NG gemeente Secunda Moeder se standpunt oor SGV

Kyk ook:

Die volgende kommunikasie is by die Rondekerk (Secunda Moedergemeente) uitgedeel by die deure op 22 November 2015:

Selfdegeslagverhoudings

Die kerkraad het tydens die afgelope twee kerkraadsvergaderings in Oktober en November breedvoerig besprekings gehad oor die besluite van die afgelope sinode, die standpute wat deur verskeie gemeentes ingeneem word, sowel as die prosesse vir beswaar kragtens die kerkorde.

“Die kerkraad neem met besorgheid kennis van die reaksie van lidmate van die Rondekerk en die NG Kerk in ons land oor die besluite van die Algemene Sinode op 8 Oktober 2015 aangaande selfdegeslagverbintenisse. Die kerkraad besef dat hierdie aangeleentheid nie ’n enkelvoudige saak is nie en dat dit terselfdetyd ook ’n geleentheid bied vir geestelike groei. Die kerkraad wil dus as deel van die seisoen van menswaardigheid wat tans binne die kerk as tema gevier word graag:

  • Ernstig en met waardigheid oor die verskillende fasette en implikasies van hierdie saak besin.
  • Met die bystand van deskundiges dieper oor die saak besin.
  • Wil as deel van ’n proses ook met gemeentelede op reis gaan ten einde ’n weloorwoë besluit te neem.
  • Wil graag teen die einde van Junie 2016 tot ’n besluit kom.”

Die kerkraad sal vroeg in die nuwe jaar ’n program aan die gemeente bekendstel wat ons as proses wil neem tot 30 Junie 2016 en nooi almal uit om deel te kom vorm in hierdie gesprek.

Gespreksonderwerpe vir 2016:

  • Konteks en perspektiewe
  • Sonde
  • Praat oor ons, nie met ons
  • Skrifgesag en interpretasie
  • Ontmensliking
  • Geslagtelikheid en seksualiteit
  • Keuse: Ja of Nee!
  • Siekte
  • Oorerwing of omgewing
  • Wie besluit? Ek… Jy… Of die Here?
  • Persepsies en stigmas
  • Vooroordele

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui