Debat op RSG oor die Ontluikende Kerk

’n Debat tussen profs. Nelus Niemandt en Johan van Rensburg op RSG se Kruis en Dwars-program op Sondagaand 22/04/2012 oor die Ontluikende Kerk (“Emerging Church”)

(http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp) het gelei tot onderstaande op facebook/kerkbode:

http://www.facebook.com/kerkbode/posts/423937724301525

Jaco De Beer -> Kerkbode

Ek het nou geluister na Kruis en Dwars oor ontluikende kerk.  Een ding is seker, Nelus is in love met die ontluikende kerk.  Daar hoef geen twyfel daaroor te wees nie.  Ons kan dus eerder fokus op wat die ontluikende kerk se en doen en sodoende sal Nelus se sienings en geloof duidelik wees … Die ontluikende kerk dien ’n ander Jesus as die Jesus van die Skrif.

Kommentare:

Sarel Corrie

Sjoe Jaco, is dit wat jy gehoor het? Na watter radiostasie het jy geluister? Seker na Radiokansel? Johan van Rensburg het soos ’n cd geklink wat op een noot vasgehaak het, hy het niks nuuts gesê wat ons almal in elk geval nie reeds weet nie. Ekself is nie mal oor die Emerging kerke nie, maar so ’n eensydige siening het lanklaas gehoor!

Jaco De Beer

Sarel, Nelus verdedig die hele tyd die beweging. Hy is vriende met van die ouens soos hyself gesê het. Hy keer goed wat hulle se. My punt dat ons kan kyk wat die beweging glo en sodoende aanneem wat Nelus glo, is seker nie ver van die waarheid nie. Het jy al daai skrywers wat genoem is bestudeer en is jy op hoogte van die beweging se uitsprake..

Jaco De Beer

Sarel: As jy nog nie het nie, hier is so paar. Dan sê jy wat dink jy.

“Meditative prayer like that we experienced in the labyrinth resonates with hearts of emerging generations.”—Dan Kimball, Vintage Faith

“My goal is to destroy Christianity as a world religion and be a recatalyst for the movement of Jesus Christ,” McManus, author of a new book called The Barbarian Way, said in a telephone interview. “Some people are upset with me because it sounds like I’m anti-Christian. I think they might be right.”—Erwin McManus, from The Barbarian Way

“The fact is that contemplative spirituality will play a huge part in the Church of the future, and candles are just the beginning.” Duane Cottrell

“Some of the values of the emerging church are an emphasis on emotions, global outlook, a rise in the use of arts, and a rise in mysticism and spirituality.”—Josh Reich

“I stopped reading from the approved evangelical reading list and began to distance myself from the evangelical agenda. I discovered new authors and new voices at the bookstore-Thomas Merton, Henri Nouwen and St. Teresa of Avila. The more I read, the more intrigued I became. Contemplative spirituality seemed to open up a whole new way for me to understand and experience God. I was deeply moved by works like The Cloud of Unknowing, The Dark Night of the Soul and the Early Writings of the Desert Fathers.” —Spencer Burke, The Ooze

“I must add, though, that I don’t believe making disciples must equal making adherents to the Christian religion. It may be advisable in many (not all!) circumstances to help people become followers of Jesus and remain within their Buddhist, Hindu, or Jewish contexts.” –Brian McLaren

“I now believe that GLBTQ [Gay, Lesbian, Bisexuals, Transgender, and Queers] can live lives in accord with biblical Christianity (as least as much as any of us can!), and that their monogamy can and should be sanctioned and blessed by church and state.” –Tony Jones [EEN LEKKER ORGIE]

“I don’t think we’ve got the gospel right yet….I don’t think the liberals have it right. But I don’t think we have it right either. None of us has arrived at orthodoxy.” –Brian McLaren

“A lot of arguments happen among religious and non religious people about the question of who’s going to hell and who’s going to heaven and uh, a lot of times Christians get into this argument by saying ‘we have the only way to heaven.’ And uh, people often ask me what do I think is the way to heaven. I have a problem when they ask me this question because it assumes that the primary purpose of Jesus’ coming and the primary message of Jesus was a message about how to get to heaven.” –Brian McLaren

Barend Nel

Ek ken nie die “labyrinth” waarvan Kimball praat nie. Ek verstaan heeltemal hoe mense volgelinge van Jesus kan word en binne Joodse konteks kan bly, maar is onseker oor hoe dit in Boedhistiese of Hindu konteks sal werk. Ek ken Henry Nouwen se werke goed en het dit tot baie groot seën gevind en ken iets van die woestynvaders se werke en dink ons kan ook daaruit leer. Ek ken nie die boeke oor die “cloud of unknowing” en die “Night of the soul” nie.

Behalwe bogenoemde waaroor ek my nie kan uitspreek nie, omdat ek nie genoeg daarvan weet nie, kan ek my in ’n baie groot mate met al hierdie uitsprake vereenselwig.

Lourens Zak Barnard

Prys die Here vir die Skrif wat in vervulling kom!!!

Henrietta Klaasing

Jaco, soos jy het ek beslis gehoor dat prof Nelus baie hard skerm vir die meeste mense wat deur prof Johan as EC-ers aangetoon is (met vers en kapittel). Vir my het rooi ligte al skerper geword en veral daar waar die gesprek gegaan het oor die Nagmaal. Blykbaar, soos ek dit verstaan het, word die Nagmaal deur die EC-ers gebruik om ongelowiges tuis te laat voel, waarop prof Johan daarop gewys het dat prof Nelus graag verwys na die vroeë Christene en hulle het juis by die viering van die Nagmaal ongelowiges UITGESLUIT.

Jaco De Beer

My punt is dus dat Nelus ’n EC is. Hy het homself absoluut aan daai kant geskaar. Hy het dit verdedig en gesê die aanhalings wat Johan doen nie waar is nie of verkeerd verstaan word. Die persoon wat nie kan sien dat hy kant gekies het nie sal nie en is ook deel daarvan. Wat nou moet gebeur is om die EC beweging te ontrafel en goed te definieer aan mense op grondvlak. Dan kan mense mos nou sien waar lê Nelus en sy genote se alliansie. Ek meen hy het in soveel smaak vertel hoe verkeerd die mense is en dat hy al by tot ek dink 50 van die dienste was. Hoekom bedank hy nie uit die NGK en begin sy eie EC kerk nie. Ek dink SES en die nuwe hervormers kan hom help.

Hennie Mouton

Johan van Rensburg het baie goed gedoen.

Dit was ook goed dat hy vir Nelus Niemandt direk aangevat het oor hy hom beskuldig het van nie die waarheid te praat nie. Nelus kon/het nie daarop geantwoord nie.

Dit was natuurlik ook ’n slim set om Johan Symington te kry om reg in die begin te sê dat dit nie moet gaan oor Nelus se standpunt nie, maar oor die saak.

Nelus se taktiek bly egter maar om die direkte vrae oor die ontluikendes se dwaalstandpunte te ontwyk deur dan maar net hul “goeie” standpunte aan te haal.

Waar Johan van Rensburg na my mening die “debat” beslissend gewen het was toe Nelus positief na Tony Jones verwys het en Johan pertinent kon wys hoe Jones die verlossingsboodskap van Christus onomwonde verwerp. Dit was ’n klinkklare voorbeeld van die essensie van die verskil in opinie oor die ontluikende beweging en Nelus se ontduiking daarvan.
As ek reg onthou het Johan Symington toe die gesprek daarvan weggelei, maar na my mening kon Nelus nie op daardie doodskoot antwoord nie en Symington het hom eintlik gered.

Die NG-kerkleiding se ontwykende taktiek raak na my mening al duideliker en mense begin dit al meer en meer agterkom.

Jaco De Beer ‎

Hennie Mouton, Nelus het homself totaal met die EC vereenselwig tot so mate dat ek die idee kry dat dit die rigting is wat hy sien vir die kerk. Verder het hy nie een kritiek teenoor die beweging gehad nie en net Johan se punte probeer verkeerd bewys. Hy het ook nie van die geldige punte wat kommer wek in die beweging wat deur Johan genoem is nie ondersteun. Ek sou tenminste verwag dat hy die voor die hand liggende kritiek beaam en se dat dit meer ondersoek moet word.

Renier Lourens

Ek verstaan nie hoekom daar altyd ’n wenner moet wees nie. Dis nie een of ander kompetisie nie. Wat het geword van gesprek voer, ter wille van ’n beter verstaan te kry van die ander persoon en sy/haar idees?
Hennie en Jaco: Mens hoor natuurlik net dit wat jy wil hoor. Nie dat ek verstaan wat Jaco- ’n baptis- hom so met die NGK bemoei nie.

Gerhard Pietersen

Prof VR het veralgemenings gemaak en Prof Niemand het daardie veralgemenings binne konteks geplaas en in die proses prof VR in sy eie woorde “krapperig” gemaak. Dit was basies die inhoud van ’n uurlange gesprek.

Jaco De Beer

Renier: Ek het nou bande met die NGK. Eerstens kom ek daarvan af en het daar groot geword. Tweedens is my eie moeder ’n ouderling as die naam nog bestaan en werk sy in die kerk kantoor. Verder is my swaer en paar vriende predikers daar. Laastens strek die EC oor alle denominasies en is die baptiste in amerika ook sleg getref deur dit.

Jaco De Beer

Renier: nog ’n perspektief. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die bose magte in die lug wat in mense se gedagtes werk om die leuen te glo en versprei. Dan raak dit ’n interkerklike saak. Ek wil so ver gaan dat hier 30% of meer deelnemers is wat nie NG is nie. Ek het al baie vriende gemaak op die forum met regdenkende NG broers en susters. Mense met wie ek buite die forum na dit ook ontmoet het en dit was ’n gedeelde liefde vir Jesus.

Henrietta Klaasing

Populêre uitdrukkings by die EC is woorde soos redefine, reshape, reconstruct, repaint, re-invent , re-imagine. Die evangelie en Jesus Christus soos ons dit deur die eeue verstaan het, is nie meer goed genoeg nie. Moet mens dan nie bekommerd wees daaroor nie?

Alwyn van der Merwe

Ek het nie na die program geluister nie, omdat ek in die kerk was daardie tyd. Sal maar wag vir die potgooi. Die terugvoer wat ek wel gekry het van mense wat dit geluister het is nie vreeslik goed nie.
Iets wat opmerklik is, is dat beoudendes een boodskap gekry het en liberale iets heeltemal anders.

Lourens Zak Barnard ‎

“Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” – Matt 15:14
“GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” 1 Joh 4

Hennie Mouton

Renier, die waarheid is belangriker as om maar net almal se idees te hoor, en die hoop bly dat die waarheid sal wen, nie enige mens as sulks nie. En Nelus kon baie maklik ook meer aan die waarheid se kant gewees het as hy hom maar net duidelik wou distansieer van die pertinente probleemuitsprake van sekere ontluikendes wat Johan v R vir hom uitgespel het. Hy hoef hom nie van AL hul uitsprake te gedistansieer het nie, maar net van dies wat duidelik in enige Christelike kerk ’n probleem behoort te wees. Maar die beste wat hy doen is om met vae opmerkings te kom soos dat hy ook nie saamstem met al die ontluikendes se uitsprake nie, maar dan noem hy nie wat dit is of van wie hy praat nie. Dis moeilik om nie af te lei dat hy sy brood aan beide kante gebotter wil hê nie. Aarde man, hoe kan hy byvoorbeeld nie maar net met Johan v R saamstem dat Tony Jones se verwerping van Jesus se kruisoffer vir ons sondes totaal onaanvaarbaar is en dat nagmaal aan ongelowiges bedien moet word geensins verdedigbaar is nie? Gewone lidmate gaan na my mening deur sulke glibberige taktiek begin sien, veral soos hierdie tipe besware teen die NG-leierskap al meer word.

Alwyn Van Schoor

Dis soos ’n groot kerkgees op ’n keer gesê het, dink dit was Spurgeon, “If you stand for nothing you fall for everything”. Ons NGK kan nie standpunt inneem nie, want almal moet tevrede gehou word.

Frikkie Marais

Wat beteken SES?

Jaco De Beer

SES = sentrum vir eietydse spiritualiteit http://www.spiritualiteit.co.za/

Spiritualiteit Afrikaans Suid-Afrika
www.spiritualiteit.co.za
By die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit soek ons saam na die betekenis en sin van die lewe.

Catherina Hayden

Mense moet hulself maar net skool in wat die emergent kerk eintlik is en wie die leermeesters is en wat hulle glo en bely. n Goeie plek om te begin is by Roger Oakland. Google en sy webwerf verskyn.

http://www.understandthetimes.org/

Amanda Pyper

ag wonderlik….dan is ek in uitgelese geselskap synde ek ook die sg “emergent church” aanhang.

Barend Nel

Ja Amanda, ons is ’n jollie klomp bymekaar. Die meeste NG predikante, van die moddermaker tot plebs soos ek is deel daarvan, Biskop Tutu en die Dalai Lama is ook deel daarvan, so ook al die bekende predikers in die VSA van Rick Warren tot Leonard Sweet… en Jaco sê dit is selfs besig om die Baptiste kerk in die VSA oor te vat.

Jaco De Beer

Describing this aspect of apostasy and its underlying danger, A. W. Tozer wrote, “So skilled is error at imitating truth, that the two are constantly being mistaken for each another. It takes a sharp eye these days to know which brother is Cain and which is Abel.”

Jaco De Beer

KERKBODE NUUS:

A 2010 study done by prominent atheist Daniel Dennett and Linda LaScola called “Preachers Who Are Not Believers.”

Here’s the testimony of “Jack,” a Southern Baptist preacher:

“OK, this God created me. It’s a perfect God that knows everything; can do anything. And somehow it got messed up, and it’s my fault. So he had to send his son to die for me to fix it. And he does. And now I’m supposed to beat myself to death the rest of my life over it. It makes no sense to me. Don’t you think a God could come up with a better plan than that?”

JAMMER VERKEERD GEKYK, KOM UIT AMERIKA

Jaco De Beer

Die naam Jack gesien toe dink ek dis Albert, Barend, Jean, Amanda, Gerhard,…..en…en…en

Jammer man, ek is al so gebreinspoel deur kerbode mense en hul dinge…hoe kan ek so veroordelend wees…

Jaco De Beer

Surprisingly, two of the clergy lost their faith, in part, by reading new atheist books by Sam Harris and Christopher Hitchens. Even Bill Maher’s movie, Religulous, influenced one of them. So much for the notion that new atheism makes no converts. “Adam” speaks:

“I tell you, the book that just grabbed my mind and just twisted it around, was Christopher Hitchens’ God is Not Great. It was shocking, some of that stuff – the throws and jabs against faith and stuff. I would think, ‘He’s crazy.’ But then I’d say, ‘No. Step back and read it for what it is.’

The preachers’ testimony makes a sad but enlightening read.

Jaco De Beer

The dangers of apostasy were warned about in the book of Jude, which serves as a handbook for understanding the characteristics of apostates like those chronicled in Dennett and LaScola’s study.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui