Universalisme (Engels=Universalism) is die geloof dat daar geen hel is nie en dat alle mense as gevolg van God se liefde vir die mens, hemel toe sal gaan. (Alle paaie lei na die hemel.) Daar is waarskynlik ook variasies van universalisme, byvoorbeeld om te glo dat God mense op goeie werke in die hemel sal toelaat.
Vir universalistiese Christene is dit ondenkbaar dat ’n mensliewende God slegs ’n klein gedeelte van die mensheid tot redding sal uitverkies en die res in ewige verdoemenis sal stuur.
Hierdie siening maak die sendingopdrag in die Bybel tot niet. Kyk ook Die Bybel oor die hel. Soos panenteïsme is hierdie ’n baie politieke korrekte siening. Universaliste glo moontlik dat daar slegs een God is (nie soos panenteïste nie), maar hulle glo dat God almal sal red, ongeag of hulle in Hom glo.
Universalisme ontken waarskynlik sekere uitsprake en dade van Jesus – kyk Jesus se “liefdelose” uitsprake en dade.
Universalisme is teenstrydig met die NG Kerk se belydenisskrifte:
- Nederlandse geloofsbelydenis, artikel 26: Ons glo dat ons geen ander toegang tot God het nie as net deur die enigste Middelaar en Voorspraak, Jesus Christus, die Regverdige.
- Heidelbergse kategismus, Sondag 5 en 6 (vraag 11 tot vraag 19).
Predikante van die NG Kerk lê ’n legitimasie-eed af waarin hulle verklaar dat hulle alles wat in die drie belydenisskrifte staan sal onderskryf en dit ywerig en volhardend sal handhaaf en alles verwerp wat teenstrydig is daarmee.
Predikante van die NG Kerk wat universalisties is verbreek dus hulle legitimasie-eed.
Argumente teen universalisme
In die Ou Testament het die volk Israel keer op keer weggedraai van God af en afgode aanbid en elke keer moes God hulle terugbring na Hom toe. Hy het selfs ander volke gebruik om hulle te straf. Die hoofrede vir 70 jaar van ballingskap was om die volk te straf vir afgodediens.
In die Nuwe Testament sê Jesus in Johannes 14: (6)Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
Jesus het baie sterk woorde gehad teen die Fariseërs omdat hulle hom nie as die Seun van God wou erken nie (kyk Jesus se “liefdelose” uitsprake en dade).
As almal gered sal word, hoekom gee die Bybelskrywers die opdrag om jouself van dwaalleraars te onttrek? Drie keer lees ons van “skud die stof van jou voete af” as mense nie die evangelie wil aanvaar nie:
- Matteus 10:14 (Jesus: “As iemand julle nie ontvang nie en nie na julle woorde luister nie, gaan uit sy huis of uit daardie dorp uit en skud die stof van julle voete af.”)
- Handelinge 13:51 (Hulle (Paulus en Barnabas) het toe as gebaar teen die stad die stof van hulle voete afgeskud en na Ikonium toe gegaan.)
- Handelinge 18:6 (…Paulus het die stof van sy klere afgeskud en gesê: “As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld…”)
Kyk ook Onttrek jou van goddeloses en dwaalleraars.
En dan is Jesus se laaste opdrag (die Groot Opdrag) aan sy dissipels:
Matteus 28: (19)Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en (20)leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het…”
Dit is baie duidelik dat die sendingopdrag beveel om mense van ander gelowe oor te trek na Christenskap. Dit is daarom dat Paulus elke geleentheid gebruik het om met behulp van redenasies mense probeer oortuig het van Jesus:
Kyk ook:
Kyk ook
- Universalisme (Wikipedia)
- Bestaan daar net een pad na God? (9 Maart 2017)
- RSG: Kan Moslems en Christene saam bid? (5 Mei 2019)
- Dít wat ons nié dink (12 Maart 2010)
- Rob Bell
- Bekering
Prof Johan Buitendag, dekaan van die Fakulteit Teologie Universiteit Pretoria
Fritz Gaum: “Glo jy dat Jesus die enigste pad na God toe is?”
Johan Buitendag: “Wat ek dus wel onomwonde kan sê, is dat binne hierdie wêreld van my daar vir my geen alternatief na God moontlik is as Jesus Christus nie. Ek kan nie met ander middelaars flankeer nie. Christus is my lewe. Daarom moet al die verskillende sola-uitsprake van die Hervorming (genade alleen, Skrif alleen, geloof alleen en Gods eer alleen) eventueel oplos in die Christus Alleen. Huldig ek ’n ander opinie – en natuurlik is elkeen vry om dit te doen – plaas ek myself binne ’n ander teologiese tradisie.”
(Uit God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, George Claassen en Frits Gaum, 7 Maart 2012, bladsy 343.