… soos ons nou al ook kerkbode se standpunt ken is die dan nou ook tot groot toejuiging deur hulle verkondig deur dit as hoof artikel vas te pen” . Sodoende word die fokus weg gevat vanaf vanaand se gesprek op kruis en dwars waar Nelus duidelik vir almal wys dat hy ’n Emergent is.” Ek het ook die advertensie van vanaand se debat hier in die “hoofartikel”- afdeling aan die linkerkant gesoek, maar dis skielik weg – – ek stem saam met jou wat die rede daarvoor is.

Alwyn van der Merwe

Dit was heel te verwagte dat selfs leuens nou ingespan word om behoudendes se name in die openbaar sleg te maak. Wat het van die NG Kerk geword dat nie alleen dwalings goedgepraat word nie, maar dat selfs predikante openlik mag lieg?

Andre Bekker

Ds. Ernst ek wil u dit op die punt gelyk gee. New Living Way Ministry het die kerk se fasiliteite gebruik, en waarvoor ek dankbaar is vir die toestemming om dit te mag gebruik het. Die advertensie moes waarskynlik eerder gelees het dat New Living Way Ministry bied die seminaar aan by Doornkloof of iets van die geaardheid.

Weereens dankie aan Doornkloof gemeente dat hulle die fasiliteite aan ons beskikbaar gestel het en vir elkeen se bydrae van die reelings, die klank tot by die bediendes wat vir ons in die kombuis gehelp het. Saam met Jesus was dit ’n mooi en geseende dag in sy geheel.

Jaco De Beer

Andre, ek weet die Here sal jou bediening seen. Dankie vir jou eerbaarheid dit getuig van Jesus Christus as Here. Die Here beskerm jou teen elke leuen en bosheid wat nie in Sy pad kan staan nie.

Jean Oosthuizen

Ek wens iemand wil ons liewer meer vertel van die sogenaamde “seminaar” . Hoeveel mense was daar toe? Hoeveel was straight en hoeveel was gay? Was daar enige gays wat besluit het om straight te word en wat is die aksieplan? Gaan hulle straight gebid word of wat?

Jaco De Beer

Jean, jou vraag stink van vernedering en verlaging van dit wat God sin is. Nie die god wat jy ken nie.

Johann Heinrich Ernst

Dankie aan Andre Bekker wat eerlik met die waarheid omgaan en wie se bediening ook daardeur geseën sal word. Alwyn van der Merwe se opmerking dat selfs predikante openlik mag lieg om behoudendes te beskerm, plaas ’n vraagteken agter sy eie integriteit. Christene skiet nie sulke skote in die donker nie. Dit sal nie moeilik wees om Alwyn aan laster skuldig te laat bevind nie. Hy moet dalk leer om ’n wag voor sy mond te sit. Oor Hennie Mouton se relaas slaan ek net my hande in ongeloof saam. Ek wonder of hy self glo wat hy geskryf het. Jean Oosthuizen kan by Ellison Mouton ’n mooi verslag oor die seminaar kry. Ellison het gisteraand laat ’n sms vol integriteit aan ons as dominees gestuur oor wie daar was, wat gebeur het, hoe gays en hulle ouers aan die seminaar deelgeneem het en dat sy met die seminaar nie ’n verleentheid vir ons as leraars of die gemeente wil wees nie. Jean Oosthuizen kan as verslaggewer van die Kerkbode sekerlik direk en op ’n eerbare wyse met Andre Bekker en Ellison Mouton, en ook met deelnemers met teenoorstaande standpunte, skakel oor die verloop en uitkoms van die seminaar. Ek dink nie dit is hier die plek en sekerlik ook nie die manier waarop hy sy werk moet doen nie. Nou is my keel skoon en kan ek aangaan met my werk.

Jaco De Beer

Jean, daar is detail gegee wat ek raak gelees het hier iewers. Daar was 60 mense met baie positiewe reaksie. Andre Bekker sal seker vir jou meer detail gee.

Jaco De Beer

Geen prof worry my nie. Jesus Christus het my van verslawings bevry en so glo ek Hy kan ander ook. Sonde is sonde en het net ander name in verskillende mense se lewens.

