Kyk ook:
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Raklewe van die NG algemene sinode is verby | Netwerk24
Ds. Rheinier Nel, Bethulie
26 April 2025
Pres. Donald Trump se sistematiese uitwissing van die “far left liberal ideology” gaan die NG Kerk (NGK) se algemene sinode se einde verhaas.
Dit gaan die NGK se dekades lange onderlinge twiste en verdeeldheid oor DEI (diversiteit, gelykheid en inklusiwiteit) binne die “ruim huis” vinniger beëindig as wat verwag word.
Trump se bevele wat die DEI-ideologie aan bande lê, gaan evangeliese kerke in ’n minder of meerdere mate terugplaas op ’n Bybelse trajek.
Die tyd vir herbesinning het aangebreek vir die algemene sinode se DEI-aktiviste. Die NGK van Namibië se uitstap uit die sinode is die “prelude van die swanesang” van die sinode.
Die keuse vir die DEI-aktiviste is: Verlaat die NGK-speelveld of gaan onder saam met die algemene sinode.
Kommentaar
Daniel Louw
Daar is ‘n redelike kans dat Trump se onbeskaamde staking van DEI (die Amerikaanse weergawe van regstellende aksie of BEE of BBEEE) selfs ‘n impak mag hê op kerke se sieninge (kom ons hoop so), maar hoe dit die ondergang van die AS gaan bring weet ek nie.
Ek glo in elkgeval nie dat enige kerkdenominasie kan funksioneer sonder ‘n oorhoofse struktuur (algemene sinode) nie. Sonder ‘n algemene sinode is daar geen gom wat gemeentes binne ‘n denominasie bind nie en wanneer gemeentes binne een denominasie wyduiteenlopende teologiese standpunte het, dan is die hele doel van ‘n denominasie daarmee heen. Kyk ook:
- Dit help nie om algemene sinode te ontbind (Daniel Louw)