Moslemleiers kap na W-Kaapse regering oor hy LGBTQIA+ steun

Kyk ook:

 

*******

Moslemleiers kap na W-Kaapse regering oor hy LGBTQIA+ steun | Netwerk24

Outeur onbekend

20 Februarie 2023

’n Bekgeveg het tussen Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, en die Moslem Juridiese Raad (MJC) uitgebreek oor die provinsiale regering se besluit om een van sy geboue ter ondersteuning van Pride-maand met reënboogkleure te versier.

Die MJC en Kaapstad Ulama-raad (CTUB) het dié stap veroordeel en sê daar is belangriker kwessies om op te fokus.

Die gebou van die Wes-Kaapse wetgewer en Winde se kantoor is verlede week in LGBTQIA+-kleure gehul wat tot ontevredenheid onder Moslemgroepe gelei het.

“Die uitdagings wat die mense van die Wes-Kaap ervaar soos maatskaplike euwels, armoede en misdaad moet eerder uitgelig word as oppervlakkige kwessies,” lui ’n verklaring van die raad. Hy maak ook kapsie teen die verering van die keuses “van ’n klein minderheidsgroep”.

Volgens die Ulama-raad is die fokus en aandag op die LGBTQIA+-gemeenskap “disproporsioneel”.

“Ons sien nie dat die Wes-Kaapse regering en wetgewer dieselfde fokus plaas op mense wat daagliks in arm en werkersklasgemeenskappe sterf, of op dwelms en bendes in die gemeenskappe nie.”

Winde het in reaksie gesê hy stem nie saam met die Moslemgroepe nie en hulle het die besluit geneem om te wys hulle is gewillig om “onaanvaarbare en argaïese” vooroordele en diskriminasie teen die LGBTQIA+-gemeenskap die hoof te bied.

“Ons neem die waardes soos vervat in Grondwet ernstig op wat gegrond is op respek vir alle kulture en ons ryk diversiteit, sowel as die regte van alle Suid-Afrikaners. Ek verskil, met respek, van hulle.”

Die bekgeveg kom in die aanloop tot die Pride-fees op 3 Maart in Kaapstad.

Verlede jaar het die MJC ’n kort verklaring met sy standpunt jeens homoseksualiteit uitgereik en gesê mense van die dieselfde geslag wat aan seksuele aktiwiteite deelneem, “verwyder hulself uit die skoot van Islam”.

– News24

1 thought on “Moslemleiers kap na W-Kaapse regering oor hy LGBTQIA+ steun”

  1. ter ondersteuning van Pride-maand met reënboogkleure te versier…….SO ondersteun jy satan se demone en sy afskuwelike spiritual strukture . so ook is die LGBTQIA+-gemeenskappe n den van Occult whore domes, perverse seducing spirits, sexual lust demone …. plus al die unclean spirits wat beheer word deur Beelzubub ……

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui