Stefan de Klerk

Stefan de Klerk is die derde homoseksuele proponent wat in ’n NG gemeente aangestel is sedert 2019. Die twee persone voor hom was Louis van der Riet (17 Februarie 2019) en Philipp Dietmann (14 Julie 2019). Stefan is op Sondag, 13 Maart 2022 as predikant by NG gemeente Bloubergstrand bevestig.

Tydens sy studentejare het hy tydens die “Liefde is liefde”-demonstrasie by die Teologiese Fakulteit Stellenbosch in Augustus 2018 ‘n prominente rol gespeel.

Hier volg ’n kort onderhoud met hom op kykNET:

‘n Mens kom maar net elke keer weer terug by die gedagte: daar is dinge waarmee elke mens sukkel. Kan mens dit nou sommer net so aanvaar en die Bybel anders interpreteer daaroor? Nee. Ons het die verantwoordelikheid om teen versoekings weerstand te bied en daarteen te veg asof dit ’n saak tussen lewe en dood is (Hebreërs 12:4).

Kyk ook

3 thoughts on “Stefan de Klerk”

  1. Stefan de Klerk is ’n ongelooflike mens en sal so ook ’n ongelooflike predikant maak.

    1. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! Het Jesus nie die leraars van sy tyd bestraf met die woorde nie, julle lyk goed aan die buitekant, maar binne is julle so wit soos grafstene. Vir elke kind van God sê ek nou, loop uit daai kerk, want God het nie daai man, Stefan de Klerk aangestel om sy kudde te lei nie. Los jou sonde, vlug van seksuele onreinheid, want God is heilig, en sonder heilgmaking sal niemand die aangesig van God sien nie of die koningkryk van God binnegaan nie.

  2. Ek is ‘n ateis, so geloof en sy valsheid beteken niks vir my nie. Verder het ek liefde en begrip vir elke homoseksuele (man/vrou) daarbuite.

    Tog lag ek my dood vir die NGK sirkus oor sy valse vroomheid en veroordeling van goeie mense, gebasseer op wie by die slaapkamer inkom.

    Eers was dit van die duiwel om te dans. Om toe nie ‘n pak klere en hoed kerk toe te dra nie…..sies! Toe kom die rasse debacle- almal welkom, solank jy net wit is.

    Oohhh, die stof het nognie eers gaan lê nie, toe is die herrie los oor vrouens wat dominee wil word. Ag tog. Ek het vergeet van ons eie dominee toe ek nog skille oor my oë gehad het…..lang hare.

    Net na my matriek jaar, na die diens vra die ou dominee (1980) die gemeente om agter te bly vir 5 min. Groot is my verbasing toe my vrien en sy aster vorentoe loop em die gemeente toespreek. Hulle vra die gemeente om verskoning oor hulle swak gedrag, want sy aster is swanger.

    Ek is geskok. Die publieke vernedering van hulle, hulle ouers en vriende! Dit is die laagste wat enige iemand na kan daal wat kamstig, barmhartigheid non judgemental, liefe en onderskraging uit bassuin.

    Ek het my bybel, my Paslm en Gesange net so op die kerkbank gelos. Opgestaan en uitgeloop. Dis nou al meer as 40 jaar wat ek ateis is, en trots daarop.

    Ek los julle dat julle maar julle eie sterte jaag en elke jaar nog meer behoeftiges figuurlik op brandstapels verbrand in die naam van Jesus Christus. Mooi so!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui