Kyk ook:
Vertaal van Can one who commits suicide be saved.
Kan iemand wat selfmoord pleeg gered word?
Selfmoord is ‘n ernstige sonde gelykstaande aan moord (Eksodus 20:13; 21:23), maar dit kan vergewe word soos enige ander sonde. En die Skrif sê duidelik dat diegene wat deur God verlos is, vergewe is vir al hulle sondes – verlede, hede en toekoms (Kolossense 2:13-14). Paulus sê in Romeine 8:38-39 dat niks ons kan skei van die liefde van God in Christus Jesus nie.
Dus, as ‘n ware Christen selfmoord sou pleeg in ‘n tyd van uiterste swakheid, sou hy of sy in die hemel ontvang word (Judas 24). Maar ons bevraagteken die geloof van diegene wat hul lewens neem of dit selfs ernstig oorweeg – dit mag heel moontlik wees dat hulle nooit werklik gered is nie.
Dit is omdat God se kinders herhaaldelik in die Skrif gedefinieer word as diegene wat hoop het (Handelinge 24:15; Romeine 5:2-5, Romeine 8:24; 2 Korintiërs 1:10, ens.) en ‘n doel in die lewe het (Lukas 9:23-25; Romeine 8:28; Kolossense 1:29). En diegene wat daaraan dink om selfmoord te pleeg, doen dit omdat hulle geen hoop of doel in hul lewens het nie.
Verder beoefen iemand wat herhaaldelik selfmoord oorweeg, sonde in sy hart (Spreuke 23:7), en 1 Johannes 3:9 sê dat “niemand wat uit God gebore is, sonde beoefen nie.” En laastens is selfmoord dikwels die uiteindelike bewys van ‘n hart wat die heerskappy van Jesus Christus verwerp, want dit is ‘n daad waar die sondaar sy lewe heeltemal in eie hande neem eerder as om hom aan God se wil daarvoor te onderwerp. Sekerlik sal baie van diegene wat hul lewens geneem het, daardie verskriklike woorde van die Here Jesus by die oordeel hoor – “Ek het julle nooit geken nie; gaan weg van My, julle wat wetteloosheid beoefen” (Matteus 7:23).
Alhoewel dit vir ‘n ware gelowige moontlik mag wees om selfmoord te pleeg, glo ons dat dit ‘n ongewone gebeurtenis is. Iemand wat selfmoord oorweeg, moet bowenal uitgedaag word om homself te ondersoek om te sien of hy in die geloof is (2 Korintiërs 13:5).
Selfdood het niks met sonde te doen nie. Die dag toe jy die eerste kroniese pil begin drink het, het jy die beheer van jou lewe in jou eie hande geneem. Miskien met die hartaanval was dit God se bedoeling om jou te kom haal, maar jy meer vertroue in die kardiloog as on God se besluit. Miskien kry jy sommer ‘n nuwe hart of nier en dit is jou besluit nie God syn nie Om dit nou ‘n geloof en sonder vergewing ding te maak, maak geen sin nie.