Anton Untiedt

Dit is altyd interessant om te wonder waarom ‘straight’ mense in die kerk so besig is om te probeer bewys dat ‘gays’ kan verander. Hoeveel van hierdie ‘straight’ mense is regtig bekommerd oor die ‘gays’? Ek dink maar min van hulle. Anders sou hulle hulle huiswerk beter gedoen het en agtergekom het dat selfs ’n direkteur van Exodus International, ’n organisasie met jare ervaring in hierdie soort ‘bediening’ erken dat 99% nie ‘genees’ nie. Dan praat ons nog nie eers van die spoor van pyn en ellende wat hierdie soort ‘bedieninge’ agter hulle laat nie. Waarom is hierdie bediening zo belangrik vir ‘straight’ Cristene? My ervaring is dat dit veral bedoel is om hulle manier van Bybellees te beskerm. Dat mense wat Freud in alle ander opsigte vervloek, vrylik flirt met Freud as dit hulle kan help.

Jean Oosthuizen

Andre Bekker het al verskeie kere self hier aan die gesprek deelgeneem en ek dink regtig nie daar is enige iets oneeerbaar aan hier daaroor te gesels nie. Die gesprek is nog lank nie afgehandel nie.

Jean Oosthuizen

Dankie Anton Soos gewoonlik lewer jy ’n baie sinvolle bydrae. Daar is is al verskeie in ander gespreksklyne op hierdie forum gewys op die skade wat sulke bedienings aanrig. Vra maar vir enige sielkundiige wat sy of haar sout werd is. Dit is sxeker elkeen se reg om sulke “seminare” by te woon net soos wat dit iemand se reg is om ’n “plart aarde”seminaar by te woon. Maar net so is dit ander se reg of eintlik PLIG om mense te waarsku teen die gevare wat sulke praktyke inhou. Daarom sal die gesprek hierooir nie doodgesmoor word net omdat party mense ongemaklik voel om daaroor te praat nie.

Somerset Morkel

Dr Ernst: Dit is interessant om te sien tot watter mate hoog-‘gerangeerde’! kerkleiers blykbaar bereid is om ’n leuen te vertel (of sal ons dit ‘woordspeling’ noem?) ten einde aan polities-korrekte kant van die spektrum te val. U voorbeeld is uiters ontstellend. Is dit nou hoe ver die standaarde van eerlikheid van ons kerkleiers geval het? Watter verskoning kan u mee opkom? Het u dalk ‘vergeet’! van u kerkraadsbesluit – of het Neels Jackson van Beeld u verkeerd aangehaal, of het Hennie Mouton gelieg deurdat hy beweer die kerkraad het so ’n besluit geneem op 22 Feb? (U slaan u hande saam oor sy bewering, maar u gee nie enige verdere opklaring nie?) As ons van mekaar verskil is dit een ding, maar blatante oneerklikheid – dit is baie sleg!… Hoe het Jesus gese van die vals profete? “Aan hulle vrugte sal hulle geken word..” Oor na u toe, dr Ernst… Verduidelik bietjie vir ons, die NG-lidmate, hoe waar en wat.. Ek trek my woorde met volle met verskoning terug as u die feite vorendag kom en hulle bevestig u standpunt. En asb: moet nou nie op die ‘laster’-waentjie spring nie – u weet mos dis onkerklik – volg asb die kerklike weg.. beter nog: volg die Bybelse weg van eerlikheid.

Alwyn van der Merwe

Johann Ernst, wat noem mens dit as een persoon voorgee om geheel en al oningelig te staan betreffende sekere inligting en ’n ander noem dat eersgenoemde persoon wel vermelde inligting ontvang het?

Dis altyd so snaaks hoe maklik mense dreig met klagte van laster. Geen staatsaanklaer sal sy/haar tyd mors met hierdie sou dit oorgaan tot klag nie. Daar is geen gronde nie. Nul, niks. Die uitwys van ’n leuen is nie laster nie.

Terloops, die gebruik van leuens is ook nêrens geoorloof nie, nie eens in die stryd teen behoudendheid nie.

Hennie Mouton

Johann Ernst skryf: “Oor Hennie Mouton se relaas slaan ek net my hande in ongeloof saam. Ek wonder of hy self glo wat hy geskryf het.” Johann, presies wat in my laaste skrywe slaan jy jou hande in ongeloof oor saam? Wat daarvan dink jy is nie waar nie? Dankie in elk geval dat jy met my vrou se eerbaarheid beïndruk is al is dit skynbaar so dat jy daardeur ook eintlik probeer impliseer dat ek nie eerbaar is nie. Rondom die integriteit van so ’n afspeel tussen man en vrou kan mens ook ernstige vrae vra. Ek en Ellison het in elk geval presies geweet en saamgestem met wat ons beide geskryf het.

Somerset, let wel ek het nie geskryf dat die kerkraad iets besluit het of goedgekeur het nie, maar dat dit aan hulle voorgelê is en dat daar nie teenkanting was nie. Met ander woorde dit was vir kennisname, nie vir ’n besluit nie, soos Johann tereg sê, maar soos hy my foutiewelik oor probeer beskuldig. Waar Johann dus wel die waarheid verdraai, is met hierdie uitlatings van hom: “Hennie verdraai die waarheid, maar hy beskuldig ander daarvan. As dit ter inligting aan die Kerkraad voorgelê is, het die Kerkraad dit nog nie goedgekeur nie.”, want ek het nie geskryf dat die Kerkraad dit goedgekeur het nie. Johann se ander verdraaiing van die waarheid (behalwe dat dit Neels Jackson se verdraaiing mag wees) is die volgende: “Die seminaar, wat uitgaan van die uitgangspunt dat gay mense se seksualiteit kan verander, is volgens hom die inisiatief van ’n lidmaat wat hul kerksaal vir die geleentheid bespreek het.” Dit was veel meer as die inisiatief van slegs ’n lidmaat, soos reeds verduidelik in terme van die adviesspan van die kerkraad en die kerkraadsgroep met sy leierpredikant waaronder dit val se betrokkenheid.

Johann Heinrich Ernst

Beste Somerset. Ek dink ek ken jou deur Selby Dippenaar. Of dalk is dit nie jy nie. Die feit is doodeenvoudig. Die Kerkraad van NG Doornkloof het nie besluit dat die seminaar onder die naam van die gemeente aangebied word nie. Ek sit met die agenda en notule voor my. Dus is jou bewerings van leuens ’n leuen opsigself. Jy is welkom om met die Kerkkantoor of die voorsitter van die Kerkraad, ds Nelis Lindeque, daaroor te skakel en jou eerstehands van die feite te vergewis. Gegewe die trant van jou reaksie, wonder ek of jy self die Bybelse weg van eerlikheid volg.

Johann Heinrich Ernst

Hennie is welkom om self sy eierdans in die volgende woorde te verduidelik: “Dit is eenvoudig onwaar want die gedeelte van die kerkraad (waarvan een predikant die voorsitter en leier is), waardeur hierdie seminaar gereël is, was 100% gelukkig met hierdie seminaar. Bowendien het die kerkraad in geheel geen probleem met die aanbied van die seminaar gehad nie ..” Hoe reël ’n mens iets deur ’n gedeelte van die Kerkraad in naam van die Kerkraad? En hy kan ook nou sê dat die “Adviesspan” waarvan hy praat, vir geruime tyd net uit homself bestaan.

Alwyn van der Merwe

Johann het die agenda en notule voor hom. Goed so. Kan jy dalk vir ons die pamflet lees waarvan Hennie gepraat het? Het Hennie Mouton leuens vertel oor die inhoud daarvan? Of is die naam van die spreker en die organisasie wat die aanbied wel daarop aangebring?

Hennie Mouton

Johann Ernst weet baie goed dat die kerkraad uit fokusareas bestaan. Die groep waarvan ek praat is ds. Emile Rademeyer se fokusarea waarvan die Adviesspan ’n deel is. Ek het nooit geskryf dat iets gereël is in die naam van die kerkraad nie — Johann kan dus maar ophou om sy eie strooipoppe (halwe waarhede) op te stel en dit dan te probeer afskiet. Johann kan nou ook verduidelik hoe dit onwaar is om te skryf “Bowendien het die kerkraad in geheel geen probleem met die aanbied van die seminaar gehad nie” terwyl dit vir kennisname aan die kerkraad voorgelê is en daar geen teenkanting was nie. Miskien moet Johann maar ook (weer) lees wat ek vir Somerset geskryf het, want hy bly blaf teen die verkeerde boom, asof ek beweer het dat die kerkraad amptelik daaroor ’n besluit geneem het. As Johann graag wil hê dat ek dit moes geskryf het, maak dit sy beskuldiging nog nie waar nie. Dit lyk of sy hele betoog nou neerkom op iets wat hy graag wil hê ek moes geskryf het, maar wat nou ongelukkig vir hom nie so is nie.

Johann Heinrich Ernst

Hennie, ons het nou so ver afgedwaal van die aanvanklike punt, naamlik die berig in die Beeld en die feit dat ’n seminaar onder naam van die Gemeente aangebied is sonder die Kerkraad se amptelike goedkeuring, dat ek die gesprek maar hier laat.

Johann Heinrich Ernst

Alwyn, stuur my jou e-pos adres en dan stuur ek jou die pamflet waarop staan: “Doornkloof Familiekerk bied aan:” Hierdie pamflet het nie met sy inhoud voor die Kerkraad gedien nie, maar is eers daarna opgestel en versprei. Die spreker se naam is daarop asook “Caring for Gays” se bankbesonderhede. Om so iets onder die naam van die Gemeente te laat aanbied het, is dit tog logies dat die Kerkraad dit moes goedgekeur het. Later in die jaar, so is die Kerkraad gevra om kennis te neem, word ook ’n seminaar oor skepping en evolusie aangebied. Daarvoor het die Kerkraad ook nie goedkeuring gegee nie. In die verlede het Hennie Mouton dit op sy eie en onder sy eie naam aangebied. Nou gaan hy seker ook op ’n pamflet sit: “Doornkloof Familiekerk bied aan:” Wie is die Kerkraad in elk geval as ’n mens jou eie ding doen?

Jean Oosthuizen

So lyk die pamflet wat versprei is:

https://www.facebook.com/photo.php?fbid=

10150751585134935&set

=a.95622529934.106845.554949934&type=1&theater

Kobus Hattingh

Jean, diegenes wat se lewens nie verander het nie, het maar nuwe wyn in ou bottels gegooi (Mar 2:22). En by ’n nuwe mens word verstaan ekself dat jy nie noodwendig straight word nie, maar die besef en waarheid word we’ll n werklikheid en lewens in jou dat jy die ou lewe moet permanent afle. Soms grens die absolute ongeloof en tartende wyse wat jy van gays praat wat hulle lewens aan Jesus wil toewy, vir my soos Gods laster. Jy GLO of wil eerder NIE GLO dat ons ’n God van wonders dien nie. Jude 1 maak vir my soveel sin wanneer ek lees watter twak sommige sprekers wat dit goedpraat kwytraak, veral 1:18. En die een dominee se verskoning wat dan van straights wat ook rondneuk se verskoning is maar flou 🙁

Hennie Mouton

Johann, die ironie is dat ek nie die pamflet opgetrek het nie, so jy bly blaf teen die verkeerde boom. Dis nou nog iets wat jy skynbaar wil hê ek moes gedoen het. Jy bly ook die punt miskyk dat ek lankal al hierbo geskryf het dat as jy maar net lank voor die seminaar toe jy die pamflet gekry het, beswaar aangebied het teen die “Doornkloof Familiekerk bied aan:” dit verander sou kon word. En al die ander onwaarhede wat jy kwytgeraak het (inisiatief van slegs 1 lidmaat, dat ek beweer het dis deur die kerkraad goedgekeur), ignoreer jy nou net. Nee man, gaan pas Luk. 6:38 waarmee jy vir my wou preek op jouself toe.

Jean Oosthuizen

Kobus ek het nou mooi probeer maar maak nie kop of stert uit wat jy probeer sê nie. Dit klink baie onsamehangend en is niks anders as ’n retoriese ineenvlegging van woorde nie. Ek weet ook nie hoe pas Jude nou eintlik by jou pos in en waarom jy die boek op sy Ingelse naam noem nie. Wat gay mense betref, wat op aarde word hulle dan as hulle nie straigt word nie? Wat het die seminaar dan gehelp? net mooi niks.

Alwyn van der Merwe

@Johann, dis nie nodig om dit vir my aan te stuur nie. Jean Oosthuizen was gaaf genoeg om dit vir ons op FB te plak.

Hennie het reeds meer as voldoende bewyse gelewer dat my aanvanklike stelling heel akkuraat is en bly.

Kobus Hattingh

Hulle word selibaat. Die wat nie noodwendig straight word nie. Daar is baie getuies daaroor. En ek ken die Bybel en boekname beter in engels. En lees daardie stuk, sowel as Romeine 1 bietjie mooi deur want miskien tref dit jou nog dat dit JUIS van jou en die profeetjies praat. Ons weet nie wat die doring in die vlees van Paulus was nie maar ons weet dat hy nie sy geloof verloor het nie. Vir my en ander is dit ook so. Ons lewens het moontlik nie straight geword nie maar ons is we’ll bevry van die leuen van Satan en ons glo en verkondig dat Jesus ons we’ll daagliks die krag gee om enige versoekings te oorkom. Ons is binne ook gereinig en dit is nuwe wyn in nuwe sakke! En ons sal die resies bly hardloop tot Jesus vir ons kom of ons eerste sterwe. Jou eerste pad tot genesing vir jou eie probleem sal wees om uit jou kassie te klim, jou sonde te belei en dit AF te le en nie weer te doen nie. DIT is wat bekering beteken, nie net om Jesus met jou LIPPE te belei nie maar met jou LEWE.

Kobus Hattingh

Al gehoor van geloof sonder dade is n dooie geloof? We’ll die dade begin ook by jouself en om dood te word vir die sonde en die begeertes van jou vlees.

Kobus Hattingh

Om jou te help, gaan lees daardie verhaal van die ryk jong man wat by Jesus gekom het en gevra het wat hy moet doen om gered te word. Hy het reeds alles gedoen maar toe Jesus vir hom se dat hy ook alles moet verkoop en vir die armes gee, was hy nie bereid nie. Om Jesus te volg vereis Hy ALLES. Dit sluit jou gay lewensstyl in. Of die gelykenis van die saad help ook. Kyk hoe verwelk sommiges se Christen lewens wanneer die tyre die tar tref. Hulle wil almal Hemel toe gaan maar is nie bereid om die prys te betaal nie. So-ook baie hier. Hulle ‘scoff’ selfs die wetenskaplike bewyse van die gay lewensstyl deur kundige GAY mense self wat eerlik daaroor praat. Laat staan nog wat alles in die Bybel staan daaroor. (Wat Jesus ook mee saamstem want ook hy is God want ons God is Drie-enig. En om te se die Bybel het dit verkeerd omdat die nie getroude gays insluit nie is bog. Dit praat van die gay DAAD. Doen werklik die moeite die keer en lees die link. Al is dit dan net die statistieke wat deur mede gays gegee word.

www.faithfacts.org/christ-and-the-culture/gay-rights

Somerset Morkel

Dis eintlik pateties dat ”n man wat ’n senior kerkleier is, op so ’n vlak redeneer en probeer bo uitkom. Vir my is dit ’n aanduiding waartoe die vlak van geestelike leierskap in die NGK nou al gedaal het. Dit gaan nie meer oor die dinge van God nie (bv om gays te help), maar eerder oor die tegniese aspekte van wie het wat waar gese en besluit en voorgehou.. Dis bog, Johann Ernst. Dis waar julle die kerk heen gebring het – na ’n debat oor prosedure, i.p.v. oor beginsels uit God se Woord. Julle het ver geval. Jy probeer hier ’n eier uitbroei om jou eie gesig te red, maar die eier het in jou gesig beland.

Somerset Morkel

Dankie, Kobus Hattingh vir ’n goeie uiteensetting. Maar as ex-gay sal jy seker nie erkenning verwag van die ‘closed mind apostles’ soos Johann Ernst en ander liberale NGK-leiers nie – wat net een ding raaksien en ‘critique’ en dis wanneer mens durf volgens die Skrif te praat, en wat die Woord van God essensieel die rug toegekeer het.

Somerset Morkel

Johan Ernst: Selby Dippenaar is my neef. Ek sal hom teen jou waarsku…

Kobus Hattingh

Ons moet eenvoudig net altyd getuig Somerset. Die Bybel praat ook dat dit beter is dat sommiges met n meulsteen in die see gegooi word as hulle die kindertjies mislei (Christene wat ons moet almal soos kindertjies word wat glo sonder stry of twyfel). Ook “For we must all appear before the judgment seat of Christ, that each one may receive what is due him for the things done while in the body, whether good or bad. Since, then, we know what it is to fear the Lord, we try to persuade men. What we are is plain to God, and I hope it is also plain to your conscience” (2 Corinthians 5: 9-11)

Andre Bekker

Jean Mat 7:6 Give not that which is holy unto the dogs, Lest they turn again and rend you: Neither cast ye your pearls before swine, Lest they trample them under their feet.

Andre Bekker

Anton het jy al ooit daaraan gedink dat as die rvisioistiese teologie verkeerd is, is mens met selfde geslag aangetrokkenheid wat daaraan vashou om hulle gewete te sus en hulle sonde goed te keur oppad hel toe?Die liefdesgebod van Mark 12:31 “Jy moet jou naaste liefhe soos jouself” het sy agtergrond en konteks in Lev. 19:17-18. Tussen alles wat in daardie konteks genoem word wat as “jy moet jou naaste liefhe soos jouself” kom hierdie woorde voor “Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.” As iemand nie teen sy sonde gewaarsku word nie is ’n mens besig met ’n liefdelose daad en kan ek nie se ek het my naaste lief soos myself nie. dan staan ek skuldig voor God. Nerens lees ek in die Skrif dat’n mens “Straight” moet word wat selfde-geslag aangetrokkenheid het. Wat ek wel lees is as jy jouself nie verloen en jou kruis opneem en my volg nie, kan jy my dissipelnie wees nie. “Their is no exchange of sin unless there is an exchange of self.” Of God is God of die mens is god. Wie op die troon van jou lewe is bepaal jou eindbestemming.

Jaco De Beer

Andre, dankie. Baie goeie opmerking. Ek leer daaruit.

Johann Heinrich Ernst

Sommy, die waarheid en respek vir ander is ook dinge van God. Ek maak beswaar dat jy my ’n liberale teoloog noem. Ek het my hierbo duidelik teen die liberale teologie uitgespreek en my op die gesag van die Bybel as God se Woord beroep. Jy is beledigend in jou opmerkings en ek sien nie die liefde van die Here daarin nie. Ek en Selby is ou skoolvriende wat weer kontak met mekaar het. Ek ken ’n beter kant van jou uit die verlede: Iemand na wie tydens sy studentedae by NKP opgesien is. Wat het oor jou lewe geloop?

Kobus Hattingh

Dit is nie net die NG Kerk wat probleme hiermee het nie en dit is baie moontlik dat ook julle nog in twee gaan skeur wat dit aanbetref soos hierdie groep: http://www.christianpost.com/news/largest-presbyterian-church-in-colorado-votes-to-leave-pcusa-73748/

Hennie Mouton

Nadat ek vir ’n paar dae niks op facebook/kerkbode kon plaas nie, het die plasingsfunksie nou skynbaar weer reggekom. So hier is dit nou weer:

Dit was wel ’n fout om op die e-pos-inligtingsblaadjie vir die seminaar te skryf dat Doornkloof Familiekerk dit sou aanbied. Daar moes eerder gestaan het dat dit by Doornkloof Familiekerk aangebied sou word, want alhoewel die seminaar ter inligting aan die kerkraad vir kennisname voorgelê is en sonder enige teenkanting aanvaar is, is dit nie ter besluitneming aan die kerkraad voorgelê nie. Die jammerte is dat Johann Ernst nie betyds beswaar teen die blaadjie se bewoording ingedien het nie, want hy en al die predikante het dit lank genoeg voor die seminaar en voor die Beeld-berig ontvang.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui