Hervormers stry voort op internet

*******

Hervormers stry voort op internet | Beeld

Beeld, 4 Oct 2002

Neels Jackson

Nuwe boek, webwerf versprei hul idees

‘n Nuwe boek en ’n webwerf is van die maniere waarop die verteenwoordigers van die Nuwe Hervorming voortgaan om hul gedagtes te versprei, al voel hulle die kerk probeer ’n kombers oor die debat gooi.

Volgens prof. Hansie Wolmarans, een van die eksponente van die Nuwe Hervorming, is die publiek se belangstelling in die debat nog lank nie uitgeput nie, al sê kerklui so.

Mense hou aan om met hulle kontak te maak om meer inligting oor die Nuwe Hervorming te kry.

Een van die maniere waarop die Nuwe Hervormers hieraan probeer beantwoord, is deur ’n boek wat pas verskyn het.

Die Nuwe Hervorming met dr. Piet Muller as redakteur, bevat ’n dosyn bydraes van verskillende skrywers. Prof. Pieter Craffert van Unisa skryf oor die “wat, waaroor, waarheen?” van die Nuwe Hervorming, prof.

Dan kan daar binne die kerke ruimte wees vir die volledige spektrum van Christene.

Sakkie Spangenberg oor Die Bybel en die Nuwe Hervorming en ander skrywers oor sienings van Jesus.

Naas die boek het die Nuwe Hervormers ook ’n webwerf – www.nuwe-hervorming.org.za — waarop verskeie artikels, antwoorde op ander teoloë se skrywes en persoonlike verhale oor mense se godsdiensbelewenis vertel word.

Daarby neem verteenwoordigers van die Nuwe Hervorming steeds deel aan debatte in koerante en oor die radio.

Op ’n vraag waarop dit alles gaan uitloop, sê Wolmarans hy hoop daar sal binne die kerke verdraagsaamheid ontstaan jeens mense wat hul geloof op alternatiewe maniere wil uitleef. Dan kan daar binne die kerke ruimte wees vir die volledige spektrum van Christene — van fundamentaliste tot vrysinniges.

Hy voorsien dat daar byvoorbeeld gemeentes kan wees waar die dominee die nagmaal kan instel met die tradisionele woorde: “Dit is my Liggaam wat vir julle gebreek word as ’n volkome versoening van sondes …” Daarbenewens kan daar gemeentes wees waar die nagmaal gevier word met woorde soos: “Kom ons breek vir mekaar die lewensbrood . ..” en: “Kom ons vul mekaar se lewensbekers met vreugde.”

Wolmarans meen ook die tyd het moontlik gekom dat die Nuwe Hervorming homself op ’n gesonde organisatoriese voet moet plaas deur byvoorbeeld ’n bestuur te kies en gespreksgroepe te organiseer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui