Het God wreed geskep? 1

 

In die artikel Cretinism or Evilution? word ’n bespotting van skeppingsleerders gemaak en word God daarvan beskuldig dat Hy wreed is en glad nie liefdevol is soos die Bybel ons leer nie. Dit sou egter waar wees dat God wreed geskep het, mits jy glo dat daar ’n sondeval was. Na die sondeval het alles verander, soos die Bybel sê.

Om evolusie egter met die Bybel te versoen, is daar sommige Christene wat beweer dat daar nie ’n Adam en Eva was nie en dus ook nie ’n sondeval was nie. Dit laat hulle met ’n baie groot probleem: Hulle moet nou kies tussen twee dinge:

  1. God het werklik wreed geskep en nie goed nie, of
  2. God het nie geskep nie.

 

As jy (1) kies, is die Bybel teenstrydig oor God se karakter wat as liefdevol voorgestel word.

As jy (2) kies, dan beteken Genesis werklik niks – dan kan jy nie eers Genesis “interpreteer” dat God geskep het nie. En dan is die Bybel verkeerd. Dan is daar geen sin om in God te glo nie.

 

Kyk net weer na Genesis 3:14-20:

(14) En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank.
(15) Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”
(16) Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.”
(17) Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak, jou lewe lank;
(18) die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet;
(19) net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
(20) Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.

 

Dit is tog duidelik dat swaarkry eers na die sondeval gekom het.

 

Kyk ook:

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui