Boeke van die leke

Kyk ook:

Die “boeke van die leke” verwys na die beelde en loodglasvensters wat die Roomse Kerk opgerig en ingesit het om die “gewone lidmate” te onderrig. Meeste lidmate was be-skou as “onkundig” en hulle kon nie lees of skryf nie. Daar is maar een manier hoe God sy mense wil leer, en dit is deur die prediking van die Woord, in sy verskeie fasette, en nie met dooie beelde en vensters nie. Enigiets anders as die eenvoudige, suiwere prediking van die evangelie is afgodery! Dikwels het gelowiges allerhande beelde in hulle kop van wie God is. In hulle harte verf hulle pragtige loodglasvensters vol idees oor hoe ’n mens vrygespreek word. Hulle kerf met hulle gedagtes vir hulleself die mooiste beelde van ’n valse Christus. ’n Waarskuwing aan lidmate: Soms beweer ons ons is maar net die “leke” of ’n “gewone lidmaat”, maar die Woord en die suiwer prediking is genoeg om ons in die evangelie op te skerp! Wees ywerig in jou bestudering van die Woord en waak teen selfgemaakte beelde van God. Moet nie net ywerig wees nie, maar onderrig jouself in sy kennis. Bestudeer self die Bybel – daar is nie so iets soos ’n “gewone lidmaat” nie! ’n Waarskuwing aan predikante en kerkrade: Ons kan dikwels selfs in die prediking, huisbesoek en Bybelstudie die lidmate laat staar na mooi loodglasvensters en pragtige beelde, maar hulle nooit lei om God Drie-enig raak te sien nie. Lidmate moet die kennis van die Woord opdoen deur die prediking, huisbesoek, katkisasie en Bybelstudie. Hulle moet Christus hoor en glo! Waak daarteen om wyser as God te wil wees!

Ds. GM (Marnix) Boersema (Graaff-Reinet)

Fokusgedeelte: Romeine 10:2, 14, 17; Heidelbergse Kategismus Sondag 35:98

Kommentaar

Daniel Louw

Ek is net altyd versigtig dat ‘n mens nie die baba met die badwater uitgooi nie. Loodglasvensters word tog nie aanbid nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui